BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Aanmatiging 5341 Verhef julle nie bo julle medemens nie, inteendeel, wees hulle behulpsaam, dan eers beoefen julle die ware navolging van Jesus, dan eers is die liefde werksaam in julle, indien julle alle verwaandheid uitskakel, indien julle leer om die medemens as broeders te sien en as alle verskille in rang of stand opgehef word, wat wel wêrelds bestaan, maar wat nie in My Ryk geduld word nie. Diensbare liefde sal ware geluk in julle teweegbring, in dienende naasteliefde word julle egte navolgers van Jesus, van die Mens op aarde, Wie vir julle ‘n ware lewensvoorbeeld gestel het, Wie waarlik Lig en Krag en Mag in alle volheid besit het, omdat Hy My in Sy Hart opgeneem het en wat tog nie van hierdie Krag gebruik gemaak het deur te heers en Homself deur Sy medemens laat bedien het nie. Hy het Sy broeders in die diepste liefde en deemoed gedien en dit het Hom verhef tot Heerser oor wêrelde en tallose skepsele, want Ek het Sy uiterlike vorm betrek en Hom met Lig en Krag vervul. Aanmatiging is ‘n kenmerk van hom wat deur verwaandheid en heerssug in die diepste dieptes geval het. En indien julle mense aanmatigend is, leen julle hom gewilliglik julle oor en laat julle jul deur hom verlei, julle neem sy eienskappe aan en sy sonde oor en is aan hom onderworpe. Stel julle nie bo julle medemens, wat tog in der waarheid julle broers is nie, omdat julle almal slegs één Vader het en mekaar, as Sy kinders, sal moet liefhê en dien uit liefde tot My. Verwaandheid bring julle maklik tot ‘n val, want wie hoogmoedig van gees is, herken My, Wie die ewige Liefde is, baie spoedig nie meer nie, omdat daar geen liefde in hom is nie, want die ware liefde is één met die deemoed, maar nie met hoogmoed nie. In dienende deemoed getuig julle steeds van julle diepe liefde vir My en dit kom tot uitdrukking in dienende naasteliefde. En julle sal waarlik heelwat meer wen wanneer julle in deemoed diensbaar sal wees, as wanneer julle in aanmatiging heers, want in verwaandheid sal julle slegs aardse mag kan bereik, maar geestelik verwerf julle vir julle niks, ja, julle verloor ook nog die weinig wat julle besit het, want verwaandheid hoort by My teenstander, dus versterk julle slegs sy ryk en wat dit vir julle beteken, is nie moeilik te raai nie. Maar My Ryk is nie van hierdie wêreld nie, daarom kan dienende naasteliefde wel skynbaar aardse verlies van goedere meebring, wat aansien en mag tot gevolg sou gehad het, maar hulle verwerf vir hulself geestelike waardes wat onverganklik is en wat later in My Ryk vir die siel toegereken sal word, wat nou in lig en volheid van krag vêr bo diegene staan wat op aarde heers en hulle medemens onderdruk. “Wie homself verhef, sal verneder word”; oorweeg hierdie woorde en dink nie aan dit wat julle vir julleself op aarde aangeskaf het, deur dit aanmatigend in besit te hou en wat julle dalk in ‘n sekere sin onregmatig vir julleself toe geëien het nie, want hy wat wil heerskappy voer, neem wat hom nie toekom nie, hy eien vir homself ‘n onregmatige reg toe en misbruik sy mag. Dienende liefde daarenteen gee onophoudelik, in woorde en in dade skenk sy haarself aan diegene wat gebrek ly en wie hulp nodig het. Dienende liefde is ware egte deemoed en is vir My daarom welgevallig, dienende liefde is die ware navolging van Jesus, wat verseker na My lei, na die Vader van ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205