BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 270

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kerk van Christus - ‘n Lewende geloof 5923 Slegs ‘n lewende geloof maak julle lede van My kerk wat Ek Self op aarde gestig het. Ongeag tot welke denominasie julle behoort, julle moet ‘n geloof besit soos Petrus, want slegs op so ‘n geloof word My kerk gebou, op ‘n geloof wat lewend geword het deur die liefde. En hierdie lewende geloof kan julle in elke kerkgenootskap bereik as dit aan julle onderrig word, julle aanspoor om werksaam te wees in liefde en wanneer julle nou ywerig werk verrig wat altyd die liefde as beweegrede het. Dan besit julle ‘n lewende geloof, dan bring julle bewustelik die verbinding met My tot stand. Ek leef dan m.a.w. in en naas julle en dan eers leef julle jul aardse lewe bewustelik. Julle sal een doel nastreef en alles wat julle doen, sal op die doel, op My gerig wees. En dit is tog wel duidelik vir julle dat elke mens daarna kan strewe om na My te kom, ongeag tot welke kerkgenootskap hy behoort. Wanneer hy maar aan My glo, aan My, Wie as die mens Jesus op aarde geleef het om die mense te verlos, dan is ook die eerste steen aanwesig vir My kerk, wat onverwoesbaar sal bly as ‘n rots, wanneer hierdie geloof deur die liefde onwankelbaar geword het. Dan kan die geweldigste storm daaraan ruk, dit sal standhou. Slegs op so ‘n geloof kan My kerk gegrondves word en dit sal bly bestaan tot in alle ewigheid. Wie ‘n ware en lewende geloof het, wat die gevolg is van ‘n lewe in liefde, sal ook in die Waarheid wandel. Hy sal ook kan onderskei wat Goddelike en wat menslike leerstellings is. Hy sal steeds meer en meer die Goddelike leerstellings tot sy lewensbeginsels laat word en aan die menslike leerstellings geen aandag skenk nie. Hy sal gewaarword waaruit My Wil bestaan, ofskoon hy van die kant van die mense tot handelinge aangesê sal word wat nooit deur My gewil is nie. Hy staan dan op die rots wat My kerk dra en betree geen grond meer waarop hy dreig om te sink nie. Hy kom dan slegs op vir die suiwer Waarheid, want in hom is die Lewe en daarom is sy hele strewe ook op die Lewe gerig en hy sal die dood ontvlug. Hy sal dan alles vermy wat by die dood hoort, wat ongeskik is om die ware lewe te wek. Hy sal die dwaling en die leuen verwerp, omdat hy dit herken, omdat die Waarheid in hom, hom helder verlig. ‘n Lewende geloof is die rots waarop My kerk gebou is, maar dit vereis ‘n lewe in onbaatsugtige naasteliefde. Waar dit beoefen word, staan die poorte ook oop waardeur mense My kerk kan binnegaan. En almal kan binnekom, Ek neem almal op wat ‘n ernstige strewe het om aan My en My kerk, wat Ekself op aarde gestig het, te behoort. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205