BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 286

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die eindtyd dissipels se geloof sonder bewyse. 5951 Ek verwag van julle, My eindtyd dissipels, om ’n sterk geloof te hê, ’n geloof wat My oortuigend voor die wêreld sal bely. Dit kan slegs gedoen word deur mense wat in opregte kontak met My verkeer, want slegs hierdie kontak sal hul geloof tot die nodige mate versterk, terwyl ander mense My maklik sal verlaat, omdat hulle dit moeilik sal vind om te glo in ‘n tyd wat so vêr verwyderd is van My leeftyd op aarde, dat slegs baie min positiewe bewyse voorsien kan word omtrent My lewe en dood, omtrent My lewe op aarde en My lydensweg. Dus moet ‘n person ‘n besonder sterk geloof hê indien hy My voor die wêreld wil bely. My dissipels, in die tyd van My lewe op aarde, het My gesien, hulle het saam met My gelewe en ontelbare wonderwerke gesien; hulle was in staat om My elke dag te hoor en is deur My onderrig; hulle was deur My ingelig oor alles, dus was dit vir hulle maklik om in My en My taak te glo. Tog, ten spyte van die voor die hand liggende bewyse van My Goddelikheid, het hulle ook soms gefaal. Na My dood was hulle egter so deurdring van My Gees, dat hulle in staat was om hul taak van die uitdra van die Evangelie in die wêreld, te vervul en kon My dus so met oortuiging bepleit. Maar wat is die situasie met My eindtyd dissipels? Hulle was nie in staat om enigiets te sien en ondervind nie, hulle kan nie van My sigbare teenwoordigheid getuig nie, hulle moet eenvoudig net glo wat hulle oor My vertel is. Nogtans is My eindtyd dissipels nie sonder krag nie en hulle herken ook My werkinge. Ek openbaar Myself ook aan hulle in die Gees, wie presies die opregte hart verband met My vooropstel. Ek beskou hulle in ‘n uitsonderlike mate, omdat Ek ‘n uitsonderlike geloof van hulle verwag en hou rekening met die feit dat meegedeelde kennis hul enigste basis is waarop hulle ‘n oortuigende geloof moet bou en dat hulle dus uitsonderlike ondersteuning benodig, indien hulle hul toegewysde taak wil bereik, naamlik die verkondiging van My Evangelie aan mense gedurende die laaste dae voor die einde. Ek verwag baie van hierdie laaste dissipels van My, want hulle moet uitsluitlik glo in die Woord, hulle moet opstaan teen alle teenargumente wat My lewe op aarde en My taak as ongeloofwaardig uitbeeld. Hulle moet slegs glo. Maar Ek seën hulle daarvoor en vertel hulle weer: Die laaste sal eerste wees, want hulle taak is ‘n betekenisvolle een, aangesien dit noodsaaklik is om aanhoudend siele te red voor die einde, om hulle aan Jesus Christus bekend te stel, sodat hulle die aarde nie ongered sal verlaat nie. Hulle moet opstaan vir My, vir hul Vader en Verlosser, hulle moet My voor die wêreld bely wanneer satan die bastion van geloof met alle mag bestorm. Dan moet hulle hulself bewys en hulle geloof in My, dan moet hulle My Naam hardop in die openbaar bely, omdat hierdie Naam die enigste krag is wat satan se werkinge sal uitskakel en hom skadeloos maak. Ek verwag ‘n sterk geloof van hierdie laaste dissipels van My, maar hulle is nie alleen in die stryd teen die vyand nie, Ek sal met hulle wees, want hulle geloof laat My toe om teenwoordig te wees en dus sal hulle seëvier, asook almal wat My dissipels volg en eweneens My Naam voor die wêreld sal bely. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205