BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Stryd van die geloof - Vegters vir God 5840 Ek het vir My 'n leër van vegters opgelei wat die stryd opgeneem het teen die vyand van siele en teen almal wat julle in hul ongeloof treiter en dus teen My is. Hulle behoort almal aan die kamp van My teenstander. My vegters het My egter as hul bevelvoerder en Ek sal hulle waarlik tot oorwinning lei in die laaste stryd op hierdie aarde. Want dit is waarlik so, die geloofstryd, wat binnekort met My klein kudde sal gebeur, waarin hulle hulself sal moet bewys en waarvan Ek hulle sal red, soos Ek verkondig het. Hierdie toetstydperk moet nog oor My Eie kom en daarom sal hulle buitengewoon versterk moet word ten einde te kan volhard, want My teenstander sal in 'n hewige en wreedaardige manier voortgaan teen hulle om hulle te laat wankel in hul geloof. Hul kontak met My sal hulle almal egter merkwaardige krag gee. En dit is waarom Ek julle aanhoudend waarsku: Hou vas aan My, moet My nie laat gaan nie, maar sluit al digter by My aan, vestig 'n opregte band met My, sodat julle te alle tye jul gedagtes aan My kan oordra, sodra die geringste weerstand in julle opkom, wat altyd My teenstander se manier van doen is. Julle kan enigiets bereik, enigiets vermag en enigiets oorwin, as julle slegs My teenwoordigheid in julle toelaat, wat reeds gewaarborg is deur julle opregte wil om My eie te wees en te bly. Julle intieme gedagtes, 'n gebed in gees en in Waarheid en konstante werke van liefde verseker julle ook van My deurlopende hulpvaardigheid, My Krag van Liefde en My Genade. En dus is julle altyd toegerus en in staat om alle aanslae van My teenstander te hanteer, want dan sal julle hom nie langer op jul eie hoef te beveg nie, maar julle sal My aan julle kant hê en hy sal met absolute sekerheid wegvlug van My straal van Lig af. En julle sal altyd in staat wees om oor hom te triomfeer, solank julle by My bly, solank as wat julle deur die skild van geloof en liefde beskerm word. Wanneer julle egter jul oë sywaarts laat dwaal, wanneer hulle na die wêreld gedraai is en julle die skild wat julle beskerm laat sak, wanneer julle My maar net vir ‘n kort tydjie uitsluit en dus die wêreld tussen My en julle laat inkom, dan sal julle in ernstige gevaar wees en Ek wil julle hierteen waarsku soos 'n liefdevolle vader sy kinders waarsku om nie hul eie gang te gaan nie, maar altyd naby die vader te bly, sodat hy hulle kan beskerm in geval van dreigende gevaar. Dit is bloot uitroepe van liefde wat Ek herhaaldelik na julle stuur, want Ek bekommer My oor jul redding en omdat Ek julle alle onnodige stryd wil bespaar, want Ek ken jul harte se diepste besef van die doel en sal julle nie laat dwaal nie. Julle kan egter jul paaie baie moeilik maak as julle nie aandag gee aan My Woorde nie. Julle sal My vegters wees en bly en behoort julle voor te berei vir hierdie finale stryd op aarde. En dit vereis dat julle nie die band met My verbreek nie, dat julle nêrens gaan sonder My nie, dat julle so toegewyd sal wees aan My dat julle My teenwoordigheid sal begeer, wanneer en waar dit ookal mag wees. Julle moet 'n groot hoeveelheid krag versamel wat nie weer sal verminder wanneer julle jul finale stryd gaan begin nie. Ek sal julle waarlik na 'n oorwinning lei, soos wat Ek julle belowe het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205