BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Terugtrek in die stilte - die komende onrus 5680 Dit is nog 'n tyd van vrede, waarin die mens in rus en ingetoënheid homself met geestelike vrae kan besighou, wanneer hy dit wil. En hy het dus slegs ‘n stryd met homself te voer, deur alle aardse gedagtes uit te skakel en hom slegs besig te hou met dit wat vir sy siel dienstig is; deur na te dink oor sy opdrag op aarde, oor sy ontstaan en oor sy doel. Slegs in die oomblikke of langer tye van sy wegdraai van die aardse wêreld, kan hy sulke gedagtes ondersoek. En so ‘n wegdraai moet hy dikwels opsoek, die ure van stilte waarin hy hom kan besin en aan homself kan werk. Binnekort sal hy deur die wêreldgebeure verontrus word, sodat die tyd vir besinning vir hom steeds skaarser sal word. En die wêreld sal op die voorgrond wees en sy gedagtes heeltemal in beslag neem, omdat die gebeure mekaar geweldig vinnig sal opvolg, omdat die aandag van alle mense gefokus sal word op dit wat in die wêreld gebeur. Dit sal dan moeilik wees om homself aan geestelike gedagtes te wy en dit sal al baie waardeer word wanneer die mens dikwels net kortstondige gedagtes omhoog sal stuur na Hom, Wie die lot van alle mense bestuur, Wie ook weet dat die wêreldgebeure so ontwikkel soos wat dit te siene is. Want om ‘n verbinding met Hom tot stand te bring, sal uitermate seënryk wees. Want dan vloei daar krag na die mens toe vir die swaar stryd van die aardse bestaan. En dan sal hy homself steeds wend na waar die Grondlêer van die krag is, Wie hom ook voortdurend daarvan sal voorsien. Want die kragteloosheid kan altyd maar net opgehef word, wanneer die verbinding met die Bron van die krag tot stand gebring word. En almal sal kragteloos voel wanneer hulle die gebeure dreigend en ontstellend sien naderkom, wat die verbinding met die Skepper en Vader van ewigheid uitermate nodig maak. Wanneer die mens daarin sal slaag om hom in stilte terug te trek om 'n tweegesprek met sy God en Skepper te hou, wanneer dit vir hom werk om as kind na die Vader te roep en Hom te vra vir krag en raad, sal die aardse gebeure op die agtergrond raak en hul verskrikking verloor. Want die mens sal dan merkbaar van die kragtoevoer gewaarword en rus en vrede sal hul intrek neem sy hart, in die besef dat daar niks gebeur sonder God se Wil, of dat Hy dit toelaat nie en dat alles wat geskied, daarom God se Wil is, of deur Hom toegelaat is en dus ook seën kan oplewer vir die siel. Daarom kan die mens maar net die ernstige raad gegee word om herhaaldelik ‘n verbinding met God te soek, die oomblikke van inkeer steeds meer dikwels in ag te neem en tussen homself en God 'n verhouding tot stand bring wat dit vir die mens steeds moontlik sal maak om homself tot die Vader te wend wanneer hy in nood is. Wie hierdie band van die kind met die Vader aangegaan het, sal ook steeds weer 'n stil uurtjie vind, omdat God dan al nader aan die mens staan as die wêreld en dat aan die wêreld slegs soveel aandag geskenk moet word as wat nodig is om die lewe van die liggaam in stand te hou. Niemand moet die wêreld die oorhand laat kry nie. Die stryd moet haar steeds geld en dan sal die wêreldgebeure ook des te minder indruk op 'n mens maak, selfs wanneer dit vir die omgewing vreeslik is en die grootste onrus teweeg kan bring. Die mens wat hom met God verbind, wat sy gedagtes gereeld omhoog stuur na Hom, sal hom ook nie deur aardse gebeure laat terughou nie en steeds weer by Hom troos, krag en raad gaan haal. En net hulle sal die wêreld oorwin, maar hulle hoef nie die komende gebeure te vrees nie, want daar sal vir hulle onmeetlike krag toegestuur word, omdat hulle voortdurend met die Bron van Krag in verbinding sal bly. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205