BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kerk van Christus I 5772 Wie verklaar om aan die kerk van Christus te behoort, moet ook lewe soos ‘n Christen, anders strek hy die kerk van Christus nie tot eer nie. Wanneer daar gedurende die komende tyd van die geloof in Jesus Christus getuienis afgelê moet word, dan sal die ware aanhangers van Sy kerk bekend word. Want die standvastigheid van geloof wat hulle nodig sal hê om vir Sy Naam op te kom, sal slegs verkry kan word deur ‘n lewenswandel volgens Sy voorbeeld, ‘n lewe in navolging van Jesus. En hulle sal dan ook behoort aan die kerk wat deur Jesus gestig is. Huidig bely baie mense vir Jesus met die mond; hulle is aanhangers van kerke wat hulle uitgee as kerke wat deur Jesus Christus gestig is. Indien hulle nou ook volgens die Goddelike wil, sal lewe, terwyl hulle Sy Goddelike gebooie oor die liefde vervul, dan sal daar in hulle ook die nodige standvastigheid van geloof aanwesig wees. Dan sal hulle ook standhou in elke geloofstryd en sal Sy Naam voor die wêreld bely. Van hulle sal daar egter maar weinig wees, want slegs die mense wat in liefde lewe, sal die krag hê om weerstand te bied teen die wêreldse magte wat beplan om alles uit te roei wat met die geloof in Jesus Christus, die goddelike Verlosser, verband hou. En nou toon die mens dat hy ‘n Christen is, nou kan hy homself as lid van die kerk beskou wat deur Jesus Christus gestig is. En wie dan Jesus Christus voor die wêreld bely, vir hom sal Jesus ook getuig voor God die Vader, soos wat Hy beloof het. Die kerk van Christus tel nie meer baie aanhangers nie en hoe meer die liefde onder die mense verkoel, des te kleiner sal die skare van ware Christene word, omdat die liefde onvoorwaardelik beoefen moet word om as ware Christen te geld en om vir die mense ‘n ligtende voorbeeld te wees van die ware kerk op aarde. Vir hierdie kerk, is geen offisiële lidmaatskap van ‘n kerkgenootskap ’n vereiste nie, maar slegs ’n lewe van liefde volgens die Goddelike gebod, waarin die liefde as eerste vereiste geld. Hierdie kerk sal dan ook die sekerste teken gee as bewys Wie die Stigter daarvan is, naamlik die werksaamheid van die Gees in alle lede. Die kerk van Christus het geen uiterlike herkenbare ingesteldheid nie, sy is maar net die aaneensluiting van diep gelowige mense wat in die innigste verbinding met die Stigter van die kerk, - met Jesus Christus staan en sal daardeur ook deur Sy Gees verlig, gelei en vervul word. En hulle sal, net soos die dissipels van Jesus op aarde, ongewone werke kan verrig met hul gegewe Geesteskrag. ‘n Sterk geloof en ‘n diepe liefde sal blyke gee dat hulle behoort aan die kerk van Christus; en slegs Sy volgelinge sal die laaste geloofstryd deurstaan, omdat hulle met Jesus Christus Self stry en daardeur ook die oorwinning sal behaal oor hom wie teen Christus is, oor God se teenstander en sy dienaars. Want Jesus Christus sal kom met mag en krag en in heerlikheid op die laaste dag, om Sy klein kudde na Hom te bring in die Ryk van vrede. Sy teenstander sal Hy egter in boeie slaan en saam met hom, almal wat van hom afhanklik is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205