BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 294

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Erfsonde 5967 Daar moet steeds weer vrae in julle opkom wat julle beantwoord wil hê, dan kan Ek aan julle opheldering verskaf, sodra julle julleself met My in verbinding kan stel, sodra julle na innige gebed, kan hoor wat Ek aan julle wil sê, deurdat julle nou die gedagtes wat in julleself opkom, as My antwoord kan beskou, wanneer julle nie regstreeks deur My aangespreek word deur die stem van die Gees nie. Julle verlange en julle roepe na My verseker julle ook van die korrekte denke, maar sonder My sal julle nie die Waarheid hê nie. Sonder My is julle strewe na opheldering tevergeefs, omdat sonder My slegs verkeerde gedagtes julle sal vervul, wat die kragte van benede aan julle kan oorbring, juis omdat julle My, die Gewer van die Waarheid, uitskakel. En so moet die volgende aan julle gesê word: Daar kan vir julle slegs deur middel van beelde opheldering gestuur word, solank as wat julle nie volmaak is nie. Julle sou nooit die eindelose diepte van die Goddelike Wysheid kon begryp nie, julle sou nooit die beweegrede vir My bestuur en werksaamheid kon begryp nie, omdat julle onvolmaaktheid ook gebrekkige krag om te weet beteken en julle dus op grond van julle verstand geen opheldering sou kon vind nie, wat egter bliksemsnel na julle gestuur kan word, sodra die Lig van My Liefde julle in die geesteryk deurstroom. Op aarde sal julle aanskoulike opheldering moet verkry. Daar kan slegs gebeurtenisse aan julle beskryf word wat hulleself in My skepping afspeel, wat pas by julle begripsvermoë. En dus kan ook vir julle die geestelike verwerkings in die harte van die eerste mense, slegs deur aardse gebeurtenisse begryplik gemaak word, wat op sigself tog net ‘n swak vergelyking is, juis omdat julle nog swak van Gees is. Julle mense is gebonde aan natuurwette, want die volledige vryheid wat julle deur julle vroeëre afval verspeel het, sal julle eers weer moet verwerf deur julle lewens op aarde. Ek het daarom aan die eerste mense ‘n beperking van hulle wil opgelê, omdat Ek wou hê dat hulle eers moes insien dat hulle aan een Mag onderdanig was en hulle hulself dus vrywillig aan hierdie Mag sou moes onderwerp om nou hulle uiteindelike vryheid as geskenk te kry. Eens wou hulle My nie erken het nie en dit was die eerste sonde, die opstand teen My uit Wie hulle voortgekom het. Slegs die vrywillige erkenning hiervan kon hierdie eerste sonde weer ophef. En hierdie erkenning van My wou Ek bereik het toe Ek die totale skepping laat ontstaan het. Daarom was die gawe dus aan die eerste mense gegee om My te kon herken, maar hulle was nie daartoe gedwonge nie. En daarom moes die vrye wil dus besluit, wat weer op die proef gestel moes word in ‘n “versoeking”. Die oog van die mense moes op iets gerig word wat hulle begeer en ‘n verbod en ‘n verleiding moes hulle tegelykertyd tot ‘n wilsbesluit bring. Begryplikerwys moes die verleiding egter verbonde wees aan ‘n belofte, waarvoor hulle dan nie moes ingee nie. Die verbod en die verleiding kom van twee kante af, omdat dit gaan oor die terugkeer van die gevallene na My toe óf oor die bly by My teenstander, - oor die bereiking van die doel van die wat deur My geskape is óf oor die hernude terugval in die diepte. En gevolglik moes die begeerte ook in die mens gelê word en die moontlikheid hom ook aangebied word om hierdie begeerte te stil, of dit te oorwin terwille van ‘n veel hoër doel, naamlik die ewige geluksaligheid by My wat elke aardse vervulling van die begeerte meer as duisendvoudig oortref. Waar die terugwen van die afvallig geworde geestelike wesens ‘n stryd was tussen My en My teenstander, moes hy ook die moontlikheid gegee word om op die wil van die wesens in te werk, maar net dat hy skyngoedere en skyngeluk voorspel, sodat die mense die ware geluk, naamlik ‘n salige lewe in die ewigheid, sou verspeel. Ek was op hoogte van hierdie verleiding en het daarom aan die eerste mense ‘n gebod gegee met ‘n gelyktydige waarskuwing teen die ewige dood. En hierdie waarskuwing sou voldoende moes gewees het om elke begeerte in die mens te verstik om nie die lewe te verloor nie. En My teenstander het hulle van die teendeel van My waarskuwing oortuig en het hulle die lewe belowe. Hulle het My as hoogste Mag gesien en tog die leuen gevolg en daardeur het hulle die dood in die wêreld gebring. Maar wat was dit wat hulle begeerte so magtig laat word het dat hulle aan hierdie begeerte ten prooi geval het? Hulle het ‘n salige lewe in die paradys geleef, hulle was meester oor alle geskape dinge, alles was aan hulle wil onderworpe en hulle het self gelukkig gevoel in die volle besit van krag en mag. Innige liefde het ook die eersgeskape mense verbind en al ingevolge hierdie liefde sou hulle hulself kon verlos uit die boeie van My teenstander. En solank hierdie liefde op My en op die metgesel gerig was, het daar ook geen gevaar bestaan om te faal in die wilsproef nie. Maar My teenstander het geweet hoe om hierdie liefde verkeerd te stuur, hy het haar in eieliefde verander, deurdat hy valse beloftes aan hulle gemaak het en dus nou die begeerte in hulle opgewek het om aan hulself genot te verskaf. Hulle liefde het ‘n liefde geword wat wil hê, ‘n egoïstiese en lae liefde en daarmee het hulle hulself weer in die mag van hom gevoeg van wie hulle hulleself moes bevry en ook kon, indien hulle My gebooie bo hulle verlange gestel het. Begryp dit mense, die tyd het nog nie gekom dat Ek die eerste mensepaar wou seën nie, daarom het hulle sondig geword, want niks is sondig wat hulself by My skeppingsplan aanpas nie, niks kan sonde wees wat in wetlike ordening geskied en nooit kan die omstandighede van voortplanting teen die ordening wat deur God gewil is, wees nie. Maar die bevrediging van die sinne, sonder die wil om lewe voort te bring, is geen daad van liefde wat Goddelik is nie, - inteendeel is dit ‘n eieliefde wat deur My teenstander ontbrand is, wat die mens na benede trek en heeltemal in Sy mag dryf. Aan hierdie verkeerde liefde het die eerste mense ten prooi geval en hierdie verkeerde liefde was die sonde wat weer laat dink het aan die oersonde van selfverheffing, wie haar self nie wou weggee nie, maar veel eerder alles wou besit en wat die erfgoed was van hom wat haar veroorsaak het, maar wat niks met die Goddelike liefde in gemeen gehad het nie. Die Goddelike liefde rus as vonk in julle harte en kan ontvlam tot die hoogste gloed. Maar die doel van My teenstander was en is om hierdie liefde te verdraai en hy het daarin geslaag. Die suiwer, Goddelike Liefde was verontreinig en verander in eieliefde, wat die begrip “Liefde” nie meer verdien het nie en wat slegs begeerte, selfsug en eieliefde genoem kon word en wat ook tot alles in staat is wat My teenstander van julle verlang. En so het die daad van voortplanting ook vir My teenstander ‘n middel geword wat ontelbare siele na hom toe gebring het, wat nooit moontlik sou gewees het indien dit onder My seëning sou plaasgevind het nie, waar die Goddelike Liefde van die skenking en gelukkig maak Haar bekroning moes kry, in die ontstaan van ‘n nuwe lewe. Die sondeval het dus bestaan uit die prysgee van die suiwer Goddelike Liefde, terwille van ‘n onsuiwer selfsugtige liefde. Die vonk van God in die mens was deur sataniese inwerking uitgedoof en in die plek daarvan het ‘n vuur ontbrand waaraan al die edele en suiwer ten offer geval het. Die sinne word geprikkel en tot die hoogste begeerte opgesweep, wat nooit kon strook met My skeppingsdaad nie, maar vanweë die wilsvryheid van My teenstander en ook van My skepsels, nie verhinder was nie en waar dit steeds nog afsonderlik binne die wil van elke mens lê om hierdie versoeking deur Satan te weerstaan. Die sondeval was dus nie die voortplantingsdaad nie, maar die verkeerde en sondige liefde wat deur Satan aangespoor en in vrye wil ontsteek is. Die skeppingsdaad wat in ‘n Goddelike sin gelukkig sou gemaak het, was omlaag getrek tot ‘n spel van onsuiwer geeste. My teenstander was toegang verleen tot ‘n daad waar Ek Self met My seën by die mense wou wees, om die suiwer Goddelike Liefde in hulle te versterk, sodat Sy ook in die nuut verwekte wesens sou oorvloei en daar dus so ‘n menslike geslag sou ontstaan wat, in die steeds helderder Lig van die Liefde, die weg na My sou terugvind, sonder lyding en kwelling en wat binne ‘n kort tydjie hulle self sou bevry deur die liefde, omdat hulle My self moes herken waar die liefde straal. Die eerste mense sou hierdie wilsproef kon deurstaan het, maar waar Ek met My teenstander geworstel het oor die siele van die mense, kon Ek hom nie verhinder om middele aan te wend om homself te verseker van oorwinning nie. Want dit gaan oor die terugkeer van My skepsels in volledige vrye wil, wat egter gefaal het en die hele menslike geslag ‘n lot gegee het waarvan hulle nie meer kon vrykom nie, totdat een Mens in suiwer goddelike Liefde, die werk volbring het wat die totale mensdom van skuld bevry het en vir hulle weer die weg na Bo vrygemaak het. Want die Liefde het die oorwinning behaal en die Liefde sal nooit rus alvorens ook die laaste van My afvallig geworde wesens die weg teruggevind het na My toe nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205