BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Adam - Oergees - Lucifer se poging - Verniel van die vorm 5802 Wie tot die Waarheid deurdring, sal alle duisternis agter hom laat, hy sal vir alles ’n verklaring hê, want hy sal kennis hê van die samehang van alle dinge. Hy sal besef dat sy weg opwaarts lei, dat hy die verbinding met God gevind het, dat hy nie meer kan dwaal nie, omdat God hom die Waarheid laat toekom. Om tot die Waarheid deur te dring, beteken egter om Haar allereers ernstig te begeer en dan die hart oop te maak vir die kennis wat instroom, hetsy van buite af, of ook van binne af in die vorm van gedagtes. Want die hart sal bereid wees om Waarheid en dwaling aan te neem of te verwerp en dus ook dienooreenkomstig op die mens inwerk. Die Waarheid moet in soverre verkry word, sodat die wil van die mens self werksaam word. Dit kan nie eenvoudig aan die mens oorgebring word wat homself passief gedra nie, wat nie self die nodige aanstaltes maak om Haar te besit nie. Want hy sal in die duisternis van sy gees bly en nie opwaarts gaan nie. Die Waarheid is egter die weg na bo. Die Waarheid is die Geestesgoedere wat deur God Self na die mense gelei is, Wie in elke mens ‘n ontvanger soek, sodat die wil van elke mens die Waarheid sy eie kan maak, omdat Sy op die mees uiteenlopende maniere aan die mense oorgebring kan word, - maar steeds die verlange na Haar vereis. Maar wie Haar in sy besit het, bevind hom nie meer in die duisternis nie, vir hom is alles helder, vir hom bestaan daar geen twyfel meer nie, want ook wat nog vir hom onduidelik is, word op sy versoek verklaar, as hy hom tot die Bron van Waarheid wend, as hy aan God Self sy twyfel en vrae voorlê en daarop wag, wat God hom deur sy hart antwoord. Die verlange na die Waarheid, die verbinding met God deur middel van gedagtes en om te luister na sy innerlike, waarborg hom ook ‘n duidelike waarheidsgetroue antwoord. En julle mense moet weet, dat daar vir julle niks duister hoef te bly, wanneer julle opheldering verlang en alle vrae aan Hom voorlê, Wie die Waarheid Self is en Haar ook aan Sy kinders op aarde wil laat toekom, om aan hulle lig te gee, om hul weg na bo te verlig. Die eersgeskape mens was in sy liggaam ook ‘n skeppingsdaad van My Liefde. Ek moes die gevalle geeste op daardie stadium ‘n uiterlike omhulsel gee, toe hulle vanuit die diepte sovêr na bo gevorder het, dat hulle nou alle wilsbeproewinge in vryheid kon aflê. Ek moes vorms skep vir alle oergeeste wat eertyds deur My geskape was, wat hulle na ’n eindelose lang tyd weer in alle eertyds opgeloste substanse versamel het, wat dus weer as selfbewuste wesens gewag het op toelating tot werksaamheid. Om die uiterlike vorm vir ’n oergees te skep, was niks anders as die eindelose vele skeppingswerke wat tevore reeds geskep was nie. Dit was gedagtes wat uit My voortgekom het, wat deur My Wil ook reeds in sy vorm voor My gestaan het. Maar om nou aan hierdie geskape vorm lewe te gee, was slegs moontlik deur die deurstroming van die krag van My Liefde. Die oergeskape gees was egter die uitgestroomde krag van My Liefde. Dus hoef dit slegs die uiterlike vorm in besit te neem om dit ‘n lewende wese te laat word. Die gees het kort voor sy voleinding gestaan, maar vêr daarvan verwyderd, omdat alle insig by hom ontbreek het, omdat die sonde wat drukkend op die gees was, hom beroof het van sy volledige insig en hy het dus in hierdie toestand onderrig en gebooie nodig gehad. Hy moes dus langsaam rypword in kennis deur gehoorsaamheid aan hierdie gebooie. Voorheen het daar ‘n groot geestelike stryd plaasgevind, omdat daar baie van hierdie gevalle oergeeste was wat hul intrek wou neem in die vorm wat eerste deur My geskape is. Want hulle het geweet dat hulle slegs in die vorm van ‘n mens weer toegang tot My sou kon kry, dat hulle onbeperkte rykdom aan krag en lig kon bereik deur ‘n lewe waarin hulle beproef sou word, waarin hulle sou moes bewys hoe hulle die krag benut wat tot hulle beskikking gestel is. Maar Ek het Self bepaal watter oergees sy intrek in die eerste mens moes neem. Want slegs Ek het geweet wie se verset teen My so afgeneem het, dat hy die laaste proef tydens sy lewe op aarde opgelê kon word. Ek het geweet wie se wil sou kon standhou teen die versoekings van My teenstander. En Ek het toe daarom ‘n oergees gekies wat eertyds aanvoerder was met die afval van die geeste, wie se sonde daarom swaarder op hom gedruk het en waar My Liefde bowenal daarna gestreef het om hom terug te wen, omdat ontelbare wesens hom sou gevolg het en die verlossing baie vinniger sou plaasvind. Ek het weliswaar sedert ewigheid geweet van die faling van hierdie oergees. Nogtans was hy, as gevolg van sy veranderde wil in die voorstadia, die sterkste gees, wat dus ook geregtig was om eerste in die toestand van die vrye wil geplaas te word en het daarom die beste vooruitsig gebied om die wilsproef te deurstaan. Die vorm van die eerste mens was, voordat hierdie oergees sy intrek hierin geneem het, ook vir Lucifer sigbaar, wat weliswaar geweet het dat hierdie vorm die deurgangspoort was uit die ryk van die duisternis, vanuit sy gebied na My Ryk, na die Ryk van die Lig. Hy het ook geweet dat hy – indien hy sy aanhang nie wil verloor nie - elke middel moes aanwend om van My - in hierdie proeftyd wat aan die mens toegeken is - die gees te ontworstel, om die proef tot sy voordeel te laat uitval. Die deur My geskape vorm was nog sonder lewe, toe Lucifer hom daarvan meester gemaak het om hom met sy gees lewe in te blaas, maar sy onbeteuelde gees het die vorm met geweld oopgebreek. En hy was oortuig daarvan dat elke gees wat in hierdie vorm gebonde was, hy sou oopbreek en dat daar vir hom nimmer meer gevaar van verlies sou bestaan nie. Hierdie poging het Ek toegelaat en Ek het aan hom bewys dat sy vermoede verkeerd was. Want die gees wat homself in die mens moes beliggaam, was deur die lang ontwikkelingsgang deur die skepping, nie meer van dieselfde wil as Lucifer nie. Hy het die laaste uiterlike vorm vrywillig betrek en die oergees was naby die oertoestand en die uiterlike vorm skyn vir hom geen kluistering te wees voor die sondeval nie. Want hy was heer oor die skepping, hy kon gebied as ‘n meester oor die aarde wat hom ter beskikking gestaan het, die aarde met al haar skeppinge. Hy was vol van mag en krag, - slegs ondergeskik aan My mag, Wie hom slegs een maklike gebod gegee het, waarvan die onderhouding daarvan hom alle opgelegde kluistering sou laat verbreek. Toe Lucifer dit besef, het hy middele gebring om die mens te hinder in die onderhouding van hierdie gebod. En omdat hy self die vorm van die eerste mens geken het, probeer hy ook om die vorm vir hom onverdraaglik te maak, deur die vorm as kluistering voor te hou, deurdat hy die vryheid van die vorm as afhanklik van die oortreding van die gebod voorstel en dus die oergees innerlik weer teen My opmaak, naamlik dat Ek hom nie volledige vryheid gegee het nie. Dit was ‘n bewustelike misleiding, waarteen die eerste mens weerstand kon gebied het, indien hy hom maar by My eenvoudige gebod gehou het, toe hy voorlopig genoeë geneem het met die besit van mag en krag, wat hom waarlik gelukkig gemaak het, totdat My teenstander ‘n onreine begeerte in hom ontsteek het, om groter te wees as die Een wat vir hom as mag bo hom herkenbaar was, van Wie hy op hoogte was en Wie se gebod hy desondanks verontagsaam het. Die sondeval van die eerste mens was derhalwe ‘n herhaling van die eerste val van die oergees. Hy het Lucifer gevolg en ontelbare wesens saam die diepte ingetrek, soos nou ook alle nakomelinge van die eerste mens so lank in ‘n toestand van swakke sondige mense beland het, totdat Jesus Christus hulle te hulp gekom het, totdat Jesus Christus vir die mense die wilskrag verwerf het deur Sy dood aan die kruis, totdat Jesus Christus Sy sterke Wil teenoor die versoekings van Lucifer geplaas het en hom bedwing het. Niks kon die eersgeskape wese, Lucifer, daartoe beweeg om die gang oor die aarde as mens af te lê, solank hy hom nog as heer van die geestewêreld gevoel het wat saam met hom van My afvallig geword het nie. Want hy self het die gang deur die materie, deur die skepping, vóór die skepping van die eerste mense nie gegaan nie. As wesenlike gees was hy volgens eie wil nog steeds My sterkste teenstander, hy het homself gesien as heer van die skepping, omdat dit die geeste bevat het wat aan hom behoort het, ofskoon hy self geen invloed op die geeste gehad het nie. In homself was daar dus nog ongebroke weerstand en hy het hom nooit enige dwang laat welgeval nie, hy het homself nooit vrywillig in ‘n vorm geskik wat My Wil geskape het nie, omdat hy alle vorme ten behoewe van die gees, alle skeppingswerke, haat en probeer om dit te vernietig. Maar die mag oor die skeppingswerke was hom ontneem, in plek daarvan is sy invloed op die gees toegestaan, toe hulle weer vry moes kies vir My of vir hom. Hy het ook geweet dat hyself nie ‘n vorm kon vernietig, sodra dit deur ‘n geestelike wese bewoon was nie en daarom het hy die vorm van die eerste mens vooraf in oënskou geneem. Want sy doel was om die oergees, wat daarin beliggaam moes word, daartoe aan te spoor om self sy uiterlike vorm oop te breek, omdat hy geglo het dat dit hom dan sy vryheid sou gee wat Ek die geestelike deur die skeppingswerke ontneem het. Hy wou My verhinder om My heilsplan te voltooi. Die vyandskap tussen My en hom bestaan sedert sy afval en sal van sy kant nooit opgehef word nie, alvorens hy homself as volledig kragteloos sal sien en in die diepste swakheid en nederigheid vir die skenking van krag sal smeek. Daarom was dit ook onmoontlik gewees om aan hom die eerste mensevorm as verblyfplek te gee. Want in hom was daar nie die wil om omhoog te gaan nie, terwyl die geeste, wat in ‘n toestand van gebonde wil deur die skepping gegaan het, se eertydse weerstand teen My verflou het en die verset teen My en die krag van My Liefde, wat hierdie geeste nou opgegee het, bewys moes word. En Lucifer het geweet hoe vêr hierdie geeste reeds van hom verwyder was. En hy het ook geweet dat daar nou ’n gevaar bestaan het om hulle heeltemal te verloor. En omdat die oergees wat in die eerste mens beliggaam was, eens ‘n groot steun vir hom was, was daar vir hom besonder baie geleë aan sy val. Hy was egter ook op hoogte van sy huidige verlange om vry te word van alle materiële kettings. By hierdie oergees het Ek nou ‘n tweede wese gevoeg wat hom moes ondersteun, maar wie ook ter beproewing van sy wil moes dien. Die een moes die ander bystaan, om die laaste doel te bereik. Ek het die verantwoordelikheid nie net op één skouer geplaas nie, Ek het die gebod aan albei gegee en hulle kon gesamentlik die doel bereik. En Lucifer het gebruik gemaak van die tweede wese, wie se verswakte wil hy herken het en deur wie hy gehoop het om sy doel te bereik. Die wilsproef moes geëis word van die eerste mensepaar en ter beproewing moes ook die teenkragte kon werk, want ook Lucifer sal stry om sy skepsels, wat hy nie wil prysgee nie, ofskoon hulle ook aan My behoort. Sy plan het geslaag, maar dit het My desondanks nie daarvan weerhou om ontelbare wesens daarna die moontlikheid te bied om hulle te omvorm tot mense op hierdie aarde en dus ’n steeds hoër graad van rypheid te bereik nie, ofskoon deur die val van die eerste mensepaar, die poort na die ligryk gesluit gebly het, totdat Jesus Christus gekom het. Deur die eerste sonde was die verlossing van die geestelike wesens uitgestel, maar nie opgehef nie, want waarmee die eerste mense nie geslaag het nie, dit het die Mens Jesus bereik. Hy was sterker as My teenstander, want Hy het van My Krag gebruik gemaak. Hy was en het deur die liefde met My verbind gebly en het vrywillig gedoen wat die eerste mense nie as gebod nagekom het nie. Hy het Hom volledig na My wil geskik en Sy oorgawe aan My deur Sy lyding en sterwe aan die kruis bewys. Hy was op hoogte van die oerskuld en van die tweede skuld van die eerste mense en om hierdie skuld te delg, om hierdie mense te verlos, het Hy My die offer gebring wat Ek toereikend gevind het. ‘n Offer wat die poort na die geesteryk, die weg na My, weer geopen het en waardeur al My skepsels, wat Hom as die Seun van God en Verlosser van die wêreld erken het, nou salig kon word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205