BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 277

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Opstanding 5934 “Verheug julle en jubel dit uit, want Hy het uit die dode opgestaan” So het dit uit die monde van Myne geklink en hulle het in My geglo, dat Ek Jesus Christus was, die Gesalfde van God, dat Ek werklik en waaragtig God was en die wêreld verlos het deur My kruisdood. Ek het opgestaan uit die dode. Ek het aan hulle daardeur die bewys gegee van die Waarheid van My Woorde: “Breek hierdie tempel af en Ek sal hom in drie dae weer opbou”. Ek het die mag van die dood gebreek. Maar My opstanding moes ’n bewys wees vir die mense, dat die lewe nie verby is met die dood van die liggaam nie. Hulle moes leer om te glo aan ‘n lewe na die dood en daarom het Ek dit sigbaar laat gebeur vir die mense, naamlik wat elke siel kon verwag na haar afsterwe op aarde. Want hierdie geloof het by almal ontbreek en selfs die priesters en skrifgeleerdes het op die dood van die profete gewys as ‘n bewys dat ook die mees godvrugtige mense ten prooi geval het aan die dood. Want van die geestelike gevolge van die lewenswandel het hulle niks geweet nie, die opstanding van die siel het hulle betwyfel en daarom was die leringe van die mens Jesus vir hulle ook onbegryplik en lastig. En Ek wou die geestelike gevolge van die nalewe van My leringe duidelik aan die mense toon. Ek was Heer oor lewe en dood. Ten tye van My lewe op aarde het Ek dooies opgewek en die mense het My nie geglo dat Ek mag gehad het oor lewe en dood nie. En so het Ek Self aan hulle bewys gelewer dat Ek ook Heer was oor die dood, dat die lewe nie ontneem kon word van diegene wat die geestelike al gevind het nie, ook al word die aardse lewe van die mense afgeneem. Maar Ek het die aardse liggaam ook laat opstaan, as teken dat hy niks aards meer bevat het nie, dat ook hy vergeestelik was en gevolglik die krag in homself gehad het om op te staan in vergeestelikte vorm. Aan My Liggaam het niks aards meer gekleef nie, omdat hy homself deur die ontsettende lyding volledig gelouter het, omdat al die aardse heeltemal verander was in geestelike substasie en die geestelike nou kon verrys tot volle lewe. En daarom kon die liggaam uit die graf opstaan, want niks kon hom aan hierdie aarde vashou nie. Dit was ‘n gebeurtenis waarvan die hele mensdom kennis sou moes neem, dat en waarom dit moontlik was, om na die dood van die liggaam, weer tot lewe op te staan, want van die kennisname hiervan, van die geloof aan My opstanding, het ook die geloof in My Goddelikheid afgehang, die geloof aan My taak op aarde as God se Seun en die bereikte volledige vereniging met God, deur die vervulling van hierdie taak. Ek het werklik en waaragtig opgestaan uit die dode en het My sigbaar aan Myne getoon en daardeur het Ek die mense bewys gegee dat Ek as mens die dood oorwin het, dat hy wat die dood in die wêreld gebring het, nie die mag gehad het om My Liggaam op aarde agter te hou nie, dat Ek al die geestelike kleed aangetrek het deur die werk van verlossing. En hierdie werk van verlossing het vir die hele mensdom gegeld. Dus kan geen siel meer deur My teenstander teruggehou word, - wie deur My kruisdood verlos is - en aan sy mag ontruk is nie. Julle sal die dood nie hoef te vrees nie, julle sal opstaan tot die ewige lewe en julle sal kan jubel en loof, want julle sal weet dat julle Verlosser leef en dat Hy elkeen die lewe sal gee wat in Hom en Sy opstanding glo. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205