BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verskynings van Maria 5806 Wat julle ookal ooit sal vra, sal aan julle gegee word indien dit julle siel tot heil sal strek. Ek open My Oor vir elke geestelike vraag en Ek laat almal almal se insig groei. En so stel Ek ook reg wat as verkeerde leringe by julle mense ingang gevind het. Maar My Woorde sal maar deur weinig mense geglo word, want hulle is al te erg verstrik in die dwaling dat dit so vinnig uitgeroei sou kon word, ofskoon net `n gesonde verstand al die onsinnigheid sou moes insien, van wat aan hulle as waarheid voorgestel word. Ek is daarom waarlik druk besig om die mensekinders die weg na My te laat vind en Ek sou waarlik alles doen om aan hulle 'n helder lig te gee. Maar steeds moet Ek rekening hou met die vrye wil van die mens en daarom kan Ek nie openlik 'n gebou inmekaar laat stort, wat die mense vir hulleself gebou het nie. Ek kan nie die gedagtegang van die mense deur dwang korrek lei nie. Ek kan hulle steeds maar net opheldering gee, waardeur hulle vanself korrek sou kon leer dink, indien hulle dit wil hê. Die wil is juis by baie mense buitengewoon sterk op die dwaling gerig en hulle hou hardnekkig daaraan vas. En die dwaling bestaan daarin dat die mense 'n pad kies, wat nie direk na My lei nie, dat hulle 'n doel nastreef en alle kragte daarvoor gebruik, wat hoër geplaas word as Ek, wat egter menslik begrepe wil sê: “Jy sal geen vreemde gode het naas My hê nie”. En dit is die werk van My teenstander, wat probeer om hierdie mense wat die regte wil doen, in die war te bring. Dit gaan oor die wilsvryheid van die mens, oor die keuse tussen My en hom, wat die enigste doel van die aardse lewe is. Om My nou uit die gedagtes van die mense te verdryf wat nie openlik aan hom behoort nie, probeer hy aan hulle die nastrewe van 'n skynbaar gelykwaardige doel waardevol maak. Hy werk teen My, onder die dekmantel van vroomheid – wat die bereiking van die hele wilskrag en onverdeelde strewe verg - en hy ontneem dus die mense baie tyd, wat skynbaar gebruik word vir geestelike strewe. Hy het oral ‘n goeie basis vir sy werksaamheid teen My, waar 'n tweede beeld naas My al gestig was; waar die verering van die Moeder van God - Maria - vêr bo die strewe na innige aaneensluiting met My staan. Daar het hy ‘n maklike spel en hy kom as 'n engel van die lig om die mense in des te groter duisternis agter te laat. Weliswaar kan wesens van die lig hulleself ook met My toelating sigbaar maak vir die mense, waar groot geestelike nood dit vereis, maar hulle sal steeds alleen op My wys. Hulle sal die mense in 'n waarheidsgetroue denke probeer lei. Hulle sal die mense wil bekeer van die dwaling, maar nooit 'n reeds bestaande dwaling bevestig nie, deurdat hulle hulleself by hierdie dwaling probeer aanpas. En nooit sal ligwesens, wat in My opdrag die mense wil help, hulself aan onmondige kinders openbaar nie, want elke openbaring uit die geestelike ryk het ten doel om My Wil aan alle mense te verkondig. My teenstander wil egter maar net verwarring stig. My teenstander wil alles teengaan wat 'n verlossende gevolg kan hê. My teenstander wil die innige tweegesprek met My verhinder; die gebed in gees en in Waarheid, wat maar net uit kort woorde of innige gedagtes kan bestaan, deurdat hy die mense aanpor tot die verrigting van meganiese gebede, om homself as 'n engel van lig geloofwaardig te maak. En daardeur wil hy die mense van kosbare tyd beroof, wat hulle beter vir hul eie vervolmaking sou kon gebruik het, as hulle hul in alle eenvoud en liefde tot My wend en om My genadevolle hulp wil vra. My teenstander werk met baie lis en slinksheid. Hy deins nie daarvoor terug om homself in 'n gewaad te hul nie; in die gewaad van die Koningin van die hemel, van die suiwerste en mees ligvolle Wese, wat My in vurige Liefde toegedaan is. Wie geen ander doel ken as om die mense op aarde na My toe te lei en Wie daarom nooit op die voorgrond wil tree om die gedagtes van die mens op Haarself te fokus, vanuit die insig van die lewensdoel en die bestemming van die mens op aarde nie. Tog verhinder Ek nie My teenstander se werksaamheid nie, want al hierdie verskynings is die wonders van die valse christusse en profete; die wonders wat uit verkeerde denke en verkeerde geloof voortkom, wat aan hom die reg en die vermoë gee om sigbaar te word en wat maar net homself versterk, sodat die dwaalleringe steeds vaster geglo word. Maar Ek bekommer My steeds liefdevol oor hulle wat op dwaalweë gelei word, wat van goeie wil is, deurdat Ek My in hul gedagtes dring, sodat hulle die ware doel kan insien en met behulp van die ligwesens, wat in My opdrag werksaam is, tog die lig bereik. Maar vir hulle wat nie dink nie, word die weg na My ten seerste verleng, want solank hulle die ballast nie uit die sal wegruim nie, sal hulle ook nie die kortste weg vind wat egter begaan moet word om by My uit te kom nie, naamlik die weg van die suiwer Waarheid, waarop elkeen binne ‘n kort tydjie die doel kan bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205