BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die geboorte van Jesus - Lig 5832 Julle sal almal huiswaarts moet keer, na die Vader toe. En julle sal almal vir ewig geluksalig moet wees. En om hierdie doel te bereik doen Ek alles, omdat Ek julle liefhet vanaf die allereerste begin en sal bly liefhê tot in ewigheid. Ek sal nooit toelaat dat My teenstander julle vir ewig in besit neem nie, omdat julle kinders van My Liefde is en die Liefde vir ewig nooit sal afstand doen van dit wat Haar aandeel is nie. En so sal dit vir julle ook begryplik wees waarom Ek Self na die aarde neergedaal het, te midde van die wêreld van My teenstander, na My skepsels wat van My afgeskei het. My teenstander wou My aandeel betwis. Hy wou dit vir ewig van My geskei hou en hy het My skepsels in sy mag gehad. Dus moes Ek hulle uit hierdie mag verlos, indien Ek hulle weer wou terugkry by My. Daarom het Ek afgekom na die aarde, want My Liefde het My na die ongelukkig gewordenes toe getrek en wou hulle weer onuitspreeklik gelukkig maak. En My Liefde het 'n weg gebaan waaroor die gevallenes kon terugkeer na die Vaderhuis. Ek het teenoor My teenstander alle skuld op My geneem en aan hom die losprys vir alle siele in die diepte betaal. Ek het Myself geoffer. Ek het My lewe aan die kruis gegee. En dus het Ek My kenbaar gemaak in 'n Mens, omdat die offerdaad te midde van die mense gebring moes word en omdat slegs dit wat sigbaar gebeur het, vir die mense betekenis kon hê. Omdat die mense self die skuld moes betaal en omdat so 'n genoegdoening - deur mense verrig - eindeloos baie lyding en smart in die aardse lewe sou beteken, wat My Liefde die mense wou spaar. Ek het na die aarde gekom. Die Liefde het 'n menslike vorm betrek, My Liefdesgees het in die Kindjie Jesus intrek geneem met 'n werk van erbarming van unieke aard as doel. Want wat die Mens Jesus op Hom geneem het en ten uitvoer wou bring, was so geweldig dat dit maar net moontlik was deur My Liefdeskrag, wat die Mens Jesus in oorvloed verwerf het, om vir sy medemens te kon ly en sterf. Hy het die verlossingswerk met My volbring. Of anders gesê: Ek Self het dit in die Mens Jesus volbring, dus het Ek Mens geword. Jesus is God, omdat Hy die Liefde in alle volheid in Hom gedra het. Daar was geen groter geheim as die menswording van God in Jesus nie. En tog was ook hierdie geheim verstaanbaar vir die mens wat die begrip "Liefde" verstaan het, wat in My oneindige Liefde vir My skepsels die rede gesoek het, dat die ewige Liefde Haarself beliggaam het in 'n Mens, Wie in vrye wil Sy eie vergoddeliking deur die Liefde bereik het. Ek kon My slegs in so `n mens sigbaar maak. En Ek het aan die mense deur 'n ongewone geboorte en die begeleidende verskynsels bewys dat Ek die regte uiterlike vorm gekies het; dat slegs 'n uiterlike vorm sonder sonde My verblyfplek kon wees, wat Homself egter nou Self vrywillig so moes vorm, dat Hy 'n houer van die Goddelike Liefdeskrag kon word en bly, ook as vyandige kragte op Hom ingewerk het en My uit Hom probeer verdryf het. Die Mens Jesus moes die vergoddeliking nastreef en bereik en die sondeskuld as Mens tot niet maak. Maar die Liefde het Hom tot Sy verlossingswerk bestem, wat Hy nooit sonder Liefde sou kon volbring nie. Tevore het daar 'n diepe duisternis oor die aarde gelê. Want alle mense was nog aan die vors van die duisternis oorgelewer, wat geen lig na hulle laat kom het nie. Toe het die lig van bo af neergedaal en lig in die duisternis gebring, sodat dit nooit weer geblus sou word nie. En wie aan die Goddelike Verlosser dink, sal die lig ontvang, wie hom deur My Liefde sal laat verlos, wie onder Sy kruis gaan staan en wie die weg sal bewandel wat Jesus gegaan het: Die weg van liefde en leed. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205