BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 252

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die Gees van God werk waar Hy wil 5864 Die Gees van God werk waar Hy Wil, want God alleen weet waar Sy Gees Hom sonder weerstand kan openbaar. Hy alleen weet wie Sy boodskappe sonder weerstand sal aanneem en daarvan gebruik wil maak en Hy alleen weet welke begaafdhede die werksaamheid van Sy Gees sal toelaat. Sy Wil is dat die Waarheid ingang sal vind onder die mense, waardeur misvattings en leuens so belig sal word, dat dit as sodanig deur die mens herken kan word. Dit is Sy Wil dat die mense die weg tot saligheid leer vind, ‘n weg wat steeds die Weg van die Waarheid is. Daarom is Hy steeds daarop uit om mense die Waarheid te laat toekom, omdat Hy alleen daardie één doel voor oë het, naamlik die saligheid van Sy skepsels. Op aarde, waar Sy teenstander heers, sal die Waarheid steeds deur sy invloed bestry en verontreinig word, dit sal steeds met leuen en dwaling vermeng word, omdat die doel van God se teenstander is om die Waarheid van die mense te weerhou, om die strewe na en die aanneem van God, te verhinder. Daarom moet die suiwer Waarheid steeds weer van Bo na die aarde toe gebring word, wat egter slegs deur die werking van die Gees, dit wil sê, deur die uitstorting van die Gees oor die mens kan geskied. En hierdie mense kies Hy Self, want Sy Gees werk waar Hy wil. Die werk kan slegs deur die vrye wil plaasvind, want nooit word dwang deur God uitgeoefen om ‘n mens te beweeg om die Waarheid aan te neem nie. Dit is altyd ‘n aangeleentheid van die vrye wil van die mens en so ‘n wil wat aan God oorgegee is, is sekerlik aan Hom bekend. Die vrye wil open as te ware die hart van ‘n mens, sodat God se Gees die hart kan binnestroom. Daarby bestaan die moontlikheid dat die stroming van die Gees die hart vertroebel kan binnekom. Waar daar egter aan die voorwaarde voldoen is dat God ‘n mens die suiwer Waarheid kan gee, daar is die geestelike beskutting ook aanwesig, wat die onreine en duistere kragte teëhou. Want ‘n mens wat homself en sy wil geheel aan God toevertrou het, staan in die “ligkring” van God, wat nie deur duister wesens betree mag word nie. Dit is dus God se Wil dat die Waarheid na die aarde gebring word, daarom is dit verstaanbaar dat dit sal geskied deur ‘n mens waarvan die wil heeltemal opgegaan het in die Wil van God. Daardeur word die binnesluip van God se teenstander nie meer toegelaat nie en God kan nou beskermengele opstel, omdat die mens Hom deur sy wil, wat na God gekeer is, die reg daartoe gegee het. Dan toon hy ook self die werksaamheid van God se Gees, deurdat ‘n helder lig die hart van die mens binnestroom, waarvoor elke wese van die duisternis vlug. Die rede waarom God steeds opnuut die Waarheid na die aarde stuur, is geleë in Sy liefde vir Sy skepsels, wat Hy tot saligheid wil lei en daarom mag daar dus nie getwyfel word dat Hy Sy Wil ook sal verwesenlik nie. Hy sal dan ook, verstaanbaar, die mense kies wat vir die aanneem van die Waarheid van Bo in aanmerking kom, maar Hy sal hierdie uitverkorenes so lei dat hulle geen dwaling sal aanneem nie. Anders sou dit onmoontlik gewees het vir Hom om die suiwer Waarheid aan die mensdom te gee. Weliswaar moet nadruk daarop gelê word dat daar eers van ‘n uitstorting van die Gees gepraat kan word, wanneer dit gaan oor die toekom van geestelike kennis. Onder die stuur van die suiwer Waarheid deur die werke van die Gees, word slegs verstaan, die kennis oor geestelike gebiede, dus die verkryging van ‘n insig in dit wat Goddelik-geestelik genoem kan word. God kan en sal die mense ook opheldering oor aardse dinge gee, maar dit gebeur egter in die gedagtes, waarby die juistheid van hierdie gedagtes weer afhanklik is van die geestelike vlak van die mens. Die uitstorting van die Gees kan nooit met aardse wetenskap of studie in verband gebring word nie, derhalwe moet geestelike en aardse kennis steeds geskei word. Beide hierdie val nie saam onder die begrip “ontvang van die Goddelike Waarheid” nie, ofskoon die denke van ‘n mens ook deur die Gees verlig kan word, wanneer hy trag om in die Goddelike orde te lewe. In so ‘n besondere geval kan die denke ook volgens die Waarheid wees. Sodra julle alle aardse sake uitsluit en julle slegs die geesteryk vir julleself tot doel van julle verlange stel, sodra julle poog om julle kennis op geestelike gebied te vergroot en julle slegs die toestand van julle siele wil verbeter deur net aan te neem wat nuttig is vir haar, sodra julle julleself net bepaal by dit wat vir julle siele ‘n lewe in die ewigheid sal verseker en geen ag sal slaan op wat die liggaamlike lewe op hierdie aarde betref nie, streef julle die geestelike na en sal die Gees in julle die leiding oorneem. Sy sal Haarself in julle openbaar en julle innerlik op ‘n wyse onderrig wat vir julle geestelike ontwikkeling nuttig is. Dan kan julle ook Goddelike boodskappe ontvang ooreenkomstig die volmaaktheid van julle siele. Sy sal julle egter slegs opheldering gee oor die geesteryk, oor die samehang in die geestelike wêreld, oor die geestelike oorsprong en die doel van al die geskapenes. Dus oor alles wat julle nie met julle verstand kan deurgrond nie en oor dit wat nie vir julle bewysbaar sal wees solank julle op aarde leef nie. Aardse probleme daarenteen kan julle oplos deur die verstand, waarby ‘n waarheidsgetroue resultaat slegs die gevolg sal wees van ‘n verligte denke. Dit sal egter slegs die geval wees as ‘n mens, deur ‘n lewe wat aan God welgevallig is sal streef na verligte denke. Daar moet dus daarop gelet word dat Goddelike openbaringe die sielelewe, die geestelike ontwikkeling van die mens, die kennis oor oorsprong en einddoel en die kennis oor God se heilsplan van ewigheid, as inhoud sal hê. Aardse vrae sal die mense min of meer self waarheidsgetrou beantwoord, afhangende van die volmaaktheid van hulle siele. Hoe inniger ‘n mens met God verbonde is, des te sterker sal hy ook Sy invloed bemerk en des te helderder sal sy denke word en hy sal wêreldse vrae kan beantwoord. Want dan laat hy die werke van die Gees in homself toe, wat hom dan ook in die aardse lewe lei en stuur. Maar woordelike boodskappe waarmee die Waarheid direk na die aarde gestuur word, word anders beoordeel. Daardie soort openbaringe het ‘n Goddelik-geestelike kennis tot inhoud wat slegs direk van God af tot die menslike middelaar oorgebring kan word, waarvoor daar egter weer bepaalde voorwaardes geld. Die soort oordrag gebeur volgens die Goddelike plan waarvan Hy alleen weet hoe dit volbring kan word en daarvoor kies Hy vir Homself ook ‘n bruikbare “werktuig” uit. En Hy doen dit steeds as die noodsaak gebied dat die mense deur die stuur van die suiwer Waarheid hulle opwaartse ontwikkeling sal bespoedig. Slegs God ken die harte van die mense en Hy alleen weet by welke aardse kind die voorwaardes aanwesig is vir die ontvang van die Goddelike boodskappe en Hyself kies dan daardie kind uit. Die Gees van God waai waar Hy wil. Sy Gees word uitgestort in ‘n houer (hart) wat daarvoor geskik is, want dit gaan oor ‘n buitengewone hulp aksie. Die bedoeling is om die geestelike duisternis deur te breek met “ligstrale” wat van God Self uitgaan. En dit is ‘n proses wat nog vir baie mense redding van die geestelike dood kan bring. Want daardeur word ‘n weg getoon wat vanuit die wêreld van die materie na die Ryk van die lig voer. Dit is ‘n moontlikheid om die mense aan te spoor tot ‘n ommekeer, indien hulle van goeie wil is en die uitgestrekte hand van die Vader sal aanneem, Wie Sy kinders nie weer vir ‘n eindelose lang tyd wil verloor nie. Daarom geniet elke ontvanger van Goddelike boodskappe ook die besondere beskerming van God, sodat sy opdrag volbring kan word, sodat die lig van die Waarheid die aarde kan verlig in ‘n tyd van diepe geestelike duisternis. Veral sodat die kort tyd wat nog vir die mense oorbly tot aan die einde, ten volle benut kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205