BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Toestand van die siele in die hiernamaals - Dwaalleer - Ongeloof - Liefde 5332 Dit is vir baie mense onbegryplik dat hulle regstreeks met My in verbinding kan staan, wat bewys word deurdat Ek julle direk aanspreek, deurdat julle My Woord verneem in die vorm van gedagtes. En dit is enersyds ‘n teken van verwydering van My en andersyds ‘n dooie geloof, ‘n geloof wat wel tradisiegetrou is, maar nie lewend nie. Dit is ‘n skool aangeleerde kennis, waar maar selde oor nagedink word dat die mense daaroor ‘n standpunt kan inneem. Maar uit so ‘n aanvaarde kennis kan die mense ook aflei dat die ewige Godheid Homself sal openbaar, maar ook die geloof aan ’n ewige Godheid is swak en daarom word die geloofsleer ook nie ernstig opgeneem sodat geestelike vooruitgang behaal kan word, wat slegs daaruit bestaan dat die mense ‘n verbinding met My probeer tot stand bring. Eerstens moet Ek opreg erken word, voordat Ek My aan ’n mens kan openbaar. Die oortuigde geloof aan My ontbreek by oneindig baie mense, wat die oorsaak is dat hulle ook in geestelike duisternis lewe en in hierdie duisternis die hiernamaals ingaan. En wat hulle op aarde versuim het, moet nou in die hiernamaals ingehaal word. Hulle moet nadink, maar sal daarvoor te swak wees as gevolg van eie skuld. Hulle word in die ewigheid gevolg deur hulle liefdeswerke en dan is hulle, ondanks hul ongeloof, nie heeltemal kragteloos nie. Hulle krag bestaan daarin dat die herinnering aan die kennis wat hulle op aarde nie ernstig opgeneem het nie, hul nie heeltemal ontneem word nie, sodat hulle dus nou kan nadink terwyl die ongelowige siele, wat geen werke van liefde met hulle saamgeneem het nie, hulle in onsegbare nood bevind, omdat hulle nie in staat is om suiwer gedagtes op te neem om hulle mee besig te hou nie. Tog kan hierdie siele ook nog onderrig word in die geesteryk, deur siele wat aan hul, op ‘n begryplike wyse, dit vir hulle aanbied wat hulle moet leer, as hulle tenminste hul onderrigting wil aanneem, wat vir hulle ten gunste sal wees, omdat hulle dan die krag sal verkry om aansluiting te soek by die sfere waar hul opheldering gegee kan word. Werke van liefde kan alle tekorte vereffen en die siel tot geloof bring. Maar die geestelike duisternis, wat ‘n gevolg is van die ongeloof op aarde, sal eers van hulle wyk wanneer hulle Jesus Christus erken, omdat slegs Hy hulle skuld kan delg, wat deur die ongeloof op aarde veroorsaak is. Wie vermoed dat hy op ‘n dwaalspoor is, kan spoedig gehelp word waar liefde en geloof aanwesig was op aarde. Maar aan ongelowige mense moet hierdie kennis eers gebring word, omdat hulle dit nie op aarde wou aanneem nie, al was hulle teenoor hul medemens voorstanders daarvan. Ek kan die siele wat My nie erken nie en liefde teenoor My en hulle medemens weier, nie ineens die insig gee nie. Ek kan hulle slegs die moontlikheid gee om die kennis hul eie te maak, met die voorwaarde, dat hulle wil nie weerspannig sal wees teen My nie. Dan is My erbarmende Liefde ook bereid om aan hulle lig te gee, indien hulle daarna verlang. En dan word hulle ook weer die evangelie gebring, wat hulle nou in vrye wil kan aanneem of ook kan verwerp. En na gelang hul wil tot die goeie en hul verlange na onderrig, sal hulle nou My leer aanneem en kan hulle opgang begin. Maar veel leed en ellende in die duisternis sal dit eers voorafgaan, alvorens ’n ongelowige siel in die geesteryk deur ‘n ligstraal geroer sal word en dit volg. Dan sal sy egter ook bereid wees om haar wese te verander, as sy eenmaal die weldaad van die lig ondervind het, waarna sy nou sal bly verlang totdat dit haar ten deel sal val. Die duisternis gee haar siele maar selde op, dog weet Ek wanneer Ek die poorte kan oopmaak en die siele haar vryheid gee. Ek weet wanneer sy vir ‘n ligstraal ontvanklik sal wees en Ek sal haar help om die weg te vind wat uiteindelik tot My sal lei en tot haar saligheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205