BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Jesus as baba 5835 ‘n Redder is vir julle gebore, die Verlosser, Wie van Bo gekom het om julle te bevry en verlossing vir julle te bring. Julle mense het uiterste teenspoed gely, want julle was gevange gehou deur Satan, julle was in sy mag en het nie oor die wilskrag beskik om julle van hom te bevry nie. Julle siele was siek en 'n Geneesheer moes kom om julle te genees; ‘n sterk Verlosser moes kom om julle te bevry. Een moes kom om julle vrede te bring. Verlossing het na die aarde gekom deur 'n Kind wat tussen julle gebore was, wat in groot armoede in die wêreld, in 'n stal gebore is. Tog het slegs Sy geboorte reeds getuig van sy Goddelike oorsprong, Sy buitengewone taak en Sy groot liefde vir mense, want 'n baie helder lig het bokant die Kind geskyn en die lig het in die harte gekom van diegene wat toegelaat is om dit te aanskou en wat Sy goddelike sending herken het. Want die Ewige Lig het Self aarde toe gekom, Sy het in die duisternis geskyn, wat 'n skaduwee oor die hele aarde gegooi het. Die Ewige Liefde het Haarself beliggaam in die kind Jesus en die straal van liefde het helder geskyn in hierdie betekenisvolle nag toe die kind Jesus in die wêreld gekom het. En die menslike ras moes bly gewees het en gejuig het oor die ewige Liefde se daad van medelye, om af te daal na die aarde en lig te bring in die duisternis. Maar die mense het hul oë gesluit om nie die lig te sien nie, behalwe vir 'n paar wat geweet het van hul Verlosser en om hulp geroep het, wat gevra het vir 'n Verlosser en blymoedig hulself oopgemaak het vir die Lig van Bo. En vir hierdie paar het die Ewige Liefde gekom om te help en dit het gebeur soos wat dit lank gelede deur sieners en profete verkondig was. Die Messias het in die wêreld gekom, die Bringer van Lig. Die Seun van God het afgekom na die aarde toe, Hy wou die wêreld verlos van sonde, want Hy was jammer vir die mensdom wat, neergebuig onder droefheid, amper gebreek het onder die las van die sonde en nie in staat was om hulself te verdedig teen die beperkings wat God se teenstander op hulle geplaas het nie. Hierdie beperkings het veroorsaak dat die mensdom toenemend meer gedwaal het na die diepte, omdat hulle elke bevel deur die vyand van die siele gehoorsaam het, omdat hulle te swak was om weerstand te bied, wat daardeur net hulle sondelas vermeerder het, waarvan hulle nooit in staat sou wees om hulself te bevry nie. Die Seun van God het afgekom na die aarde. ‘n Mees verhewe Wese van Lig van God af, Wie geweet het van die gevalle mense se swaarkry en homself aangebied het om die oneindige groot sonde namens die mensdom te dra en om hulle te verlos deur 'n Self-offer op die aarde as 'n mens, deur 'n uiters pynlike dood aan die kruis. Hierdie Ligwese het woning gemaak in die kind Jesus ten einde Sy doel te bereik om die mensdom van sonde en die gevolge daarvan te verlos. En die helderste Lig het geskyn toe die Kind gebore is, 'n Lig wat almal wat van goeie wil was, geroep het, wat gewag het vir hul Verlosser en wat smekend tot God gebid het in hul nood. Dit was 'n daad van genade van ondenkbare betekenis, want die hele heelal het daaraan deelgeneem. Hemel en aarde het aan mekaar geraak op die oomblik van Jesus se geboorte. Die brug is gevestig van die een koninkryk na die ander. Oorlog is verklaar teen die teenstander van God deur die mens Jesus, wat dan ook geseëvier het. Want Hy het geveg vir en saam met God, Wie Hom na die aarde gestuur het en woning in Hom geneem het, wat Hom heeltemal deurdring het. So het God Homself geopenbaar omdat Hy, die ewige Liefde, in staat was om volle besit van 'n mens te neem Wie die liefde in Homself ontvou het tot die uiterste volmaaktheid. Wie Homself gevorm het in 'n houer vir die goddelike Gees, in ’n houer van die Ewige Godheid. Hy kon tereg sê: "Ek en die Vader is Een.” Hy het vir die mense verlossing gebring, Hy het aan hulle Lig gegee, Hy het Verlossing gebring vir hulle siele, want deur Sy kruisiging het Hy die een oorwin wie die siele in die diepte wou hou en van wie die mense nie in staat was om hulself op hul eie te verlos nie. Hy het hulle Verlosser, hulle Redder van sonde en dood geword. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205