BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die wilsproef op aarde - Die navolging van Jesus 5672 Julle sal slegs geluksaligheid vind in ‘n verbinding met My. Julle het eens vrywillig van My geskei en het daardeur ongelukkig geword. Julle moet vrywillig na My terugkeer om in die toestand van geluksaligheid geplaas te word, wat dus slegs te vinde is in die verbinding met My. Niks kan vir julle die plek inneem wat julle in My en met My ondervind nie. En daarom is dit 'n nuttelose tydverdryf vir jou siel om in enige ander rigting te strewe, wat maar net teruggehou sal word op die pad na volmaaktheid, wat haar terugkeer na My slegs langer sal maak, wanneer sy 'n ander doel sal nastreef as die vereniging met My. Ek wil jul enigste doel wees, omdat net Ek julle die geluksaligheid kan gee wat julle deur jul eie skuld verloor het. Daarom sal Ek poog om julle wil op My te rig. Ek sal julle steeds so stuur, of jul lot so beskik, dat julle aangemoedig sal word om jul toevlug na My te neem, maar steeds met respek vir jul vrye wil. Omdat julle wil deurslaggewend is, bestaan die gevaar egter dat julle hierdie wil verkeerd sal rig, dat julle iets anders sal nastreef en so die terugkeer nasal vertraag. Want My teenstander trag eweneens om jul wil te bepaal, hoewel hy nie met dwang op julle kan inwerk nie. Hy hou vir julle ander doelwitte voor oë om na te jaag, om julle van die enigste korrekte weg af te bring. Maar langs ompaaie sal julle beswaarlik die doel bereik. Julle tyd as mens op aarde gaan vinnig verby. Daar is vir julle maar 'n kort tydperk toegestaan waarin julle die uiteindelike vereniging met My kan bereik en indien julle hierdie kort tyd nie oordeelkundig gaan benut nie, sal dit vir julle verlore wees. Die weg waarmee julle tot die algehele vereniging met My kan kom is vir julle mense baie duidelik deur Jesus Christus gewys. Julle hoef slegs die weg van navolging van Jesus te gaan om met sekerheid by My uit te kom. Maar julle sal hierdie weg bewustelik moet aflê. Julle sal jul hande na My moet uitstrek, sodat Ek julle kan aangryp. Julle moet dus in gedagtes deur innige gebed met My in verbinding tree en deur 'n lewe in liefde die krag uit My in ontvangs neem, wat die verbinding wat met My aangegaan is, sal bewys. Net so sal julle op aarde die doel kan bereik. Net so vervul julle jul taak op aarde. Net so kan julle jul wil bewustelik op My rig en sal julle deur My aangeneem word. Jul lewe op aarde het slegs die doel om julle wil te beproef, wat eens van My af na My teenstander toe gedraai het en wat hom nou van die teenstander moet losmaak en My weer heeltemal toegewyd wees. Julle sal in direkte verbinding met My moet kom. Verstaan julle wat Ek van julle verlang? Dat slegs Ek julle hart wil vul, dat julle haar alleen vir My sal moet toeberei, dat Ek jul Heer en Koning wil wees, dat Ek geen vreemde gode naas My kan duld tot wie julle jul gedagtes rig nie, omdat dit dan steeds in die pad staan van 'n algehele vereniging met My, want Ek wil jul onverdeelde liefde, julle hele hart en wil besit. Eens moes julle kies tussen My en My teenstander. Julle het hom egter in blinde liefde nagevolg en My verlaat. Dus sal julle nou op aarde alles moet verlaat en slegs vir My volg. Dan deurstaan julle die beproewing van jul aardse lewe. Julle rig julle jul wil korrek en julle verwerf weer die reg op die geluksaligheid wat ewig duur. Omdat julle vroeër van My afvallig geraak het, deurdat julle My nie kon sien nie en Ek vir julle die weg vir terugkeer na My maklik wou maak, het Ek vir julle sigbaar geword in Jesus Christus, sodat julle Hom nou sou kon liefhê en op Hom afstuur en julle daardeur vir My sou uitspreek, vir die Een wat Hom in Jesus Christus beliggaam het om vir julle mense `n sigbare God te wees aan Wie julle nou al jul liefde kan skenk en Wie se liefde julle kan bekom, Wie julle wil opneem in Sy ryk, om vir julle vir ewig geluksalighede te berei, wat julle slegs in algehele verbinding met My sal kan geniet. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205