BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Materiële ingesteldheid 5705 Julle mense het slegs oë vir die wêreld en julle streef maar net na aardse skatte. Julle soek net om die liggaamlike begeertes te bevredig en julle beweeg julleself maar net op ‘n gebied waarin die materiële oorheersend is, maar al die geestelike swyg julle dood. Julle liggame is egter maar net die omhulsel van wat bestaande bly na die liggaamlike dood; julle liggame is maar vir ‘n kort tydjie die woning vir julle siele. Dit is die siel wat deur die aardse lewe tot rypheid moet kom, wie julle egter, deur julle verlange na die materiële, gebrek laat ly en haar daarom in ’n kommerwekkende toestand die geesteryk laat binnegaan. Die materiële wêreld is die ryk van die gekluisterde gees, waar julle as mens wel in woon, maar wat julle laaste stadium is voor die binnegaan in die geesteryk. Solank die wêreldse gees in julle nog so sterk is dat julle steeds na aardse goedere verlang en slegs ywer en werk vir die wêreld, solank sal julle ‘n slaaf van die materie bly, terwyl julle dit as “meester van die materie” tog moes oorwin het. Julle gebruik al julle lewenskrag maar net om die ryk van God se teenstander te versterk, wanneer julle die wêreld en haar goedere nastreef. Julle moet egter julle lewenskrag benut om vir julle geestelike goedere te versamel, om skatte te verwerf vir die ewigheid. Julle moet vrywillig afstand doen van goedere wat verganklik is, wat eenmaal van julle weggeneem sal word en wat julle nie kan saamneem die ewigheid in nie. Julle moet dus julle lewenskrag gebruik om onverganklike goedere vir julle te verwerf waarmee julle kan werk in die geesteryk, wat vir julle ‘n rykdom sal beteken wat julle waarlik salig sal maak. Julle staan hoër as alle materiële skeppings, want dit is slegs geskape sodat dit julle ten dienste kan staan tot julle voleinding. Julle mense ontken egter die waarde daarvan en streef die wêreld na, in plaas van om te in te sien dat dit hinderlik is vir julle geestelike ontwikkeling. Julle dien die materie in plaas van dat die materie julle dien, julle laat julleself deur haar beheers en word slawe van die materie. En dit beteken dat julle julle siele voorberei vir die dood, dat sy deur ‘n sterk omhulsel omgewe sal wees wanneer sy die ryk hierna sal ingaan. Dat geen ligstraal die omhulsel sal kan deurbreek nie en die siel ontsaglike lyding sal moet ondergaan totdat die omhulsel opgelos is. En dit kan ewighede duur totdat die omhulsel tenminste nie meer en meer sal verhard nie, sodat daar vir die siel geen uitsig meer bestaan om van die omhulsel bevry te word nie. Julle mense weet nie wat julle julle siele aandoen wanneer julle so materialisties ingestel is, dat julle maar net trag om wêreldse goedere te verkry nie. Sien tog die verganklikheid van hierdie goedere wat julle omgewe en dink aan wat onverganklik is. Leef julle aardse lewe nie tevergeefs nie, want dit is slegs vir julle gegee vir die rypwording van julle siele. Sy is die geestelike in julle wat slegs “geestelike voedsel” kan gebruik om haarself te ontwikkel, om sonder omhulsel die liggaam te kan verlaat wanneer haar uur gekom het. Dink aan julle siel en rig julle verlange na die geestelike, want die siel sal bly bestaan, terwyl al die aardse sal vergaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205