BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Onkundig en misleide mense se houding teenoor die Waarheid 5764 Dit is moeilik om mense te verlig so lank as wat hulle daarvan oortuig is dat hulle die Waarheid ken. 'n Heeltemal oningeligte persoon sal met graagte kennis aanvaar wat vir hom aangebied word en as dit lyk of dit hom verlig, sal dit hom gelukkig maak. Dit is moeilik om iemand te oortuig dat hy verkeerd dink as hy glo dat hy reeds die Waarheid ken en dit is selfs moeiliker om enige ander geestelike inligting aan hom oor te dra, want hy hou vas aan die voormalige en is slegs ontvanklik vir ander kennis wanneer hy begin twyfel. En dus sal julle altyd onder julle medemense diegene kan identifiseer wat heeltemal sonder geloof is en 'n suiwer aardse lewe lei en diegene wat hulself godsdienstig ag, wat selfs hulle geloof ywerig ondersteun en nog iets verdedig wat vêr van die Waarheid af is. Eersgenoemde is in die meerderheid en, as gevolg van hul totale ongeloof, in groot nood, omdat hulle nie soek na kontak met die wêreld wat hul tuiste, sowel as hul doel is nie, terwyl die gelowiges hulle steeds besighou met geestelike sake, ten spyte van verkeerde leringe en verkeerde menings wat reggestel moet word en hulle sal dikwels die geleentheid hiervoor gebied word op aarde, sowel as aan die anderkant, maar hul gedagtegang sal altyd deur hul vrye wil bepaal word. Maar vir totale ongelowiges moet geestelike inligting aangebied word, hulle moet gemotiveer word om daaroor na te dink. Die werklikheid van die geestelike wêreld moet eers vir hulle geloofwaardig gemaak word en hulle sal dan ook oortuig kan word, indien die geestelike kennis intelligent aan hulle oorgedra word. Hoe meer 'n persoon homself gedistansieer het van die kerklike geloof, hoe moeiliker is dit om kerk leerstellings aan hom oor te dra, selfs al sou dit met die Waarheid ooreenstem. Maar op een of ander manier kan alle mense genader word, dit vereis net uitgebreide kennis om sulke mense te wen, wat op die ou einde tog lei na waar God te vinde is. Hierdie mense moet leer om deur middel van beraadslaging te glo en dan sal hulle 'n diepgaande, lewende geloof bereik indien hulle ernstig na die Waarheid sal soek. Want hul ongeloof hoef nie altyd hul totale afstand van God te demonstreer nie. Hulle kon in ongeloof beland het, op grond van verkeerde leringe wat hul intellek geweier het om te aanvaar en wat gelei het tot die verwerping van alles. En hierdie mense moet weer deur hul verstand gehelp word om die Waarheid te herken, dan sal hulle oortuigde ondersteuners van die Waarheid word en standvastig bly in hul oortuiging. Hart en verstand moet in staat wees om geestelike konsepte te aanvaar, want die Waarheid, wat van God afkomstig is, kan ook alle intellektuele ondersoeke weerstaan en vereis nie net blinde geloof nie, terwyl verkeerde geestelike konsepte, verkeerde godsdienstige leerstellings, nie 'n ernstige ondersoek deur die intellek sal kan weerstaan nie en blinde geloof dus geëis word vir hierdie leer, wat egter nooit God se Wil is nie. Dit is baie makliker vir die skeptikus om by die Waarheid uit te kom, as vir die mense wat nie die Waarheid wil hê nie, want hulle glo dat hulle haar reeds besit. Hulle gebruik nie hul verstand nie, maar aanvaar alles sonder om die oorsprong te ondersoek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205