BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die regte pad met Jesus as Leidsman 5667 Die paaie na My hoef nie altyd dieselfde te wees nie, maar Ek moet vir die mense steeds die doel wees wat hulle wil bereik en alle paaie moet na omhoog lei. Wie 'n breë pad bewandel, kan die doel nie bereik nie en die paaie na omlaag lei onvermydelik na die verderf. Maar wie daarna streef om opwaarts te gaan, wie My wil vind, trek Ek self omhoog. Maar wanneer is die rigting van jou weg omhoog? Wanneer jy Jesus Christus as Leidsman kies, Wie Self die Weg is. Elke mens wie dus vir Jesus Christus erken, wie in Hom as die Seun van God en Verlosser van die wêreld glo, het die regte pad betree. Hy word nou verder gelei deur die Een wat gesê het: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe”. En om onder die leiding van Jesus Christus te staan, beteken dus ook om met die Waarheid vertroud gemaak te word en deur die Waarheid die lewe te bereik wat ewig duur. Die Waarheid is die Lig wat die weg helder verlig, sodat afdwaal van hierdie weg onmoontlik is, terwyl duisternis van gees, dus dwaling en leuen, die korrekte weg verduister en die gevaar groot is om op 'n ander weg te beland wat op 'n dwaalspoor sal lei. Aangesien Jesus Christus self die Waarheid is, moet die wie met Jesus die weg wil gaan, ook die Waarheid aanneem. Hy moet die Woord van God wat Jesus op aarde gepredik het, in alle suiwerheid in ontvangs neem. Hy moet dit op homself laat inwerk en dus ook die Wil van God doen. Want dit is die regte pad, dat die mens Sy gebooie sal nakom om die ewige lewe te kan binnegaan. Wanneer Jesus Self op aarde sê: “Ek is die Waarheid”, dan is alles wat Hy gespreek en onderrig het, ook onvoorwaardelik as Waarheid aan te neem. En elke afwyking van hierdie grondleer is dwaling, is onwaarheid en is dus nie God se Woord nie. Gevolglik kan dit ook nie die weg wees wat na My lei nie, omdat hierdie weg alleen begaan kan word deur middel van die Waarheid. Verstaan dat Ek die doel is. Die weg na My is Jesus Christus. Die mens Jesus was die verteenwoordiger van die Waarheid op aarde. In Hom was Ek en Ek kan gevolglik niks anders as die Waarheid laat geld nie. En Ek sal hierdie Waarheid steeds weer aan diegene laat toekom wat in dwaling voortgaan. Ek sal hierdie Waarheid steeds deur Jesus Christus verkondig, deurdat Sy gesproke Woord, die Evangelie, weer op aarde aan die mense gebring sal word, wie dan die regte begrip daarvoor sal hê, wanneer hulle hul in die hart en vir die wêreld sal uitspreek vir Jesus Christus, wanneer hulle Hom dus sal erken as My Afgesant, as Middelaar wat hulle na My wil voer. En Sy Woord is lewe, want Sy Woord verkondig die liefde wat die ware lewe is, wat die gees opwek en die mense in alle Waarheid lei. Om in Jesus Christus te glo beteken om Sy gebooie na te kom en dan gaan die mens die regte Weg wat na die ewige lewe lei. Want dan gaan hy oor die Weg van die liefde, wat gegaan moet word om tot die lig en die Waarheid te kom. En dit is die kenmerk van die regte weg: Om 'n lewe van onbaatsugtige werksaamheid in liefde te lewe. Elke weg wat die liefde sal laat sien, voer dus na die doel. En elke pad wat sonder liefde gegaan word, is breed of lei omlaag. Want die liefde is die wegwyser. Die liefde is die skenker van krag, om moeilik begaanbare paaie te kan gaan wat opwaarts lei. Die liefde is die teken van verbondenheid met Jesus, wie se lewe op aarde slegs 'n werksaamheid in liefde was en gevolglik ook die teken van die aaneensluiting met My - Wie in Jesus Christus vir die mense sigbaar geword het, Wie julle dus Self lei wanneer julle Jesus Christus tot Leidsman kies. Die Liefde Self tree julle tegemoet en wil julle die weg wys wat na die aaneensluiting met My lei. Die Ewige Liefde Self leer julle die liefde, omdat julle die suiwer Waarheid sal kan aanneem en insien wanneer die gees in julle deur die liefde gewek is, omdat Ek dan eers in julle lewend sal word, omdat Ek dan in julle kan teenwoordig wees wanneer die Liefde julle tot opnamehouer van My Gees gevorm het, Wie julle met die Waarheid sal bekendmaak. En My Gees onderrig julle waarlik korrek. En wie hierdie weg van die liefde gaan, sal lewe tot in ewigheid, want sy lewenswandel is die navolging van Jesus. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205