BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Doel van die skepping. - Ontwikkelingsgang 5703 Die wêreld, met al sy skeppings wat vir julle sigbaar is, dien slegs een doel, naamlik die terugkeer van die gees, wat eens weggeval het van God en wat gebind is in ontelbare individuele stukkies materie of klein vonkies van geestelike aard wat binne hierdie skeppings verban is, ten einde haarself weer geleidelik positief te ontwikkel, deur middel van konstante verandering van verblyf, deur middel van konstante transformasie van haar uiterlike omhulsel, totdat sy 'n sekere mate van rypheid sal bereik. Dit maak dan die beliggaming van hierdie gees as siel in die mens moontlik, vanwaar die finale terugkeer na God nou uit vrye wil moet plaasvind. Die gees het inderdaad 'n oneindige lang pad geloop voor die beliggaming as mens, dit is 'n reis wat begin het met die grenslose kwelling van kluistering en bly in kluistering vir 'n eindelose lang tyd, totdat die boeie begin verslap en steeds losser word, maar wat steeds vir die geestelike substans 'n toestand van gebondenheid bly, waaruit die mens homself egter kan verlos, indien hy dit so wil. Derhalwe het jul mense met julle siele deur al hierdie sigbare skeppings heen gegaan en nou het julle aangekom by die laaste fase van jul ontwikkeling op aarde. Julle hoef slegs hierdie laaste opdrag op hierdie aarde na te kom en dan kan julle, vry van alle aardse beperkinge, weer die koninkryk bewoon wat julle eens uit vrye wil verlaat het, as gevolg van jul verset teen God. En hierdie laaste taak op aarde is om julle uit vrye wil heeltemal onderdanig te maak aan die ewige Godheid, want 'n lang tyd gelede het julle in opstand gekom teen God, om nie met liefde te dien nie, want destyds wou julle met liefdeloosheid heers, maar julle moet weer volmaak word deur die liefde, omdat julle jul van alle goddelike eienskappe beroof het toe julle teen God gesondig het. Julle moet weer vol lig en krag word, soos wat julle vanaf die eerste begin was. Want julle is wesens wat in alle volkomenheid uit God voortgekom het, maar wat geen bewustheid van julself meer het nie, omdat julle sonder liefde is, omdat julle julself van God verwyder het en dus sodoende nie langer deur Sy liefde deurstraal kon word nie, aangesien alle weerstand teen God Sy liefde onwerksaam laat word, alhoewel God se liefde vir Sy skepsele vir ewig nie sal eindig nie. Hierdie proses van ontwikkeling vanuit die diepte na omhoog vind plaas in alles en deur alles wat julle kan sien. So is die betekenis en doel van die skepping, sowel as die betekenis en doel van julle lewe op aarde, kortliks aan julle verduidelik. Julle mag en moet hiervan weet, sodat julle bewustelik kan strewe na die laaste doel op aarde, - net soos wat julle op hoogte moet wees van Hom, Wie God en Skepper van julle almal is, maar Hy wil as Vader deur julle gesien en liefgehê word, sodat Hy julle die krag van Sy liefde kan laat toestroom in die mate wat julle in staat sal stel om weer julle oorspronklike toestand te bereik, sodat julle jul lewens op aarde sal beëindig as Sy kinders en na Hom sal terugkeer na julle Vaderhuis, om nou saam met Hom en volgens Sy Wil te skep en werk, soos wat dit jul bestemming was sedert die ewigheid. Ten einde hierdie kennis aan julle mense te gee, hierdie bewustheid, spreek Hy julle self aan, Hy laat julle Sy Woord verneem en Hy onderrig julle deur Sy Woord, Hy lig julle in oor Sy Wil, die voldoening waarvan onvermydelik weer sal lei tot daardie graad van volwassenheid wat julle vrywillig opgegee het. Al wat Hy verlang, is dat julle jul wese sal omvorm tot liefde. As julle aan Sy Wil voldoen, sal julle positiewe ontwikkeling ook gewaarborg wees, dan sal julle jul aardse opdrag vervul het, dan sal die pad vanuit die diepste diepte na bowe suksesvol afgelê wees, met die gevolg dat julle weer met God verenig sal wees, van Wie julle julleself destyds afgeskei het en met Wie julle nou tot in ewigheid verenig sal bly. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205