BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Woede van die natuurkragte 5879 Julle sal My stem hard en kragtig hoor. En almal van julle wat nie wil voldoen aan My sagte roep nie, sal angsbevange wees wanneer dit weerklink, as julle deur die woede van die natuurkragte aan My herinner sal word, Wie julle voortdurend teengestaan het en Wie julle nou moet erken by die sien van die uitinge van die elemente van die natuur. Julle sal weliswaar nie aanvaar dat daar 'n verband kan wees tussen hierdie en julle doen en late in die wêreld nie, maar alleen laasgenoemde gee My aanleiding om My duidelik uit te spreek, want julle doen en late bewys dat julle My nie erken as julle God en Skepper, voor Wie julle julself eendag sal moet verantwoord nie. Julle glo nie daaraan nie en lewe daarom nie jul aardse lewe volgens My wil nie. En daarom laat Ek My stem weerklink, sodat julle aan My sal dink en verander, sodat julle My sal herken en julle My Wil, julle wil sal laat word. Ek spreek julle aan. Eers sag en liefdevol om julle tot omkeer te vermaan, om vervolgens My Stem luider te verhef totdat dit julle in angs en verskrikking sal laat, sodat julle vir jul lewens sal vrees. En baie sal hulle aardse lewens verloor, maar as hulle op die laaste oomblik nog die weg na My sal vind, sal die liggaamlike dood vir hulle nie tot nadeel gewees het nie. Dit is slegs ’n genade, want hulle het gevaar geloop om heeltemal weg te sink en daarom roep Ek hulle weg, die oomblik wat hulle My herken, op daardie oomblik wat die geloof ontwaak, wat dan die betreding van die ryk hierna vergemaklik en vir die siel die begin van die weg omhoog sal wees. Ek wil My deur die gebrul van die natuur duidelik bekendmaak. Waar die menslike wil aktief is, kan daar maar selde geloof in My verwag word. Maar waar die mense hopeloos aan die elemente van die natuur blootgestel is, daar sal hulle eerder aan hul Skepper dink en Hom aanroep. En daar is nog hoop dat siele gered sal word uit die duisternis van ongeloof, dat hulle My sal erken en hulle dan deur My laat lei, op aarde sowel as in die ryk hierna. Wat aardse gebeure nie tot stand kan bring nie, kan ’n natuurkatastrofe van grote omvang wel bereik, naamlik dat daar aan die God en Skepper van ewigheid gedink sal word en dat die verbinding met Hom in die hart van die mens tot stand gebring sal word deur innige roepe om redding uit die grootste nood. En wat skynbaar 'n enorme verwoestingswerk sal wees, kan 'n reddingsaksie vir baie siele wees, wat daardeur die ewige verderf sal ontsnap en tot lewe ontwaak, selfs wanneer hulle die aardse dood ondergaan het. Ek sal alles doen wat nog gedoen kan word, tot redding van diegene wat nog hul ore vir My sagte en liefdevolle aanmanings sluit en wie Ek nogtans nie wil laat val nie. Ek wil hulle nogmaals met 'n luide stem roep. En geseënd is hulle wat My dan sal onthou. Geseënd is dié uit wie se harte Ek nog nie heeltemal verdring is nie en wie My sal aanroep voordat dit te laat is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205