BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geloofstryd 5779 Die geloofstryd staan nog voor julle en vir hierdie stryd wil Ek julle gewapend sien. Daarom is dit eerstens My groot sorg om julle geloof te versterk en kennis aan julle te verskaf wat aan julle duidelikheid sal gee oor dit wat voorlê en wat nog voor die einde sal kom. Maar julle moet aan die einde glo om alles te verstaan en om ook die geloofstryd te kan begryp wat vir elke mens van groot betekenis is. Dit sal nie slegs ‘n stryd wees wat na enige tyd sal eindig met ‘n oorwinning van die een of ander strydende mag nie. Dit sal ‘n stryd wees wat die aanhangers van Satan sal voer teen God. ‘n Stryd waar dit nie SAL gaan oor aardse besittings nie, maar oor geestelike rykdom. ‘n Stryd waarin die siele sal moet kies aan watter kant hulle hulself wil stel. Want ofskoon daar ook skade aan die mense berokken sal word, sal die siel tog alleen maar oorwin of beswyk. En daarom strek die afloop van hierdie stryd hom uit tot in die Ewigheid. Daarom doen Ek vooraf alles om die mense op hierdie stryd voor te berei, om hulle te versterk en om hulle belydenis moed in te boesem. Ek probeer om die leër van My “stryders” te vergroot. Nie omdat Ek wil oorwin nie, maar sodat hulle ook self die vrugte van ‘n oorwinning sal oes. Want Ek wil nie dat hulle ten gronde gaan en opnuut gekluister word deur My teenstander nie en dan weer gevange bly vir ‘n eindelose lang tyd nie. Julle mense bekommer julle tans weinig oor die geloof. Julle is onverskillig oor wat belangrik is, naamlik die geestelike strewe. Julle moet eers geskud word om in erns ‘n standpunt in te neem ten aansien van die geloof. En dit sal gebeur sodra die geloofstryd ontbrand, want daarom word van iedereen geëis om My te bely voor die wêreld, of My te verloën en op te gee. En daarom sal julle eers ‘n standpunt inneem wanneer julle toegewyd is, of My sonder bedenkinge sal opgee terwille van aardse voordele. En omdat die einde op hande is, daarom is hierdie besluit noodsaaklik. Nie vir My nie, omdat Ek julle wil ken. Maar julle moet nog self eenmaal aangespoor word tot nadenke, omdat julle dit nie uit julleself sal doen as julle nie deur ‘n wêreldse mag gedwing word nie. Daar is wel sommiges wat voor die tyd al daaroor nadink en wat daarom ook My sigbare hulp ervaar, waardeur Ek hulle die herkenning vergemaklik. Tog is dit slegs weiniges, sodat Ek hulle getal sou wil vermeerder, omdat Ek hulle wil wys op die einde. Maar hierdie weiniges sal nouliks geloof vind, want hulle wat geen geestelike strewe het nie, dink ook dat ‘n einde van hierdie aarde onmoontlik is. Maar die verskyning van die eindtyd sal nie sonder invloed by hulle verbygaan wat nog nie besluit het nie. Hulle sal nadenkend word en tot die geloof terugkeer, as hulle gedurende hierdie tyd goed onderrig sal word. ‘n Goeie en waarheidsgetroue onderrig kan nog groot sukses behaal, sodat daar waar ‘n afval van die geloof weens verkeerde geloofsleringe plaasgevind het, weer terug te lei is, veral waar die mense nie onwillig is om te glo nie en aan ‘n valse leer aanstoot geneem het. Hulle kan weer gewen word vir My en My Ryk en terwille van hierdie weiniges sal nog baie tekens gebeur wat die naderende einde sal verkondig en ook nie sonder uitwerking op hulle sal bly nie. Die geloofsbesluit sal dan eers geneem word wanneer ‘n sterk geloof aanwesig is, Want die mens wat die ware insig het, weet waarom dit gaan. Hy gee met ‘n ligte hart dit op wat mense van hom neem, om die lewe van die siel nie in gevaar te bring nie. Dit is die laaste toets van die wil op hierdie aarde. Dit is hierdie besluit om My te bely voor die wêreld, wat julle lot in die Ewigheid sal bepaal, ongeag die aardse uitwerking op julle beslissing. Slegs ‘n sterk oortuigde geloof sal hierdie laaste toets deurstaan en slegs ‘n sterk oortuigde geloof sal standhou tot die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205