BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 287

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie 5952 Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie. Hierdie woorde alleen moet die mense die belangrikheid laat insien om Jesus as Seun van God en Verlosser van die wêreld te erken en tog maak dit heeltemal geen indruk meer nie, want die mensdom let nie daarop nie, anders sou hulle Hom nie so onnadenkend verwerp het, Wie Homself as brug na die Vader kenbaar gemaak het nie. Die Woorde van die Skrif is vir die meeste mense maar net letters sonder gees en lewe. Hulle spreek dit uit sonder om self van die betekenis daarvan bewus te wees, hulle slaan totaal geen ag op die Woorde van die Heer nie en vind daarom ook nie die weg na die Vader nie, omdat hulle ook nie met oortuiging in Hom glo nie, wat meer aandag aan die Goddelike Woord tot gevolg sou hê. Niemand kom tot die Vader, behalwe deur My nie. Maar dit ontbreek die mense aan die wil om by die Vader uit te kom, om welke rede hulle ook nie die weg na Hom soek nie, omdat die Goddelike Verlosser Jesus Christus vir hulle sonder enige betekenis is. Hierdie ingesteldheid lei tot ondergang, tot die geestelike dood en omdat hulle nie by die Vader uitkom nie, bly hulle in die mag van hom wie God se teenstander is en bly hulle in die diepte, omdat hulle nie verlang om opwaarts te gaan nie. Dit is ‘n uitermate betreurenswaardige toestand, dat die mense geen enkele strewe om opwaarts te gaan laat sien nie, dat hulle nie nadink oor hul doel op aarde nie en dat hulle onverskillig is oor die leer van Christus, die evangelie (van liefde), dat hulle niks van Sy woorde as belangrik aanneem en daaroor nadink nie, dat hulle nie tot insig kan kom nie, omdat hulle nie opheldering soek nie, omdat dit hul volkome onverskillig laat wat God hul deur die Skrif wil oorbring en wat die mens Jesus, as spreekbuis van God, tot die mense gepredik het. En niemand dink daaraan dat hy slegs op die aarde is om die terugkeer na die Vader te bewerkstellig en dat daar aan hom voortdurend geleentheid daartoe gebied word, wat hy in sy onbuigsame gemoed verwerp, omdat hy nie glo nie. Die afstand van die mens tot die Vader is groot, tog bied Een Hom aan om leiding te gee, om te bemiddel, Een het die brug gebou wat die weg na die Vader begaanbaar gemaak het en hierdie Een bied alle mense Sy hulp aan. Dog word daar nie na Hom geluister nie, daar word geen aandag aan Hom geskenk as Hy dit wil bereik dat die mense Hom nie sal vergeet nie. Blind en doof gaan hulle by Hom verby, ofskoon Hy hulle toeroep: “Niemand kom tot die Vader, behalwe deur My nie”. Hy sê van Homself: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe”. Dus, wie die Waarheid en die lewe soek, moet die weg neem via Jesus Christus, hy moet gebruikmaak van Sy bemiddeling, hy moet die krag van Hom vir homself vra om die weg oor die aarde te kan aflê met die resultaat wat die doel van die lewe is, naamlik om die vereniging met die Vader te vind, wat eens ‘n lewe in geluksaligheid sal verseker, ‘n lewe wat ewig sal duur. Die mense weet nie watter lot hulle tegemoetgaan deur hul onverskilligheid en hul ongeloof nie, hulle weet nie wat hul daardeur verspeel, as hulle geen ag slaan op die Goddelike Woord nie, dat hulle nie hul toevlug tot Hom neem Wie die enigste is om hulle te red van ondergang nie. Hulle weet dit nie en glo nie die woorde van hulle wat wel hiervan op hoogte is en hulle wil help nie. En al klink ook die Woord van bo, hulle neem dit nie aan nie, want hulle luister na ‘n ander stem, na die stem van die wêreld, waarmee God se teenstander hulle aanspreek en vir wie hulle gewillig hul ore open. Hulle soek nie die lewe nie, inteendeel die dood; hulle verwerp Hom Wie hulle die lewe belowe en hulle sal daarom volhard in sonde en bly in die dood, omdat daar sonder Jesus Christus geen verlossing is en geen terugkeer na die Vaderhuis nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205