BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 271

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ernstige aanmaning om aan die doel van julle bestaan op aarde te dink 5926 Julle mense vergeet die doel van julle bestaan op aarde heeltemal en daarom leef julle ook nie in ooreenstemming daarmee nie. Wat vir julle belangrik lyk, is sonder nut vir julle siele, om welke rede julle op die aarde is. En aan dit wat eintlik belangrik is, skenk julle geen aandag nie. Julle sien om na julle liggame, maar nie na julle siele nie. En tog is julle net weens julle siele as mens aktief op hierdie aarde. Alles waarna julle streef, wat julle dink en doen, lewer vir julle geen resultaat op nie. Want die aardse resultaat is nie vir julle blywend nie. Dit is slegs 'n droombeeld wat julle nie sal kan vashou nie, wat vergaan en in die niet verdwyn op die oomblik van julle dood. En solank dit nog vir julle bestaan, dien dit maar net vir die verganklike omhulsel van die siel, maar nie vir die siel self nie. Al julle lewenskrag, julle wil en julle gedagtes, gebruik julle dus vir die heeltemal waardelose. Maar na die egte goedere streef julle nie en dus behandel julle jul siel erbarmlik. Julle laat haar in die grootste nood, ofskoon julle die moontlikheid het om haar te help. Julle hou van julleself, van julle waardelose uiterlike omhulsel, bo alles. Julle sit selfs nog erg vas in eieliefde, in 'n liefde wat verkeerd gerig is en julle nooit na die doel sal kan bring ten behoewe waarvan julle op aarde is nie. Julle sien tog daagliks hoe verganklik alles is. Julle verloor daagliks mense deur die dood, met wie julle noue bande het. Julle weet dat julle alles moet agterlaat en dat julle heeltemal leeg die ryk hierna binnegaan. En tog verander julle nie julself nie. En al vergaan alles om julle heen, rig julle nie jul gedagtes geestelik nie. Veel eerder dink julle slegs met weemoed terug aan wat julle verloor het en probeer julle dit so gou as moontlik weer terug te kry. Julle is dwase, want julle gees is verduister. Die wêreld met haar goedere maak jul oë onbekwaam om te sien, omdat sy julle verblind en julle niks meer korrek kan onderskei nie. En julle gee julself deur julle denke in die hande van hom wie se doel dit is om julle siel in sy besit te hou, wat soveel wil sê as om haar in die duisternis te stort. Julle gedagtes is slegs aards gerig en julle vergeet Hom, aan Wie julle jul lewens te danke het en voor Wie julle julleself eens sal moet verantwoord. Julle verdring elke geestelike gedagte, elke gedagte aan 'n verantwoording. Julle wil nie daaraan herinner word nie en julle stomp julle gewete so af, dat julle spoedig niks meer glo as dit wat vir julle sigbaar en tasbaar is nie en wat julle met al julle sinne nastreef. Daar bestaan byna geen verbinding meer tussen die bewoners van die aarde en die van die geesteryk, wat nog seënryk is nie. Daarenteen is die binding na benede buitengewoon sterk, want die mense bring dit in vrye wil tot stand, juis deur die strewe na dit wat verganklik is en nog by die ryk van die teenstander van God hoort. Julle misken die doel van julle aardse bestaan totaal en daarom vervul die aarde ook nie meer haar doel nie, naamlik om blyplek te wees om die gees te vorm. Dit sal 'n uiteenval van die aardse skepping tot gevolg hê, omdat dit die wetmatige gevolg is van die lewe teen die Goddelike ordening in. Want julle mense leef in stryd met hierdie Goddelike orde, wat julle geestestoestand julle andersins helder en duidelik sou laat insien het, wat julle taak en julle doel op aarde is. En elke handeling in stryd daarmee moet 'n uitwerking hê, ooreenkomstig die wet. Daarom het die einde van hierdie aarde ook aangebreek, waarvolgens die genade van die beliggaming as mens van hulle ontneem sal word en vir al die geeste wat die uiterlike vorm verkry het en wat die wêreld deur eie wil nagestreef het. Want die genade van die beliggaming was nie benut nie, maar misbruik. En aldus bepaal die vrye wil self die lot van die gees. Dit veroorsaak die einde van die aarde, omdat die wet van die ewige ordening niks anders meer toelaat nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205