BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 278

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Naderende einde – Die tydsberekening van God 5936 Daar bly nie meer baie tyd vir julle oor nie. En al sou julle ook teenstribbel om hierdie Woorde van My as Waarheid aan te neem, bevind julle jul al in die laaste uur en die minute sal vinnig verbygaan. Vinniger as wat julle vermoed sal die einde daar wees en dan slaan die beslissende uur. My tydrekening is wel anders as julle s’n en Ek sê vir julle: "Die einde is naby." So naby, dat julle ontsteld sou raak, as julle die dag en uur sou weet waarin My aankondigings in vervulling sal gaan en wanneer alles gaan gebeur wat Ek deur sieners en profete laat voorspel het. En as julle dit nie wil glo nie, hou dan rekening met die moontlikheid en tref voorbereidings, deurdat julle sal besin oor julle doel op aarde, deurdat julle ernstig na julself sal kyk, of en hoe julle jul staande sal bly indien julle skielik weggeroep sou word van hierdie aarde af. Tref voorsorgmaatreëls, ook as julle dit nie sal of wil glo nie. Leef volgens My Wil en dit sal net tot julle voordeel wees, want dan sal julle leer om te glo. Dit sal nie meer vir julle onwaarskynlik voorkom nie, want die vervulling van My Wil is die vervulling van My gebooie van liefde. En dit sal vir julle ook beslis insig gee, sodat julle ook hierdie woorde van My sal kan verstaan en daarin glo. Die einde is naby en elke dag wat julle nie benut nie, waarin julle nie aan julle einde dink nie, is verlore. En wie van julle weet of sy lewe ook nie verkort sal word nie? Wie van julle kan verhinder dat hy voortydig weggeroep word? Julle sou slegs daaraan moet dink, indien julle nie aan 'n einde van hierdie aarde wil glo nie. Vir elkeen van julle afsonderlik kan die dag van môre al die laaste wees. En elkeen afsonderlik moet homself daarom vra of hy wel gereed is om voor die Gereg van God te verskyn en of hy die lewe op aarde korrek benut om die ewige lewe vir homself te verwerf. Julle mense gaan onverskillig verder en julle dink nie aan die dood, wat elkeen van julle kan verras nie. In watter toestand is julle siel, indien julle ook skielik die aarde sou moet verlaat? Dink aan julle einde, indien julle nie aan die einde van hierdie aarde kan glo nie. En leef julle aardse lewe bewustelik. Dit wil sê, onthou om die doel waarvoor julle op aarde is, na te kom, om vir julle siele 'n lewe na die dood te waarborg. En kyk om julle heen. Let op die tekens van die tyd en julle sal besef in watter uur julle leef. Want voortdurend maak Ek julle mense daarop attent. En as julle oplet, sal ook My Woorde vir julle geloofwaardig voorkom. En julle sal My vra om julle te help. Julle sal My vra om genade en erbarming, om krag vir hierdie tyd, sodat julle die einde goed voorbereid tegemoet kan gaan, sodat julle in geloof My bystand sal verwag, sodat die laaste uur vir julle die uur van verlossing sal wees uit alle nood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205