BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 281

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Barmhartigheid 5943 Julle moet barmhartig wees en steeds daaraan dink dat julle sonder My Barmhartigheid vir ewig verlore sou gewees het. Maar die barmhartigheid lê ook ten grondslag aan die Liefde, Wie wil help waar Sy lyding sien. Die mens wat in homself erbarming voel teenoor sy medemens, is nie sonder liefde nie, want anders sou hulle noodlot hom nie geraak het nie. Die barmhartigheid is ‘n ander vorm van die liefde, want die liefde probeer om gelukkig te maak, die barmhartigheid probeer eers om leed af te wend en die leed van die medemens wek medelye op by elke gevoelige mens, hy voel met ander woorde saam en kan tot in sy binneste geraak word en daarom is hy tot hulp bereid. Liefde kan ook betrag word sonder tasbare nood en ook in volledige onbaatsugtigheid kan die mens gee en gelukkig wil maak. Maar ook ‘n mens wie se hart wat koeler of nugterder is, kan deur die nood van die medemens aangegryp word en dan kom die erbarming te voorskyn, die liefde van die mens word ontsteek. Die ellende van die ander gee aanleiding om in liefde werksaam te wees en ‘n werk van erbarming sal ook aan die mens My erbarming gee wanneer hy in nood is. Ek sien al julle sonde en swakhede en julle toestand boesem My medelye in, ofskoon julle self skuld daaraan het. So ook moet julle erbarming vir diegene geld wat deur eie skuld in die ellende geraak het, die erbarming moet nie as regter optree nie, dit moet ook geld vir die mens wat veragtelik is, want die nood van die medemens is waarlik vereffening vir die se skuld, maar tog kwellend en beklaenswaardig. Wat sou julle lot gewees het as Ek geen erbarming gehad het met julle en selfs julle groot skuld nie tot niet sou gemaak het deur My Liefde nie? Wel was julle lot regverdig, want julle het dit in vrye wil gekies. Maar Ek het gekyk en slegs julle swakhede gesien, julle geestelike dieptepunt en julle boeie wat My teenstander julle aangesit het. Ek het julle onmag gesien om julle ooit uit hierdie boeie te bevry. En toe neem My Erbarming die plek in van die Geregtigheid. Ek het julle gehelp om vir goed van hierdie boeie vry te word, Ek het die Verlosser Jesus Christus na die aarde gestuur, in Wie Ek My beliggaam het en Wie teen hom stry wat julle gevange hou. My Erbarming kon en wou julle nie langer in julle kettings laat nie. Die Erbarming slaan dus geen ag op julle eie sonde nie, maar help julle veeleer om hiervan vry te word. En so sal julle ook barmhartig moet wees, julle sal moet help, gedryf deur die liefde om die nood van julle medemens te beëindig, julle moet erbarming hê met diegene wat skuldig is en daarom eintlik die reg op julle hulp vir hom verspeel het, maar julle moet nie hulle skuld ingedagte hou nie, maar wel hul ellende. Die barmhartige liefde is ‘n bewys dat julle harte nog nie verhard is nie, dat julle met ander woorde saam ly en julle broederlik verbind voel met hulle wat ellendig daaraan toe is. Wend daarom julle blik nie af wanneer groot nood julle voor oë kom nie, dink ook met julle liefde aan hulle wat hulself in die diepte bevind en neem My Barmhartigheid vir julle tot voorbeeld, wat vir alle sondaars geld en wat My aangespoor het om die verlossingswerk te volbring, want julle almal was skuldig, maar Ek het hierdie skuld op My geneem en dit betaal met My dood aan die kruis. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205