BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verlossing deur Jesus Christus 5724 Elke mens kan homself verlos as hy so wil, maar hy kan dit nie doen sonder Jesus Christus nie. Dus is Jesus Christus die Verlosser, maar as die mens dit nie self wil hê nie, was die daad van Verlossing aan die kruis tevergeefs vir hom. Slegs die menslike wil bring dit in werking, want dit is noodsaaklik dat die menslike wil eerstens streef na ’n verlossing deur Jesus Christus en slegs dan kan hy verseker wees dat hy verlos sal word. Geen mens is uitgesluit nie, geen mens het nodig om sonder vryheid voort te gaan nie, omdat die Mens Jesus Christus aan die kruis gesterf het, sodat die hele mensdom, alle mense van die verlede, hede en toekoms, verlos kan word van hul skuld en niemand is uitgesluit nie, maar redding vind nie plaas teen die menslike wil nie en die wil word net versterk deur Jesus Christus. Gevolglik moet Hy onvermydelik erken word as God se Seun en Verlosser van die wêreld, anders sal Sy hulp nie gevra word nie, anders sal die seëninge van Sy daad van Verlossing nie aangevra word nie. Want in die onverloste toestand word hy in slawerny gehou deur 'n donker mag, sy wil vir die goeie word onderdruk en hy is 'n slaaf van die een wie sy heer is, sodat hy aan sy heer se wil sal voldoen en dus sondig teen wet van die Goddelike ordening deurdat hy liefdeloos sal dink en handel. Dit is die wil van die mens wat steeds gebonde is, wat verkeerd gerig word. Vanuit sy verkeerde liefde begeer hy slegs dit wat hom aftrek, maar nie wat hom verhef nie. Sy beperkinge trek hom voortdurend ondertoe en as hy wil opgaan, moet hy eers bevry word van sy kettings, hy moet vry word van die mag wat hom gebonde hou. Hy moet verlos word en kan homself verlos deur die krag van die liefde. Maar dit is uiters swak in 'n mens en kan slegs versterk word wanneer die persoon roep tot Hom, Wie hierdie mag oorwin het deur Sy dood aan die kruis, wanneer hy die Heer aanroep vir Wie hierdie mag moet buig, naamlik Jesus Christus, die Goddelike Verlosser en Oorwinnaar van die dood, die gekluisterde toestand en kragteloosheid. Deur Sy dood aan die kruis het hy onbeperkte genade verwerf wat Hy uitdeel aan ander wat dit begeer. En deur die gebruikmaking van hierdie genade, raak die wil versterk wat die persoon in staat stel om werke van liefde te doen om krag uit God te verkry, Wie hom onvermydelik sal help om opwaarts te vorder en hom sal bevry van die kettings wat hom gebonde gehou het. Hy het homself dus verlos deur Jesus Christus, anders gestel; hy was gewillig om homself te laat verlos deur Jesus Christus, om deelagtig te word aan Sy kruisoffer. Hy het deur die bloed van Jesus vrygekom van alle skuld wat hom onderwerp het aan die geweld van die mag, wie God se teenstander is en wat dus ook deur God Self oorwin moes word. Wanneer Jesus Christus nie as die Seun van God en Verlosser van die wêreld erken word nie, behou God se teenstander sy mag oor die mense, hetsy op die aarde en ook in die hiernamaals. En dit beteken dat die siel in 'n gebied sal bly waar vir ewig geen lig sal wees nie, dat sy nooit tot insig sal kan kom nie, dat sy onvry en kragteloos sal wees en haar toestand self nie meer sal kan verander nie, dat sy vir solank ongelukkig sal wees totdat sy deur 'n Redder genader sal word. En hierdie Redder is weereens Jesus Christus, want net Hy het die krag om die siel te bevry vanuit die mag van Sy teenstander. Maar weer moet die siel dit self wil, sy moet Hom aanroep wanneer daar ’n baie swak skynsel van lig, as ‘n flits van herinnering aan die Mens Jesus, by haar opkom, Wie op aarde bekend was as die Redder en Verlosser van die mensdom. Met haar uitroep erken sy Hom; dit is 'n roep vanuit die grootste nood, wat die Goddelike Verlosser sal hoor en Wie se werk van Verlossing ook hierdie siel ten goede sal kom, want Hy bring aan haar bevryding uit haar kwelling. Julle mense op aarde moet Jesus Christus nie verbygaan nie, omdat julle slegs jul redding vertraag, wat vroeër of later by julle sal moet plaasvind, want julle kan nie verlos word sonder Jesus Christus nie, maar julle sal self verlos moet word deur Hom. Hierdie wil kan op aarde in julle gewek word, indien julle korrek geleer was oor Hom, oor die betekenis van Sy kruisdood en julle houding teenoor die verlossingswerk, want Hy sorg voortdurend daarvoor dat mense Hom nie vergeet nie en die verwysings na Hom gedurende die laaste dae sal met soveel dringendheid verneem word, dat elke mens ernstig sal moet nadink of hy sy houding teenoor Jesus Christus kan verantwoord. Hy behoort opheldering te begeer ten opsigte van die probleem van die Menswording van God en die verlossing, dan sal hy ook 'n passende opheldering ontvang, maar hy behoort nie so arrogant te wees om 'n voorbarige oordeel uit te spreek en alles te verwerp wat met Jesus Christus verband hou nie. Eendag móét hy die weg na Hom neem. Maar sy berou sal uiters pynlik wees wanneer hy eers in die hiernamaals sy dwaling sal insien, wanneer hy sy kwellende toestand vir homself verleng deur sy verwerping van Hom, Wie die enigste is wat hom van sy nood sal kan bevry. Sodra die mens op aarde, of ook in die hiernamaals, die weg na Jesus Christus inslaan, gaan hy sy verlossing tegemoet. Maar sonder Jesus Christus sal hy vir ewig in duisternis bly en kan hy eers opstaan uit die graf van die dood wanneer hy Hom erken Wie die dood oorwin het. Hy kan eers gelukkig word wanneer hy homself deur sy wil laat verlos deur die Bloed van Jesus. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205