BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Julle moet volmaak word, soos wat jul Vader in die hemel volmaak is 5727 Julle moet volmaak word, soos wat jul Vader in die Hemel volmaak is. Dit is waarlik 'n uitspraak wat julle kan laat twyfel oor jul herkoms uit My. Want hoe julle mense ookal geaard mag wees, daar is niemand wat hom sal kan aanmatig om My volmaaktheid te bereik nie. En daarom sal hierdie Woorde vir julle onbegryplik wees en sal dit vir julle as onuitvoerbaar voorkom. En tog is dit eenvoudig te verklaar, naamlik dat julle slegs julself tot liefde moet omvorm. Die Liefde is My eintlike Ek. En wanneer jy jouself tot Liefde gevorm het, het jy ook 'n Goddelike wese geword en iets Goddeliks word ook volmaak genoem. Die Liefde is die Goddelike, omdat Sy My Oerwese is. En wat dus vervul is van liefde, moet gevolglik ook vervul wees van God, dit wil sê,: Alle Goddelike eienskappe wat in hom is, sal hom as 'n volmaakte wese bestempel. As mens is julle nog so gebrekkig gevorm, omdat julle julself eens ontgoddelik het deur die verkeerde wil en verwerping van die liefdeskrag vanuit My. Julle het self die Liefde verspeel en het gevolglik onvolmaakte skepsels geword wat nie meer as My kinders beskou kon word nadat julle van My afgeval het nie. En ofskoon julle nie meer in die uiterste diepte smag, ofskoon julle nader aan My gekom het, is julle tog nog sonder liefde en daarom ook nog so onvolmaak. En daarom word julle voortdurend gemaan om jul wese te verander, te strewe na volmaaktheid, wat net bereik kan word deur selfvorming tot liefde. Want die liefde is die aanpassing by My. En Ek is die Ewige Liefde. Weliswaar is dit vir 'n mens, wat nog in die verkeerde liefde leef, - in die eieliefde - baie moeilik om dit agter hom te sit en die verkeerde liefde te verander na Goddelike liefde, wat sonder enige eiebelang werksaam is. En daarom is dit dus vir hom ook moeilik voor te stel om die volmaaktheid van die Vader in die hemel te bereik. Maar dit is bereikbaar deur Jesus Christus aan te roep, Wie alle swakkes te hulp kom wat Hom om hulp vra. Wat Ek van die mense verlang, kan gedoen word. Die wil van die mens kan slegs te swak wees om My begeerte ernstig op te neem. En vir hierdie verswakte wil is daar versterking deur Jesus Christus. Ek help dus elkeen wat ernstig die volmaaktheid wil bereik. Want Ek bring diegene wat na die Vader verlang, na My toe. Ek help hom, sodat sy hart week word en tot hulp bereid raak, sodat hy self werke van liefde as stille geluk sal ervaar. En Ek spoor hom altyd aan om werksaam te wees in liefde, sonder om egter sy vrye wil aan te tas. Die wil van die mens bly vry, dit sal egter sterker word hoe inniger hy hom by die Heiland en Verlosser Jesus Christus aansluit, wat hy nou in staat is om lief te hê. Deur die liefde kom hy dus steeds nader aan My, totdat hy sy wese vergoddelik en hy homself steeds meer vervolmaak en - wanneer hy homself deur die liefde innig by My aangesluit het - hy heeltemal met My Liefdeskrag vervul sal wees en dus volmaak sal wees, soos wat die Vader in die hemel volmaak is. Die mens keer na sy oertoestand terug, want hy het in alle volmaaktheid uit My voortgekom. Hy is geskape na My ewebeeld, waaronder die geestelike volmaaktheid te verstaan is. En hy kan dit ook baie seker weer bereik deur die nakoming van My wil tydens sy lewe op aarde, deur die onderhouding van My gebooie van Liefde, wat alleenlik die mens die weg wys om volmaak te word, om vir ewig tot die Vader terug te keer, uit wie se Liefde hy eens voortgekom het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205