BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 293

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Siektegenesing - Tekens en wonders - Bewyse 5966 Ek ken Myne en ken ook hulle wil en volgens die wil stel Ek hulle aan om werksaam te wees vir My en My Ryk. Daarom is sowel die aard van die werk, asook die wese van die knegte in My wingerd verskillend, want elkeen het werk wat met die aard van sy wese ooreenkom. Elkeen dien My volgens sy bekwaamheid en Ek neem die diens aan van elkeen wat van goeie wil is en wie op weg is na My. Bowendien is die harte van die mense wat onderrig moet word, ook verskillend, dus moet die akkers in My wingerd ook op verskillende maniere bewerk word. Maar dit kan slegs Ek beoordeel, Ek, Wie die kleinste ingewing van elke mensehart ken wat vir suksesvolle verlossingsarbeid gebruik kan word. Ek is in die storm, sowel as in die stille suising van die wind te herken. Die sterkste elemente bewys My en die sagste asemtog getuig van My. Ek is altyd die Veroorsaker, die Bron, die oorsprong. Daarom openbaar Ek My nou eens vaag en dan weer duidelik herkenbaar, dog is Ek steeds te herken deur hom wat My soek en My wil herken. En Ek gee My steeds so te kenne soos wat die mense dit nodig het, na mate elkeen se nood en sy geskiktheid om te verander. Want wat by die een ‘n volledige omkeer van sy wil, sal teweegbring, kan by die ander glad geen indruk maak nie, om welke rede hy groter bewyse van My bestaan nodig het, wat My Liefde hom ook sal laat toekom om hom te red. Ek is egter ook daar waar geen uiterlike tekens dit bevestig nie. Ek is presies so teenwoordig in die hart van ‘n mens wat My sy liefde en sy wil skenk. Maar op hom werk Ek teer en stil in, want hy het geen openlike bewys van My teenwoordigheid nodig nie. Hy is homself daarvan bewus en hy voel My so duidelik in sy nabyheid aan dat hy in ‘n innige verhouding staan as kind tot My, sy Vader, en daardeur reeds alles besit wat vir sy aardse lewenswandel nodig is. Hy besit dan ‘n onwankelbare geloof in My en My Liefde, Wie hom heeltemal volgens My wil sal laat handel. Maar waar die ongeloof nog so sterk is dat woorde alleen nie genoeg is nie, daar sit Ek nog ‘n handjie by deur tekens en wondere. Maar dit kan vir die mens ook tot ‘n oordeel word, indien die wil om te verander by hom ontbreek. Die geloof van siekes en noodlydendes het dikwels maar ‘n aansporing nodig om die krag te bereik dat hulle My voor die wêreld sal kan bely. Ek kan My daarom aan baie siekes in My Mag en Heerlikheid openbaar, omdat hulle al meestal deur hul siekte gelouter is, sodat hul siele My makliker sal herken wanneer Ek hulle nader. Hierdie siek mense sal My nie toegang tot hul harte belet nie en wanneer My Woord aan hulle gepredik word, sal dit hulle met so ‘n mag raak, dat die krag van My Woord al ‘n genesende uitwerking sal hê. En daarom kan sulke siekes ook genesing vind, omdat hulle glo. Maar die ongelowiges wat dit sien, moet die geloof wat daardeur verkry is, eers deur die liefde lewend laat word. En namate die grootte van hul liefde, sal hul geloof ook dan ’n uitwerking hê. Maar hul verantwoording word des te groter, indien hulle ‘n duidelike bewys van My werksaamheid ongeërg by hulle laat verbygaan, indien hulle volgens dit wat hulle beleef het, wel sou moes glo, maar hul lewenswandel tog nie verander het nie. Verlang daarom nie na al te duidelike bewyse om te glo nie, want julle ontvang daarmee ‘n buitengewone genade, wat julle egter ook ‘n buitengewone verantwoordelikheid gee. Wanneer dit egter aan julle geskenk word, trek voordeel daaruit en benut hierdie genade dan ook om ‘n hoër graad van rypheid te bereik en ook om dan My en My Naam voor die wêreld te bely, om vir My getroue knegte in My wingerd te wees, wat Ek dan vir hul arbeid sal seën wat hulle vir My en My ryk volbring. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205