BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 260

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Siekes genees in die Naam van Jesus 5889 Lê die siekes in My Naam die hande op, seën hulle en die krag van julle geloof sal hulle dan genees. Want Ek is die Een aan Wie julle die siekes toevertrou en My Krag is onbeperk en werk ook onbeperk indien julle rotsvas glo. Alles wat julle in verbinding met My doen sal slaag. Maar voel julle so innig met My verbind? Hierdie vraag moet Ek aan julle stel, omdat die krag om siekes te genees, slegs daarvan afhang, omdat dit by julle lê of julle die genesing van julle medemens moontlik maak. Julle geloof moet dus so kragtig wees, dat julle My lewend naas julle sal voel en julle nou saam met My sal werk wanneer julle My Naam uitspreek, wanneer julle die sieke in My Naam seën. Ek het vir die mense so ‘n verre God geword dat hulle nie kan begryp dat, wanneer ‘n mens so innig met My verbind is, hy My Krag na eie wil kan gebruik nie. Selfs My gelowiges bring maar selde so ‘n sterk geloof op dat hulle geen oomblik twyfel dat Ek hulle sal ondersteun wanneer hulle hul medemens wil help nie. En daarom is daar maar weinig wat oor die gawe van genesing beskik, aangesien hulle deur hul vaste geloof oor My en My Krag beskik sodra hulle dit nodig het. In die eindtyd het die geloof aan My onder die mense so klein en swak geword dat ‘n diep gelowige mens, wat oor ongewone krag beskik, ook direk opval en hy sal nou óf groot geestelike sukses behaal deurdat hy sy medemens tot die geloof in My en die krag van My Naam bring, of hy sal bestry word deur hulle wat alle krag vanuit die geloof afwys, maar tog aanspraak maak op die reg om My Woord en My Naam aan die mense te verkondig. Die laasgenoemde is egter meer te veroordeel as hulle wat heeltemal ongelowig is, want hulle ken en erken My, maar dit ontbreek hulle aan die lewende geloof in My. Hulle is slegs behep met woorde wat nog nie in hulle lewend geword het nie, anders moes die werking van My Woord by hulle te siene gewees het. Hulle het self nog nie beproef wat ‘n lewende geloof kan vermag nie. En wanneer iemand hul ‘n voorbeeld gee, bestry hulle hom, omdat hulle sy geestelike superioriteit voel en hulle vol nyd insien dat Ek diegene bystaan, terwyl hulle self nog nie daarvoor gevra het nie. In die laaste tyd voor die einde sal daar egter meer mense kom in wie die gawe van die Gees tot uiting sal kom. Dit sal mense wees wat hulle so innig met My sal verbind dat hulle alles wat hulle doen, slegs saam met My sal verwesenlik vanuit My Wil en onder die aanroep van My Naam. Op allerlei maniere sal hulle blyke gee om My afgesante te wees, want alles wat ‘n mens sal doen wat met My Gees vervul is, sal op My en My Ryk wys. Alles sal ‘n besondere krag verraai waaroor hy alleen beskik, omdat hy My deur hom laat werk, omdat sy geloof in My en die krag van My Liefde, so sterk is dat dit hom onbeperk toestroom en hy daardeur ook sy medemens op bonatuurlike wyse onbeperk kan help. Want hy is vervul met liefde vir hulle en hierdie liefde gee hom die direkte krag vanuit My, dus sal dit vir hom ook moontlik wees om alles tot stand te bring. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205