BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die vorming van die hart tot tempel van God 5758 Julle moet jul harte tot 'n tempel omvorm waarin Ek My intrek kan neem. En in hierdie tempel sal julle moet bid, in julle innerlike ingaan en My daar soek en in deemoed en liefde met My praat. En julle sal My antwoord verneem, vooropgestel dat julle My teenwoordigheid in julle moontlik maak. Maar as julle jul harte omvorm tot 'n tempel van God, dan sal julle dit skoonmaak van alle vuil. Julle moet alles daaruit verwyder wat My teenwoordigheid nie toelaat nie. En julle moet dit mooimaak met deugde van allerlei soort. Julle sal alles doen wat My gelukkig maak en My in die tempel van julle hart intrek. Julle sal self liefde word om die Ewige Liefde in julle te kan opneem. En julle sal dan steeds ’n stille godsdiensoefening hou. Julle sal dan self graag daar vertoef waar Ek is en steeds maar vurig verlang na die oomblik waarop julle met My samespreking sal kan hou, waarop julle My jul dienste aanbied, julle nood en sorge aan My toevertrou, waarop julle My in deemoedige stille gebed om hulp en krag sal vra. Julle sal hierdie uur steeds meer inpas in jul aardse bestaan, want julle sal dan vertoef in 'n gebied wat buite die aardse wêreld lê. Julle sal vir julle troos en krag verkry op die plek waar Ek vertoef, omdat julle dit deur jul liefde ingerig het tot 'n woonplek, tot 'n tempel vir My. Julle hoef My nie in die vêrte te soek nie, nie op openbaar toeganklike plekke nie, nie in dooie dinge nie, want Ek is nie daar te vinde nie. Maar gaan in julle eie harte in, gaan die stilte in om My aan te roep, dan gee Ek gevolg aan julle roep, selfs wanneer jul hart nog nie so gevorm is dat Ek daarin kan vertoef nie. Maar Ek sal na julle toe kom en julle help om die woonplek vir My in te rig. Want julle verlange na My is al 'n groot hulpmiddel om jul hart te reinig. En dan sal alles ook met My Krag verwyder word wat My verhinder om by julle in te trek. Ek kan so naby aan julle wees dat julle My teenwoordigheid sal kan bespeur, dat julle in staat sal wees om My te hoor. En Ek wil ook so naby aan julle wees, omdat Ek julle liefhet. Maar julle sal dit moontlik moet maak sodat Ek by julle kan wees. Julle sal, deur julself tot liefde te omvorm, jul harte moet inrig tot die tempel waar julle dan altyd kan binnegaan om woorde van Liefde van My in ontvangs te neem, wat julle steeds sal gelukkig maak, sodra julle begeer om My te hoor. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205