BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Totale ontbinding van die aarde - Vergeesteliking 5655 ‘n Volledige ontbinding van die aarde word nog nie voorsien nie, maar die totale omvorming van die aardoppervlak, wat prakties gelykstaan aan ‘n volledige vernietiging, omdat niks wesenlik ontsien sal word nie, maar elke vorm opgelos sal word om die geestelike daarin vry te maak met die doel om ‘n nuwe vorm daaraan te gee. Die volledige ontbinding van die aarde kom ooreen met die vergeesteliking daarvan, maar die tydstip van die vergeesteliking het nog nie aangebreek nie, omdat die aarde nog moet dien as verblyfplek vir die geeste wat nog onvolmaak is, te laat rypword. Solank die geeste wat tot rypheid moet kom dus die aardse skeppings benodig, solank sal die aarde ook as stoflike wêreld bly bestaan. Maar steeds wederkerende veranderinge sal nie uitbly nie en wel na gelang van die graad van rypheid en die wil van die geeste wat op die aarde volmaaktheid moet bereik. Die tyd van die einde sal egter vir die aarde aanbreek wanneer so ‘n hervorming sal plaasvind, omdat daar vir al die geeste, hetsy beliggaam in die mens of nog in die vaste vorm gebonde, ‘n nuwe tydperk begin. En omdat die verskillende ontwikkelingsfases ook verskillende moontlikhede benodig, sal hulle weer deur God se Liefde en Wysheid so geskape word, sodat hulle die meeste sukses kan behaal. By die mense ontbreek die kennis van die afsonderlike ontwikkelingsperiodes egter en in die besonder in die laaste tyd vóór die einde van elke tydperk, omdat die lae geestelike peil van die mense, veroorsaak deur hul liefdeloosheid, ook onwetendheid beteken, met die gevolg ‘n totale onbegrip vir sulke aangebode kennis. Die mense stel hulle onder die einde van die aarde ‘n algehele vergaan van die aardse materiële wêreld voor. Maar hierdie tydstip is vir ewighede nog nie in sig nie. Elke ontwikkelingsfase omvat egter ‘n bepaalde tyd, dit begin met die ontstaan van veelsoortige skeppingswerke en eindig met die vernietiging daarvan, begin met geestelike hoogstaande mense, maar loop weer ten einde met waarlik duiwels. Slegs één so ‘n ontwikkelingsfase sou nooit die vergeesteliking van al die wesenlike kon teweegbring nie. Solank daar dus aardsmateriële skeppings sal wees, solank die aarde naas die mens nog skeppings dra wat laer staan as haarself, soos diere, plante en die nog in harde vorm gekluisterde geeste, solank kan sy nie heeltemal ontbind word nie. Want die geeste moet steeds weer die moontlikheid gebied word om ryp te word en het dus steeds nuwe vorme daarvoor nodig, wat egter ook steeds nuwe fases vereis, sodra die positiewe ontwikkeling ‘n dooie punt bereik het. En aan die einde van elke verlossingsperiode sal daar van ‘n vergeesteliking, van ‘n positiewe ontwikkeling van die mens, niks meer te bemerk wees nie en hulle sal faal, oftewel moet die verontagsaming van die eintlike doel van hul bestaan op aarde, goedgemaak word. Die geeste wat nie hul proef op aarde deurstaan het nie, moet dan ook ‘n nuwe weg toegewys word, omdat daar by God geen opgee bestaan van diegene wat van Hom was en sal bly nie, - wie egter ook so sal moet word soos wat hul eens van God uitgegaan het. Want selfs dit wat onhoudbaar op die diepte afstuur, los Hy nie in die diepte nie, veeleer vind Hy steeds weer middele en weë om hul omhoog na die lig te lei. Hierdie positiewe ontwikkeling sal dus nie tot ’n einde kom alvorens die laaste geeste wat afgeval het, weer die weg na die Vader teruggevind het nie. Daar sal egter steeds weer ‘n ‘einde’ wees, ‘n einde van elke afsonderlike fase, wat met ‘n deur God bepaalde tydsduur aan die geeste toegeken sal word, maar wat ook weer ten einde sal loop. En daarom moet julle nie van ‘n einde van die wêreld praat waaronder die algehele vergaan van God se skepping te verstane is nie, inteendeel moet julle vir jul ‘n verandering voorstel, wat so omvangryk sal wees en op alles betrekking sal hê, soos wat julle dit nie vir julleself sal kan voorstel nie. En hierdie verandering sal maar net deur diegene meegemaak en nagegaan kan word, wat tot die weinige behoort wat aan God getrou was, wat van Sy Mag en Heerlikheid op die nuwe aarde sal moet getuig. Julle mense staan voor so ‘n einde, ook as dit vir julle twyfelagtig voorkom en julle verstand hom daarteen wil verset. Dink egter aan die wat nog gekluister is, dink aan alle skeppings wat laer as julle staan en vra dan hoe die geestelike verlossing sal moet plaasvind, indien daar nie steeds weer nuwe moontlikhede daarvoor geskep sou word nie? En dink nog meer aan die mense wat hulle geestelik heeltemal van God verwyder het, wat egter nie ewig op die aarde sal kan lewe nie. Wanneer julle dit ernstig bedink, sal julle begryp dat God se Liefde Hom vol erbarming bekommer oor al die wat nog onverloste is, sodat ‘n skynbare werk van vernietiging, dan ‘n daad van die grootste erbarming is, omdat die daaropvolgende nuwe skeppings weer aan hulle wat in die diepte geval het, die gang van positiewe ontwikkeling bied, wat tog eens na God terug sal lei, al duur dit ook nog eindelose lang tye. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205