BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 246

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die nood van die siele in die hiernamaals - Jesus Christus 5855 Bedink die nood van die siele in die geesteryk wat onvolmaak gesterf het, wat op aarde geen geloof gehad het aan `n voortlewe na die dood nie en wat hulle nou oorgeplaas is na donker, verlate streke sonder lig en sonder vrede. Hulle dwaal rond en vind nie die weg nie. Hul lot is treurig, want hulle is gewoonlik eensaam, of saam met net sulke ongelukkige wesens. En omdat alle geloof by hulle ontbreek, soek hulle ook geen toevlug tot God nie, want hulle kom daarbo aan soos wat hulle hier gesterf het en hul gedagtes gaan nog in dieselfde rigting as op aarde. Hulle meen net dat hulle lokaal oorgeplaas is en dink ook nie daaroor na, hoe so iets kon gebeur nie. En daarom bevind hulle hulleself in groot geestelike nood en hulle ken geen uitweg daaruit nie. Mense wat geen liefdevolle gedagtes navolg in daardie ryk nie, kan dikwels eindeloos lank in hierdie toestand bly. En hierdie siele is buitengewoon betreurenswaardig en tog kan hulle net gehelp word deur voorbidding, dat hulle krag oorgedra kry om hul wil korrek te rig. Maar volg 'n siel hulpvaardige gedagtes na, dan ervaar sy dit ook as weldadig en sy hou haar voortdurend op in die nabyheid van diegene van wie die kragstroom uitgaan. Dan sal die siel ook makliker 'n uitweg vind vanuit haar toestand. Sy sal dan nie wegsink in 'n apatiese toestand nie, maar sal haar maklik die weg laat wys deur hulpvaardige leiers. Die ongeloof eis die meeste slagoffers, want 'n siel wat op aarde nie wou glo nie, kan in die geestelike ryk nie 'n uitweg gewys word wat sy steeds verwerp nie. En daarom moet so `n siel eers bewus word van haar kwellende toestand, waarin sy beland het deur haar ongeloof. In haar grootste verlatenheid is sy dankbaar wanneer 'n wese haar nader en dan neem sy ook onderrig aan. Sy sal daaroor nadink en sal al ‘n mate van verligting bespeur wanneer sy gewillig raak om dit aan te neem, terwyl haar kwellings nog groter word indien sy haarself daarteen verset. Van die kant van God word alle moontlikhede benut om ook hierdie siele wat in duisternis is, nog te help om in die lig te kom. Maar die vrye wil bly ook in die ryk hierna onaangeraak en daarom is 'n groot verlossingsarbeid nodig om hierdie wil te verander, sodat sy haar na God toekeer, sodat die siel tot insig kom, sodat sy 'n Heer bo haar sal erken aan Wie sy haarself nou moet oorgee, indien sy uit haar kwellinge bevry wil word. Sy moet leer glo, want slegs deur die geloof sal hulle die liefde van die Goddelike Verlosser Jesus Christus verstaan. En slegs in die geloof sal hulle Hom moet aanroep en dan sal hulle ook gehelp word. Sou die mense weet hoe vreeslik die uitwerking van ongeloof by hulle is na hul liggaamlike dood, dan sou hulle waarlik al op aarde alles gedoen het om tot sekerheid te kom oor wat daar van hulle verlang word om te glo. Hulle sou opheldering wou verkry om die goeie te doen op aarde. Maar die kwellinge van sulke siele kan wel aan mense beskryf word, maar daar kan aan hulle geen blik in die geestelike ryk verleen word nie. En daar verlaat tallose siele die aarde in 'n toestand van totale ongeloof. En gelukkig is diegene wat so op aarde geleef het dat hulle goeie gedagtes sal navolg. Gelukkig is diegene aan wie in voorbidding gedink word en aan wie krag daardeur oorgedra kan word. Want wesens sal hulle spoedig by hulle voeg en sal hulle lei na die Bron van die lig. Maar die siele wat weinig hulp kry, of wat die helpers verwerp, sal eindeloos lank in die duisternis bly en die weg na Jesus Christus nie vind nie, Wie die Enigste is wat hulle sal kan verlos uit die nag van die dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205