BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 248

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Sonde kry die oorhand – Geloofstryd en die einde 5860 Wanneer die sonde sterk sal toeneem, wanneer daar onder die mense geen geloof meer sal wees aan die Geregtigheid van God nie, wanneer die mense onverantwoordelik sal lewe en hulle drifte vrye loop laat neem, wanneer daar geen liefde meer onder die mense sal wees nie, wanneer al hulle begeertes slegs sal gaan oor die wêreld en haar goedere; dan het die einde aangebreek en sal die Skrif vervul word en die voorspellings van die profete, wat in opdrag van God telkens die eindtyd aangekondig het, sal bewaarheid word. En as julle mense om julle heen kyk en alles wat op aarde gebeur met oop oë gadeslaan, dan sal julle, wat van goeie wil is, besef in welke uur julle leef. Julle sal insien dat dit alles tekens van die naderende einde is, dat die mensdom self die einde na hulle toe trek, omdat hulle in sonde leef en omdat hulle hul God nie meer ag nie. Daar is nog mense wat nie heeltemal bedorwe is nie, wat nog nie heeltemal aan die teenstander van God behoort nie, wat egter geen geloof besit nie en daarom onnadenkend voortlewe, maar hoe nader dit aan einde kom, sal hierdie mense ook al hoe minder word. Van hulle sal wegsink en in die mag van God se teenstander beland en ‘n deel van hulle sal weggeroep word uit die lewe na die hiernamaals. En die verdorwe en sataniese mense sal toeneem en slegs ‘n klein aantal sal aan God getrou bly en volgens Sy wil op aarde lewe. En diesulkes sal baie ly deur die teenstander, want hulle sal gehaat en vervolg word terwille van hulle geloof. En sodra daar openlik opgetree word teen almal wat God bely in Jesus Christus, sal julle kort voor die einde staan. Dit is ook al lank gelede aan julle verkondig dat julle julself sal moet verantwoord en voor die regters sal moet verskyn, terwille van die Naam van Jesus. En sodra elke geestelike strewe vyandig bejeën word, sodra God se dienaars op aarde verhinder word om te arbei vir die Ryk van God, sodra hulle gehoon en belaglik gemaak word vanweë hul geloof, het die tyd gekom waarin die sataniese kragte werksaam sal wees en sal woed teen alles wat op God gerig is. En al die swakkes, wat nog nie totaal boos geword het nie, sal weggeroep word van die aarde, sodat hulle nie heeltemal in die hande van God se teenstander sal val, wanneer die laaste dae sal aanbreek, waarin daar op so ’n manier teen die gelowiges opgetree sal word, sodat slegs die wat ’n sterk geloof het, - mense wat heeltemal op God vertrou -, sal standhou, omdat die geloof hulle die krag sal gee en omdat God hulle sigbaar kan bystaan vanweë hul geloof. En dan sal die aktiwiteit van die satan duidelik word, want hy sal hom beliggaam in alle mense wat aan hom behoort deur hul gesindheid. En almal van hulle sal dade verrig wat om vergelding skreeu en die vergelding sal kom, die dag sal aanbreek waarop aan al die doen en late ‘n einde sal kom, waarop die Geregtigheid van God tevoorskyn sal kom en almal se werke openbaar sal word. Die dag sal kom dat regspraak gehou word, soos dit geskryf is, waarop elkeen die loon sal ontvang wat hy verdien, waarop God se Woord vervul sal word, omdat Sy die Ewige Waarheid is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205