BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ryp word slegs deur liefde 5690 Verrig steeds werke van liefde, dan sal jul geestelike vooruitgang gewaarborg wees. Julle sal nie op ‘n ander manier rypheid kan bereik as deur die liefde nie. Ek kan julle wel bystaan met My genadegawes, maar dit moet julle steeds net aanspoor om in liefde werksaam te wees, omdat al die ander uit die liefde voortkom, naamlik 'n sterk geloof, 'n omvangryke kennis en die alles oorwinnende krag wat in My Haar oorsprong het. Of Ek julle nou My Woord laat toekom en of Ek julle deur die lot die voet dwars sit om op julle in te werk sodat julle julself tot My sal wend in gebed, dit moet steeds die liefde wees wat julle hart vervul, wat My Woord leer en My ook daartoe aanhits om jul gebed te verhoor, omdat die liefde julle eers die geloof oplewer wat julle ook die regte gebed sal laat uiter. Julle sal slegs deur die liefde volmaak kan word. En julle geestelike vooruitgang hang slegs af van jul gewilligheid om lief te hê. Om hierdie rede sou al jul pogings om My tot julle toegeneë te maak, nutteloos wees, indien julle nie jul bes doen om in liefde te lewe nie. En julle het elke dag en elke uur die geleentheid daartoe. Julle sal jul medemense met vriendelikheid moet benader. Julle moet julle oor hul nood bekommer. Julle moet meegevoel met hulle hê, hulle help, troos en ondersteun. Julle moet nie onverskillig wees omtrent die nood van die medemens nie, julle moet geestelik en aards vir hulle sorg waar dit vir julle moontlik is. 'n Vriendelike woord, 'n liefdevolle blik en 'n bietjie hulp lewer al vir julle liefde van die medemens op. Dit verhinder dat die liefde heeltemal verkoel. Want die liefde moet soos ‘n plantjie versorg word sodat sy nie sal wegkwyn nie. Die liefde is alles en wanneer die liefde van die mense wyk, is daar vir hulle ook geen redding meer nie. Probeer daarom oral 'n vonkie liefde aan die brand steek. Gee baie liefde sodat julle wederliefde kan ondervind. Want alleen dan kan My Ryk kom, ook in hierdie wêreld. Want My Ryk is waar liefde is, omdat Ek Self daar kan vertoef. Omdat Ek Self dan in My Ryk is wanneer Ek My intog kan neem in julle harte wat tot liefde omvorm is. Die liefde is die Goddelike in die mens wat julle egter ook die volmaaktheid waarborg. Want wie die liefde in hom het, het ook die Waarheid, die volle insig. Hy staan in die lig. Daar is geen ander weg na die volmaaktheid as die weg van liefde nie. Want slegs deur die liefde sal julle die aaneensluiting met My vind en dus ook die ewige geluksaligheid. As julle in liefde leef, sal jul lewe op aarde ook maklik wees. Want dan trek julle krag van My af en sal julle alles kan hanteer. Julle sal 'n onwankelbare geloof in My hê en deur hierdie geloof sal julle alle nood kan afwend. As julle in liefde leef, sal julle voortdurend aan My verbonde wees en sal julle alles wat julle wil met My en vanuit My Krag volbring. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205