BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 280

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ongewone Werksaamheid van predikers wat die mense moet opwek 5941 Eers die geloof in Jesus Christus kan julle sovêr bring om bewustelik aan julleself te werk, want eers wanneer julle in Hom sal glo, sal julle ook Sy liefdesleer aanneem en sal julle jul beste doen om volgens hierdie leer te lewe. Wat daar dus gedoen word om die mense tot geloof in Jesus te bring, kry geheel en al My toestemming en word deur My geseën. Jesus moet verkondig word. Sy verlossingswerk moet openlik na vore gebring word, omdat die mense deur middel van Jesus die weg vind tot hul God en Vader van die ewigheid. Die einde is naby en die mensdom is vêr verwyderd van Hom Wie Sy lewe aan die kruis gegee het vir almal se redding van ondergang. Wie hulle nie met Hom verbind nie, gaan verlore, dit wil sê,: Die vors van die duisternis behou sy mag oor hom en die hemelryk is vir hom gesluit, want Jesus is die Poort na die ewige saligheid. Die einde is naby en ontelbare mense ken Hom nog nie, of hulle aanvaar Hom nie. Ek alleen weet wat dit beteken vir die enorme hoeveelheid siele wat sonder Hom voortlewe, sonder Hom sterf en wat ten gronde gaan. Op natuurlike wyse is dit nie meer moontlik om hulle na Jesus toe te bring nie. En dus sou Ek My skepsels moet laat verlore gaan as Ek dit by natuurlike gebeurtenisse sou laat, wat glad geen indruk sal maak op die mense nie. Ek ken egter die weiniges wat Myne is en wie ook vir My en My Naam opkom in die wêreld; Ek weet dat Ek Self in Jesus Christus herken word deur ‘n klein kringetjie mense, wat Ek nou sal gebruik as werktuie vir die Krag en Mag van die Een wat die mense nie wil sien nie. Ek laat hulle die “Woord van Jesus” predik, Ek laat hulle die leer van Jesus verkondig en Ek sal hul woorde bekragtig deur ongewone dade, sodat mense hulle sal glo. Dit vereis egter meer as ’n sterk geloof van diegene wat vir My getuienis aflê in liefde tot My, Wie ook nou aan hulle die krag gee om ook wonderwerke te doen in My Naam. Dit is altyd Ek Self wat hierdie wonders laat gebeur, deur hierdie dienaars van My, omdat Ek wil hê dat die mense opnuut kennis moet neem van hul Heiland en Arts Jesus Christus. Dat hulle aan Sy Verlossingswerk, Sy Kruisdood en Sy Opstanding moet dink en leer om Hom te glo. Dit is ‘n werk van liefde en erbarming van My, dat Ek My nog eenmaal sal openbaar voor die einde, deur My gelowige dienaars op aarde. Die mense moet in die laaste tyd nogeens gehelp word om die geloof in Jesus Christus te vind, omdat hulle dan ook die geloof in My sal gevind het, om dit nooit weer te verloor nie. Want ofskoon die geloof nou nog nie die korrekte vrugte sal afwerp nie, omdat dit eers deur ‘n lewe in liefde lewend kan word, het hulle voorlopige kennis oor Jesus Christus ‘n graad bereik wat daarom ‘n verdere opwaartse groei sal toelaat, ook as die siel voor die tyd opgeroep word en op aarde nog nie die volledige verlossing gevind het nie. Die siel ken Hom en roep Hom aan in nood en omdat hulle Myself in Jesus aanroep, kan Ek hulle ook help. Maar onvergelyklik waardevoller is dit wanneer die mens die geloof in My in Jesus gevind het deur My Woord, as hy Hom glo en geen wonders nodig het om oortuig te word van die Waarheid van My Woord nie: “Salig is hulle wat nie sien nie en tog glo!”.Ek help ook die ongelowige Thomas sodat hy tot geloof kan kom. Net so help Ek in die hede die baie ongelowiges wat nie kwaadwillig is nie; en Ek bewys My aan hulle as Jesus, sodra ‘n mens met vurige ywer opkom vir My en My leer, om die aantal gelowiges nog te vermeerder voor die einde kom. Om ook die mense te wen vir wie die Verlossingswerk nog sonder betekenis is en wie daarom in groot gevaar verkeer dat die poorte na die ligryk vir ewig vir hulle gesluit sal bly. Ek het medelye met hul lot en Ek neem die wil en die liefde van diegene aan wie hulle naastes wil help. En Ek seën hul voorneme deurdat Ek aan hulle die krag verleen om te genees en wonders te doen in My Naam. Want Ek wil dat My Naam openlik genoem word en die barmhartigheid van My Verlossingswerk duidelik sigbaar word. Ek wil dat die mense die Naam van Jesus in volle vertroue uitspreek, sodat Ek nou Self met hulle in verbinding kan tree, om nou weer My Woord werksaam te laat word, sodat die mens tot insig sal kom oor hoe enorm belangrik dit is om Jesus as God se Seun en Verlosser van die wêreld te erken, in Wie Ek Myself gemanifesteer het om vir julle ‘n sigbare God te kan wees. Ek wil julle red vir die ewigheid en daarom kom Ek julle tegemoet, nog in die laaste uur, want spoedig sal die einde ‘n feit wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205