BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 258

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wat julle vir die geringste van My broers doen 5886 Wat julle vir die geringste van My broers doen, dit het julle vir My gedoen. Daagliks en elke uur word julle daartoe geleentheid gegee om goed te doen, 'n vriendelike woord te sê, die naaste behulpsaam by te staan met raad en daad en so sy nood te verlig, wat nie net uit aardse behoeftes hoef te bestaan nie, maar wie ook geestelike hulp nodig het, deur troostende woorde, of deur hom op die regte weg te bring, wat uit geestelike en ook aardse nood lei. Julle moet nie julle harte verhard en julle oë afwend wanneer julle nood sien nie. Julle mag nie afsydig word en glo om genoeg te gedoen het, as julle eenmaal hulp verleen het nie. Julle moet voortdurend liefde beoefen, dan sal julle in julleself die geluksalige gevoel leer ken van iemand wie gee, wie deur My geseënd is, wie in dieselfde mate waarin hy uitdeel weer van My ontvang en dat dit waarlik gawes is wat hom baie meer gelukkig maak as die aardse besit waarvan hy afstand gedoen het. Want julle gee aan My wanneer julle uitdeel aan julle naaste. Julle skenk My die liefde wat die naaste van julle ontvang. Julle sal jul liefde vir My slegs kan bewys deurdat julle aan die naaste liefde gee. Julle sal nie kan bepaal watter groot rykdom julle vir julself versamel deur onbaatsugtige liefde nie. Eens sal julle egter verheug die Waarheid van My Woord insien en toegee dat dit waarlik nie moeilik was om op aarde geestelike skatte te verwerf nie. En hierdie diepe vreugde wil Ek aan julle gee en daarom wil Ek julle voortdurend aanspoor om werksaam te wees in liefde. Wanneer julle altyd daaraan dink dat dit Ek is wat Self as smekeling voor julle verskyn, wanneer 'n behoeftige julle om 'n gawe vra; wanneer julle daaraan dink dat Ek op hoogte is van elke gawe wat in liefde aangebied word en Ek daarvoor met seënende oë na julle kyk, dan sal julle liefde vir jul naaste groei, omdat liefde altyd wederliefde wek en krag en seën daarin dra. Wat julle vir die geringste van My broers doen, dit het julle vir My gedoen. Julle is almal My kinders en as die kinders mekaar onderling liefhet, dan skenk hulle die Vader die grootste geluk, omdat slegs die liefde ware geluksaligheid kan berei en omdat die liefde julle almal tot voltooiing sal voer, wat egter nooit sonder liefde bereik kan word nie. Wees dankbaar solank as wat julle geleentheid het om te help en raad te gee. Want julle besit nog die lewenskrag daarvoor, wat egter by julle ontbreek wanneer julle later julle nalatigheid insien en dit sou wil goedmaak. Gebruik die tyd op aarde om werksaam te wees in liefde, sodat julle vol van krag die ryk hierna kan binnegaan en daar sal kan werk met die skatte wat julle vir julself deur werke van liefde verwerf het, sodat julle nie swak en hulpeloos sal wees nie en bitter berou sal hê oor wat julle op aarde versuim het om te doen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205