BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die belewenis van Saulus - Genade 5803 'n Ongewone belewenis kan steeds as genade beskou word, omdat dit steeds daartoe kan bydra om die gedagtes van 'n mens in die regte rigting te lei. Dit kan egter net so goed as net suiwer aards beskou en beoordeel word en dan het die genade ook sonder spoor by die mens verbygegaan. En sou julle mense aan alle gebeure dink wat julle self oorgekom het, wat altyd vir julle die veroorsaak was om die verbinding te soek en te vind met Hom wat julle lot bestuur, sou julle in elke ongewone voorval 'n vingerwysing van My herken het, dan sou waarlik geen genadestraal julle sonder uitwerking getref het nie en julle sou julle buitengewoon ryk met genade bedink voel. Maar julle mense skenk min aandag aan My duidelike leiding. Julle beleef alles as vanselfsprekend. En wat vir julle ongewoon lyk, is vir julle net toeval. Dit is vir julle maar net 'n vreemde sameloop van gebeure, wat ewenwel onbelangrik is. Julle verwag tekens en wonders. Julle maak vir elkeen van julle afsonderlik aanspraak op onmiskenbare bewyse van My bestaan en My werksaamheid. Dit sal vir jou siel egter geen voordeel oplewer nie, omdat sy deur die werksaamheid van haar eie wil verhinder sal word en nou deur hierdie insig aangespoor word tot wil en tot handeling; deur insig wat sy sal moet verwerf om 'n seënryke uitwerking te hê. Dit wat julle mense onder dwang sou doen, sou nie as 'n vrywillige daad beoordeel kan word nie. Dus skakel Ek weliswaar alles uit wat as dwang op julle sou kon inwerk, maar sonder dat julle niks kry nie. Maar waar 'n siel sterk genoeg is om nie 'n groot belewenis as geloofsdwang te beskou nie, daar bestaan ook geen gevaar van onvryheid vir hierdie siel nie. Swak siele sou hulle deur ongewone genadegawes geïmponeer voel en dus ook glo, as hulle vooraf ongelowig was. Maar 'n sterk siel laat haar nie van wysie af bring nie, want nie alle gebeurtenisse is ‘n honderd persent bewysbaar nie. Elke gebeurtenis wat 'n mens op ongewone wyse oorkom, hoef nie persé op hom indruk te maak nie, want hy bedink baie verklarings daarvoor, soos sinsbegogeling, 'n mislukking van die gesondheid, 'n natuurverskynsel. Hy kan vir homself alles natuurlik verklaar as hy wil. En 'n wilskragtige siel sal veel eerder hierdie verklaring laat geld as om in 'n honderd persent afdoende bewys te glo wat 'n openbaring van My kant af is. Maar sulke voorvalle wat hom buitengewoon tref, kan diep in sy denke ingryp. Hy kan leer om anders daaroor te gaan dink. Hy kan die moontlikheid aanvaar en met so 'n moontlikheid rekening hou, om welke rede hy dan nog steeds sy eie wilsbesluit moet neem. Dit is vêr van My om deur ongewone verskynsels, wat as ’n genadestroom bestempel word, die wil van 'n mens daartoe te bring om te verander, sodanig dat hy dus sal moet glo wat hy tevore nie wou glo nie. Maar `n siel wat worstel om die Waarheid, wie se denke en dade gebaseer is op die wil om die regte ding te doen, so 'n siel kom Ek te hulp tot die mate dat Ek haar vooraf in die war bring sodat sy nou opnuut haar denke moet orden. En hierdie mens sal nou 'n beter oplossing vind as voorheen. Elke ongelowige mens help Ek deur 'n ongewone belewenis om sy denke te verander. Maar die meeste gaan blind daar verby. Hulle soek steeds 'n suiwer natuurlike verklaring en stel hulself daarmee tevrede. Dus word hulle deur genade geraak waarby hulle hulleself nie werksaam laat word nie. Elke mens ondervind belewenisse soos Saulus, wat hom in 'n Paulus sou kon verander. Saulus het sy verskyning gewoonweg uitgelê as 'n duidelike openbaring. En ook die stem wat hy gehoor het - wat egter ook nou in vele menseharte verneem word - was vir hom sonder twyfel die Stem van God. Dit het egter nie duideliker of meer oortuigend geklink as deesdae, wanneer Ek 'n mens toespreek om hom te waarsku of aan te maan, om hom te wen nie. Maar sy oor het daarna geluister, terwyl die mense deesdae hul ore sluit. Sy verstand het moeite gedoen om die regte gevolgtrekkings te maak. Dus was 'n geringe aansporing voldoende om sy wil te verander. En hy het sy belewenis so weergegee, soos wat dit op hom indruk gemaak het, waar baie mense sou verbygegaan het, sonder om dit op hulle te laat inwerk. Ek ken elke siel en Ek gee elke siel wat sy nodig het en wat haar kan help om salig te word. Maar nie elke siel neem aan wat My Liefde haar bied nie. Nie elke siel sal die genade by haar werksaam laat word nie, maar elke siel kan onbeperk ontvang. Maar sy word nooit onder dwang daartoe gebring om die genade aan te neem nie. En daarom word die vryheid van wil ook nooit deur sulke ongewone belewenisse belemmer, sodat hulle moet glo nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205