BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 267

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Hulp van Ligwesens slegs vanuit die Wil van God - die aanroep van “heiliges” 5914 Julle staan regstreeks in verbinding met die ryk waaraan julle julself in My Naam toevertrou het. Julle wil om met My in kontak te kom gee alle wesens van die lig die reg om hulle by julle aan te sluit as julle beskermers, omdat hulle altyd slegs My Wil uitvoer en omdat hulle weet dat dit My Wil is om julle geestelik, sowel as aards, te help. Om My Wil uit te voer, is hul geluksaligheid, want die liefde tot My en tot alle wesens wat nog onvolmaak is, spoor hulle onophoudelik aan tot werksaamheid. Maar hulle sal nooit uit eie-wil iets doen nie, omdat hulle My Wil heeltemal binnegegaan het en hulle ook die wette van die ewige orde ken, sodat ‘n ingryping teen My Wil in, maar net ‘n skadelike uitwerking op hierdie wesens sou hê. Alles wat hulle in die lig bevind, wat volmaak is, dra My Goddelike Wil in hulle en kan daarom nooit eiemagtig teen My Wil in werksaam wees nie. Daarom moet vereers die wesens, dus ook die mense op die aarde, probeer om bereid te wees om hulle volgens My Wil te voeg, voordat die wesens van die ligwêreld hulle op een of ander manier kan bystaan en daarom moet die mense in die eerste plek verbinding met My soek, om dan egter ook die hulp van die geestelike wêreld, van die Ligwesens, wat deur My met krag en lig gevoed word, te kan ervaar, want wat Ek eenmaal aangeneem het, dit omgeef ook elke ligwese met sy liefde en bevorder sy voltooiing. Wie hom daarom met My verbind, weet deur gebed en deur werke van liefde, dat hy ook beskerm sal word deur hierdie wesens en hy kan hom ook aan hulle toevertrou, hy kan wil dat hy slegs deur bewoners van die ligryk omring word en dat hulle die toegang van onreine geeste verhinder. Hy kan hom deur sy wil bewustelik na die ligsfere verplaas, want Ek sal altyd die oorsprong van elke gedagte van hom wees en ook die doel. Want hy vra dan die ligwesens slegs om hulp op die weg na My. En hierdie hulp sal hom al te gewilliglik verleen word. Maar die hulpverlening van die wesens word volledig misken, wanneer hulle aangeroep word as “voorsprekers” by My, as die mense self geen kontak soek met My nie, wanneer hulle glo om My geneentheid te wen deur voorspraak, wanneer hulle die betrekking van kind tot Vader nie tot stand bring nie, maar van die wesens hulp verwag, waarvoor hulle My nie vra nie. Solank My Wil om te help nie deur die ligwesens herken word, dat dit julle geld, solank is die wil ook nie in hulle nie en al die roep om hulp sal tevergeefs wees, want teen My Wil in verwesenlik hierdie dienaars van My niks. En julle sal My Wil eers moet probeer wen, julle mag My dus nie ignoreer nie, want dan eers kom My Ligbodes in werking, wanneer hulle insien dat dit deur My gewil is. ‘n Mens wat in alle erns op My gerig is, is ook voortdurend met die ligwêreld verbind en hy sal in die geestelike sfeer net so ongedwonge beweeg as onder sy medemens. Hy sal steeds met die wesens van lig in kontak staan, in My opdrag sal hy deur hulle omring wees en dus sal hulle ook in My opdrag op hom inwerk, omdat hulle in alles wat hulle doen, voel asof deur My opgedra. ‘n Ligwese kan niks anders uitvoer as My Wil nie, omdat hy andersins nie ‘n wese van die lig sou gewees het nie, want die volheid van lig is die gevolg van sy totale oorgawe aan My en van die ingaan in My orde van ewigheid, om welke rede daar ook volledige ooreenstemming heers tussen My en die wesens, maar wat nie tot die gevolgtrekking mag lei dat hierdie ligwesens is wat mense vir hulle as sodanig voorstel nie. Daarom is die aanroep om hulp van bepaalde wesens met ‘n sekere gevaar verbind, sodat daar ook wesens geroep kan word wat nie as ligwesens in die ryk van die lig vertoef nie. Want julle mense sal dit nie kan oordeel nie, julle sal die beoordeling van die graad van rypheid aan My moet oorlaat. En so sal julle nou ook ‘n duidelike antwoord hê op die vraag of die aanroep van “heiliges” sinvol is en in My Wil. Gee julle volle vertroue oor aan die wesens van die lig as julle, julleself innig met My verbind het en glo dat dit in My Wil is om oor julle besorg te wees en julle te help. Maar roep nie diegene aan wat die menslike oordeel as “heiliges” bestempel en wie se graad van rypheid nie deur julle ondersoek kan word nie, omdat slegs Ek weet wie die graad van volmaaktheid bereik het, sodat hy nou deur My met lig en krag deurstraal kan word en nou in My Wil in My Ryk werksaam is volgens My wil. Herken die Lig en dit sal digter by julle kom en julle vervul met sy krag. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205