BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 297

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Versprei My Woord 5976 “Versprei My Woord in die wêreld”, - so het Ek eens tot My dissipels gespreek en hulle vervul met My Gees, sodat hulle My en My leer kon verkondig. Hulle het My Woord voortdurend in hulleself gehoor en was daarom lewende verkondigers van die Goddelike ryk. Hulle sou nooit die amp kon beklee het as hulle nie deur My Gees met My in verbinding gestaan het nie, na Wie se stem hulle geluister het en Wie se leiding hulle gevolg het. Deur die Woord het hulle My herken en was hulle so van My teenwoordigheid bewus. Wanneer Ek dus in hierdie tyd van die einde weer die evangelie van liefde aan die mense wil verkondig, dan moet dit weer op hierdie manier gebeur, naamlik dat Ek weer vir My dissipels sal kies wat My stem in hulle kan verneem. Daarom moet hierdie dissipels van die eindtyd My in hulle aanwesig laat wees en moet My tot hulle laat spreek deur die Gees. Want dan praat My dissipels nie met die mense nie, maar Ek spreek Self in My Vaderliefde My aardse kinders aan om aan hulle die verlossing te bring. Ek spreek hulle dan Self aan, om hulle nog vóór die einde tot ‘n ommekeer te beweeg, omdat hulle nie op die regte weg gaan nie en dan weer in die diepte sal verdwaal. Woorde van mense sou hierdie ommekeer nie meer tot stand kon bring nie. My Woord kan egter deurdring en in die mens ‘n geweldige beroering veroorsaak. Want My Woord is ‘n krag met ongekende uitwerking, indien dit nie openlik weerstaan word nie. Waar die moontlikheid dus bestaan dat Ek nog ‘n mens kan aanspreek, al is dit dan ook deur een van My gekose werktuie, bestaan daar nog ‘n kans op sukses. Maar daarvoor is ‘n mens ook nodig wat met liefde vervul is, ‘n bemiddelaar wie se liefde alle weerstand kan oorwin. Ek kan ook slegs spreek deur ‘n mens wat met liefde vervul is, omdat die liefde van die mens My teenwoordigheid moontlik maak. My eerste dissipels was vervul met liefde vir hulle medemens en ook in hierdie eindtyd sal Ek vir My ware dissipels kies, omdat dit nodig is dat My stem na die aarde weerklink as ‘n laaste vermaning en waarskuwing. Ek wil nog eenmaal My evangelie aan die mensdom verkondig om hulle voor die laaste oordeel te red, om aan hulle verlossing te bring. Derhalwe spreek die Woord julle aan en die Woord is God Self, want Ek is Self die Woord. As die Woord dus vir julle weerklink, is Ek by julle, julle hoor dan geen mens wat praat nie, maar julle hoor die Gees van Ewigheid Wie julle deur Sy Mag en Liefde in die lewe geroep het en Wie deur die Woord steeds met julle verbonde is. En aan hierdie Liefdesgees van Ewigheid moet julle wil behoort, want daarom lok Ek julle voortdurend met My Woord, sodat julle na My kan luister, My kan herken en julle onvoorwaardelik aan My kan oorgee. Ek het vir julle, wie Ek vanuit My Liefde geskape het, onbegrensde salighede berei, wat julle egter slegs sal kan verdra wanneer julle in lig en krag wandel, waartoe My Woord julle kan vorm. Daarom sal Ek ook steeds en oral tot julle spreek, waar ‘n liefdevolle hart My toelaat, waar My Gees nie geweier sal word as Hy Homself wil openbaar nie. Want oral waar die mens My Liefde laat binnekom, sal My Gees van Ewigheid ook aanwesig wees, wat vir al My skepsels geld vanaf die begin. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205