BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die aandrang van die Gees - Ontevredenheid 5766 Julle word wel deur My Gees gedryf om My wil te vervul, maar julle word nie daartoe gedwing nie, want dwang sou jul siele skaad. Offer julle egter julle wil geheel en al aan My op, gee julle bewustelik alle weerstand teen My op, sodat julle dus slegs vir My ter wille wil wees, dan sal julle nie anders kan as om in die ordening te wees wat My uitgangspunt van ewigheid is nie. Julle sal dan nie meer bewustelik in stryd met hierdie ordening tree nie. Julle sal julle steeds gedra soos wat Ek van julle verlang. Julle sal dus nie meer bewustelik sondig nie, want dan leef julle gewilliglik volgens die aandrang van die Gees. Julle laat julle deur die Gees lei en dus word julle deur My gelei en waarlik korrek. Maar julle sal ook meer moet en kan doen as om net die sonde te vermy en die onreg te verafsku. Julle word ook daartoe aangemoedig deur My Gees. Maar as julle nie aan Sy aandrang toegee nie, dan is julle ook nie met julself tevrede nie, sonder dat julle gesondig het. Want julle tree weliswaar nie in stryd met die gebooie van die liefde vir God en die naaste op nie, maar julle vervul dit ook nie ywerig nie. Jul siel word dan van 'n tekort bewus en dit maak haar bedruk, want sy voel dat sy geen vordering maak in haar ontwikkeling nie. Alle ontevredenheid met julself is 'n uiting van die siel wat beswaard voel. Julle mense moet nie altyd op dieselfde vlak bly staan nie, julle moet hoër streef. Julle moet alles doen wat positiewe ontwikkeling bevorder. Julle moet voortdurend aan julself werk en die Gees sal julle voortdurend daartoe aanspoor. Neem julle Sy stimulering in ag, dan sal julle ook 'n innerlike vrede bespeur. Want julle het dan My Wil vervul en die gevoel sal julle gelukkig maak. Die opgaan van jul wil in Myne ag Ek korrek en dit word baie deur My waardeer. Maar probeer ook om dit wat julle My beloof in dade om te sit. Poog voortdurend om meer liefde te gee en onbaatsugtige werke van liefde te verrig. Laat julle hele lewe op liefde berus, dan sal julle in ooreenstemming lewe met My Gees in julle. En dan sal julle net nog na Hom luister en sal geen ag slaan op enigiets wat vanaf die anderkant aan julle vertel word nie. Laat die Gees in julle die opperheerskappy verkry. Onderwerp julle geheel en al aan My wil en bly voortdurend streef na volmaaktheid en jul hart sal met 'n vrede vervul wees wat blyke sal gee van My en My teenwoordigheid in julle. Want dan sal julle bewus wees van My teenwoordigheid en sal julle nie anders kan as om in volle harmonie met My en My Gees te lewe nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205