BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 255

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die kort fase van die aardse lewe beslis die lot in die hiernamaals 5877 Julle aardse bestaan as mense, is ‘n kort fase van die oneindig baie fases van julle opwaartse ontwikkeling. As julle op aarde volmaak is om in die ligryk te kan in gaan, gaan julle ontwikkeling nog steeds verder, omdat die siel wat tot insig gekom het, nooit sal ophou om met haar weg omhoog vêrder te gaan nie. Sy sal altyd na God strewe, omdat sy steeds sal probeer om nader aan Hom te kom, om in volkome vereniging met Hom onuitspreeklik salig te wees. Die tyd as mens op aarde is daarom net ’n kort oomblik in vergelyking met die ewigheid en gemeet aan die eindelose lang ontwikkelingsgang voorheen deur die materiële skepping. En tog is die kort oomblik beslissend vir die lot van die siel en is beslissend vir die verdere ontwikkelingsgang in die geesteryk. Want dit maak ’n verskil of die siel reeds op aarde ’n hoë graad van volmaaktheid bereik het, óf eers in die hiernamaals tot insig kom. Laasgenoemde ontwikkel ook opwaarts, maar met uiters moeisame arbeid moet sy dit verkry wat haar op aarde ryklik ter beskikking gestaan het en vir haar die bereiking van die graad van lig moontlik sou gemaak het. Om op aarde die wilsbeproewing te deurstaan, beteken ’n toestand van lig en krag in oorvloed, reeds by die ingaan in die ewigheid. Dit beteken: Steeds vermeerdering van lig en krag, omdat die siel van die oomblik af dat sy die aarde as ‘n ontvanger van krag verlaat, dit ook aan ander kan gee en sal steeds meer en meer ontvang, hoe meer sy daarvan uitstraal. Sy gaan nou ook uitermate vinnig omhoog, want sy sluit aan by geeste met gelyke rypheid en werk nou volgens God se Wil en opdrag. Sy trek al haar krag vanuit God en benut dit vir God, terwyl die siele wat op aarde in hul wilsbeproewing gefaal het, ook wel in die hiernamaals tot insig kan kom, maar eers met behulp van ander wesens. Sy moet haar nou so omvorm sodat dit ook in haar lig word en sy die ligstraling kan opneem en dit gebruik volgens die Wil van God. Ook hierdie siele moet in vrye wil die toevoer van lig en krag verlang, want eers dan sal sy dit ontvang. Dan eers begin haar opwaartse ontwikkeling ook, met die werksaamheid wat sy weer verrig ten behoewe van die siele in duisternis. Dit is in ’n sekere sin ’n moeisame weg, ’n opwaartse gang waar tree vir tree geklim moet word, met die inspanning van alle krag en ’n sterk wil. Geen moeite bly egter onbeloon nie, want dit help die siel verder. Maar omdat sy self nog baie swak is en oor weinig krag beskik, moet sy haar hele wil inspan en baie ondersteuning kry vanaf die kant van die ligwêreld af, of deur menslike voorspraak. Totdat sy self in soverre lig en krag kan ontvang dat sy nou van haar kant kan uitdeel en ook steeds meer krag kan ontvang. Die kort aardse lewe is beslissend vir die lot in die ewigheid. Want die ingaan in die geesteryk kan al van die hoogste saligheid wees, wat nooit meer sal eindig nie, indien die tyd op aarde goed bestee was. Maar die tyd kan ook onbenut gebly het en die siel sal die gevolge daarvan moet dra. Sy sal verder moet worstel en stry as sy nie ten gronde wil gaan nie. Haar lewe in die geesteryk lyk nog in baie opsigte soos die worsteling op aarde, maar is tog nie hopeloos indien die siel self die wil het om lig en krag te kry nie. Slegs haar wil is beslissend. Indien die wil reeds in die aardse lewe op God gerig was, sal die siel vasberade die doel nastreef om nader aan Hom te kom, wat sy dan ook spoedig sal bereik. Maar solank die wil nog van God afgekeer is, beteken dit vir haar duisternis en swakheid. In hierdie toestand gaan die siel dan die hiernamaals in, terwyl in die vorige geval, die siel deurstraal was van lig en haar nie meer aan die aardse gebind het nie, behalwe liefde vir hulle wat sy verlaat het en waarvoor sy nou haar hulp op alle wyses aanbied. Maar die ander sal nog vir ’n lang tyd hulp nodig hê, ofskoon sy aan die aarde ontruk is. Sy hou haar egter nog in die nabyheid van die aarde op totdat sy ook soveel lig en krag ontvang het, sodat sy van haar kant af werksaam kan wees in die geesteryk. En elke taak bestaan daarin om die wil van hulle te beïnvloed wat nog verkeerd gerig is, om hulle te bewaar van dieselfde noodlot, naamlik ‘n moeilike gang opwaarts in die geesteryk, wat die gevolg is van ‘n verkeerd gerigte wil op aarde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205