BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 263

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Bring van die evangelie aan die siele in die hiernamaals - Liefde 5901 Hou die siele in die hiernamaals die evangelie voor. Herinner hulle aan My gebooie van liefde wat ook in die hiernamaals vervul moet word, indien die siele opwaarts wil gaan. Onderrig hulle in die kennis van My Wil, sodat hulle in ag moet neem dat dit ’n vereiste is om hulle op My te rig, om dan deur My Liefde gegryp te word. Op aarde, sowel as in die ryk hierna, geld dieselfde: Die omvorming van die wil van die wese wat aanvanklik teen My gerig was en daarom ook verander moet word, kan slegs deur die liefde gedoen word, want ‘n onselfsugtige werk van liefde is reeds die eerste skrede tot My en sal aan die wese krag skenk. Die siele wat kragteloos is in die hiernamaals, is arm aan liefde. En julle moet aan hulle verduidelik dat hulle eers hulp kan verwag, indien hulle bereid sal wees om liefde uit te deel, aan hulle wat, net soos hulle, arm en ongelukkig is. Sonder liefde sal hul denke verkeerd wees en net soos op aarde kan hulle ook hier wesens benader en verkeerd leer, sonder dat hulle die dwaling insien. Slegs ’n siel wat hulpvaardig is, herken die Waarheid. Daarom moet julle die siele in die eerste plek My gebooie van liefde voorhou en hulle bewus maak dat dit slegs gegee word omdat die mense die verbinding met My tot stand moet bring deur die vervulling van die gebooie van liefde. Want ‘n werk uit liefde gedaan, sal aan hulle die krag gee wat hulle steeds verder omhoog sal help. Julle kan die siele keer op keer leer, maar hulle sal julle nie glo of begryp, solank as wat hulle nie bereid sal wees om lief te hê nie. En as julle hulle nou wil help, dan moet julle grootste en ernstigste sorg wees om hulle aan te spoor tot liefdevolle hulpverlening aan ander siele wat in nood is. Hierdie bereidheid tot liefhê open eers hul oë en ore en dan kan hulle eers alles begryp wat julle aan hulle tot oorweging gee. My evangelie is slegs die leer van die liefde, omdat al die ander vanself kom wanneer hierdie liefdesleer opgevolg word. Die siele in die hiernamaals moet nie net kennis gebring word nie, want hulle sal dit nie begryp nie, solank as wat hulle nie bereid sal wees tot liefdeswerk wat in die ryk hierna net so moet en verrig kan word soos op aarde, maar steeds is bereidwilligheid ’n vereiste, anders sal die siel sonder krag wees. Solank ’n siel nie bewus is van haarself en haar treurige lot nie tot haar deurdring nie, is daar geen moontlikheid tot hulpverlening of toevoer van krag nie. Sy moet eers haar blik op haar omgewing rig, of, indien sy eensaam in ’n woeste omgewing is, moet haar gedagtes op die mense op aarde gerig word wat sy kon help, maar agterweë gelaat het. Sy moet berou hê daaroor en die deur haar gedane onreg wil goedmaak. Dan sal daar ook wesens by haar aansluit wat in groot nood is. En sodra sy gewillig raak om hulle te help, kry sy dadelik die krag om haar voornemens uit te voer. Eers moet die liefde in haar aangesteek word, wat egter ’n lang tyd kan duur, maar wat deur liefdevolle ondersteuning van die kant van ‘n mens moontlik is, wanneer hy die siel opheldering gee oor wat haar ontbreek wanneer sy probeer om hulle te leer, steeds aangedrewe deur ‘n liefhebbende wil tot hulpverlening. Die liefde bereik alles en die liefde oorwin alles. Die liefde self is die krag wat ‘n siel verlossing gee. Solank ‘n siel slegs aan haarself dink, kan sy baie moeilik uit haar haglike toestand bevry word. Sy kan egter gevoelig word en bereidwillig tot liefde, wanneer sy deur klein ligstrale getref word, omdat dit maar net vonke van liefde is wat haar hart moet tref om sukses te verkry. Elke siel wat die duisternis as ‘n kwelling ervaar, word weldadig deur sulke ligstrale getref en by haar is daar hoop dat sy die lig sal volg, dat sy dus ook bereid sal wees om aan ander siele die lig te bring. En aan hierdie siele moet die liefde steeds gepreek word wat in Jesus Christus en Sy Verlossingswerk sy bekroning vind. Ander kennis het hierdie siele voorlopig nie nodig nie, maar hulle moet die agtergrond van hul ellendige posisie ken en ook weet hoe hulle die noodsituasie kan verhelp. En eers wanneer hulle hierdie insig het, sal hul opgang verseker wees. Eers wanneer hulle self aktief in die liefde wil wees, sal hulle krag ontvang. Hulle kan dan in liefde werk om steeds meer krag te ontvang, om in ‘n steeds helderder lig binne te gaan. Die lig maak die siele buitengewoon gelukkig en vanuit hulle blydskap word ook hul wil tot liefhê steeds groter en kan ‘n enkele siel in die hiernamaals verlossingswerk tot stand bring van die grootste moontlike omvang. Want sodra sy self die besef het, dra sy ook aan ander siele haar insig oor en probeer sy hulle tot dieselfde strewe in liefde aan te spoor. Want net soos op aarde geld ook in die geesteryk alleen hierdie gebod: “Julle moet God liefhê Bo alles en julle naaste soos julleself!” Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205