BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die werksaam wees van die gees in alle geestelike rigtings - Ware verteenwoordigers 5669 Almal wat vanuit My Gees getuig, is My verteenwoordigers op aarde. Almal wat My lewendig in die hart dra, is van My Gees vervul as hulle van My getuig. Want Ek kan My aan hulle openbaar deur die Gees en dan spreek hulle die suiwer Waarheid, omdat Ek hulle Self die woorde in die mond lê, omdat dit Ek Self is wat deur hulle spreek. Daarom kan daar in alle geestelike rigtings ware verteenwoordigers wees, wanneer die verkondigers van My leer so innig met My verbind is, dat My teenwoordigheid verseker is en die suiwer Waarheid dan ook gewaarborg is. Want dan kan hulle net spreek deur My Gees. Hulle sal swyg oor wat as dwaling ingesluip het. Hulle sal dan altyd die inhoud van hul gesprek slegs dit maak wat heeltemal ooreenstem met die Waarheid, omdat dit My Gees is wat hulle lei. Daarom is daar in alle geestelike strominge, in alle geloofsgemeenskappe, groot sprekers wat die hart van die mense aanspreek, wat sukses het by diegene wat van goeie wil is. Hulle verkondig met ywer die Woord van God. Hulle is oortuigde dissipels wat My Evangelie uitdra die hele wêreld in. Maar hulle sal ook in die liefde lewe, aangesien My Gees andersins onmoontlik in hulle werksaam kan wees. Dit is die teken dat 'n mens 'n ware verkondiger van My leer is, naamlik dat hy self die liefde beoefen, dat hy so van die liefde vir My en vir die naaste deurstraal is, dat Ek Self in hom aanwesig kan wees en hy daarom 'n bruikbare werktuig is vir My. Laat julle daar onderrig waar liefde herken kan word. Neem daar My Woord in ontvangs, want daar word julle waarheidsgetrou onderrig. Daar sal julle uitsluitsel gegee kan word, omdat Ek Self daar is waar die liefde is. Want My Woord kan ook verkondig word sonder lewe. Dit kan letterlik oorgedra word en sal sonder krag wees en op die toehoorders weinig indruk maak, tensy hulle vol verlange is vir My Woord. Dan sal My Gees hulle denke verlig en hulle sal die dooie woord ook self tot lewe kan wek. Dit sal vir hulle so verstaanbaar wees as wanneer ‘n met liefde vervulde, geestelik verligte verkondiger dit vir hulle aangebied het. My Woord het krag in homself, wat deur die liefde in die mens tot uitdrukking kom. Die met liefde vervulde verkondiger kan hierdie krag uitstraal na die toehoorders, maar die luisteraar moet ook met liefde vervul wees en daarna verlang om deur My aangespreek te word, sodat dit hom tot seën sal strek. Daarom sal julle mense sonder beswaar aan elke verkondiger van God se Woord gehoor kan skenk. Wanneer julle self die diep verlange het om My te hoor, sal julle My ook hoor, maar sonder gees aangebied en sonder gees ontvang, bly dit 'n dooie woord sonder seën en krag. Ek beskerm waarlik almal wat van goeie wil is teen verkeerde opvattings, solank hulle ernstig na die Waarheid streef, solank hulle hul tot My sal wend, sodat Ek hulle gees kan verlig. Maar wie lui en onverskillig is, wie luister na wat aan hom verkondig word, sonder die innerlike drang om die Waarheid te wete te kom, sy gedagtes sal verward en verduister wees, want hy doen self niks om vir hom lig te verskaf nie. Hy laat hom deur die stroom meevoer, sonder om te dink waar hy heengevoer word. En vir hulle is waarlik slegs die lot beskore waaraan hulle self skuldig is, naamlik onkunde of verkeerde kennis wat hom nooit die volwassenheid van die siel sal oplewer nie. En hy sal nooit as verontskuldiging kan aanvoer dat hy verkeerd onderrig was nie, want dit was slegs sy wil wat sy onkundige toestand veroorsaak het. Maar wie in die Waarheid wil wandel, sal ook in die Waarheid onderrig wil word, indien hy homself tot My, die Waarheid van ewigheid, sal wend. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205