BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die liefde is die grootste 5681 Die liefde is die grootste. Wat is julle sonder liefde? Kragtelose, verharde skepsels wat My nie herken nie. Vir hulle bestaan Ek nie, omdat hulle die krag van My Liefde nie voel nie, wat hulle slegs kan tref wanneer hulle self liefde geword het. Die liefde is die sleutel tot geluksaligheid, want geluksaligheid is vryheid, lig en krag. Geluksaligheid is die aaneensluiting met My wat slegs deur die liefde kan plaasvind. Dus kan geen wese salig word wanneer hy nie die liefde in homself tot ontplooiing bring nie. En elke wese wat liefde geword het, moet salig wees. Daarom is al die ander dinge waardeloos, wat julle ookal meen om te besit, al is dit ook buitengewone talente waarvan julle op aarde as mens gewag sal kan maak, of hetsy dit aardse skatte is. Alles is waardeloos as jy die liefde nie het nie. Want alles vergaan, maar die liefde bly as die eintlike van jul siel bestaan en volg julle in die ewigheid na. Hoe arm kan die mense op aarde dus genoem word, ofskoon hulle aards in aansien staan en vele goedere besit. Hoe arm is hulle wanneer hulle sonder liefde is. Dit ontbreek hulle aan insig in hul eie bestaan en hul taak, so ook aan kennis van Myself. Hulle staan vêr van My af en ook van die Waarheid. Hul lewe is net 'n drogbeeld van hul verstand, wat ophou om te bestaan die oomblik van die dood. Die liefde is die grootste. En as julle die liefde nie het nie, is julle dooie gedaantes sonder gees en sonder lewe. Want die liefde is die Goddelike wat julle tot gode sal vorm. Die liefde is My aandeel wat julle met My Één sal laat word. Die liefde is die eintlike lewe, 'n toestand van lig en krag en vryheid wat julle dus aan julself verskaf indien julle onselfsugtig in liefde werksaam sal wees. Dan sal julle kundig wees. Julle sal die regte insig hê. Julle sal alles kan deurgrond, niks sal vir julle verborge bly nie. Julle staan in die lig as julle in die liefde leef. Maar julle sal ook vervul wees met krag, want die liefde is krag. Dit is die oersubstansie van Myself - van die Kragbron van ewigheid. Julle sal dus tot alles in staat wees wanneer julle deur werke van liefde, deurstroom van My Krag, nou ook met My Krag sal kan skep en werk. Hierdie krag sal julle onbeperk toevloei en daarom sal julle ook alles kan verwesenlik volgens julle wil. Julle sal vol van krag wees. Julle sal ongehinderd aktief kan wees, want die krag van die liefde ken geen beperking nie, omdat die Goddelike Kragbron nooit opdroog en die mens, wat in die liefde leef, altyd ter beskikking staan. En julle sal alles kan realiseer in volledige vryheid, omdat die liefde alle kettings losmaak. Wanneer julle in liefde werksaam is, het julle jul bevry uit die ketting van jul teenstander. En die aaneensluiting met My beperk nie jul vryheid of jul wil nie. Julle pas net vanself julle wil by Myne aan. Julle gaan op in My Wil en werk dus in vryheid van wil en tog in volle ooreenstemming met My Wil, wat julle uitermate gelukkig sal maak en met steeds meer liefde sal vul. Die liefde is die hoogste en wie homself omvorm het tot liefde, het waarlik die hoogste geluksaligheid gevind en My Liefde verwerf, wat hy nooit meer sal verloor nie. Want wie hom eenmaal deur die liefde met My verenig het, laat Ek vir ewig nie weer los nie. Hy het uit My ontstaan en sal dit bly tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205