BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Saligheid in die koninkryk van die lig. plesier en genot 5666 ‘n Salig gelukkige lewe wag op My Eie in die geestelike Koninkryk wanneer hulle die aarde sal verlaat, wanneer hulle hul kursus van die lewe beëindig het en in staat gestel word om die aardse vorm vir goed af te werp. Alles wat hulle ondergekry het, sal van hulle wegval, hulle sal vry en lig voel en in die koninkryk van lig ontvang word, waarvan die bewoners hulle sal kom ontmoet om hulle te begelei na hul eie gebied. Dit is onmoontlik om aan julle mense die genot te beskryf wat julle sal ervaar en hoe die koninkryk wat hulle nou sal bewoon, ontwerp is. Dit behels buitesintuiglike vorms en konsepte, dit is 'n heeltemal verskillende sfeer waarvoor niks op aarde gebruik kan word ter vergelyking nie en tog pas die siele vinnig aan, hulle weet dat dit hul ware tuiste is, want die siel sal reeds haar vorige bewustheid weer ontvang het en sal oorvloediglik gelukkig wees, omdat sy die oneindige liefde en genade sal herken waarmee Ek haar van die begin af gelei het, totdat sy die doel bereik het. 'n Persoon op aarde kan nie hierdie salighede voel wat daar op hom wag terwyl hy nog aardsgebonde is nie, want dan het hy slegs beperkte gevoelens en hy sou sterf indien die siel in staat sou wees om hierdie heerlikhede te aanskou, terwyl sy nog op die aarde is, maar nou kan sy dit onophoudelik geniet sonder dat dit vervaag. Maar deur die liefde vir My en die medemens, maak die mens op aarde hom min of meer ontvanklik vir die uitstralings van lig, waarin hy dan aanhoudend in die geestelike realm kan beweeg en geweldige geluk ervaar. Dit is die geluk van wederkerige liefde wat egter ook altyd liefdevolle aktiwiteit aandryf, want die siel wil nou gee soos wat sy ontvang, omdat sy nie anders kan as om ook geluk te verskaf aan diegene wat nog ongelukkig is nie. 'n Persoon se wil op aarde waarborg die siel se opgang, maar sy moet nogtans ernstig wees, sy moet haarself van harte na My keer, sy moet nie tot uitdrukking kom deur leë woorde, wat Ek altyd as leeg herken, wat nie in Gees en Waarheid gespreek is nie en wat ook nie gevoel word indien die mond dit nie uitspreek nie. Enigiemand wat egter 'n ernstige voorneme het, sal sy doel bereik. En die beloofde salighede wat op hom wag, sal hom ook nederig die lyding laat dra, want dit verhoog slegs die graad van saligheid in die geestelike koninkryk, anders sal die siel steeds deur donker tye moet gaan en 'n lang tyd nodig hê alvorens sy die koninkryk van die lig sal kan betree. En geen wese wat na My en My Liefde verlang, hoef waarlik sonder My te wees nie. Ek sal hom helderheid gee en in 'n toestand van hoogste saligheid plaas, Ek sal al die lyding en ellende in plesier en vreugde verander, Ek sal 'n persoon duisendvoudig vergoed vir wat hy op homself geneem het omdat Hy My liefhet en Ek sal diegene wat op hierdie aarde vir My en My Koninkryk veg, koninklik beloon. Ek het vir hulle ‘n lot voorberei in die huis van die Vader wat hulle vir ewig gelukkig sal maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205