BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 299

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verandering van die suiwer evangelie - Navolgers 5982 Julle word onderrig in die ware evangelie en julle leer om deur dit in te sien hoe verskillend My suiwer evangelie is van dit wat as My Woord op aarde verkondig word. Julle leer om in te sien dat My Woord ‘n verandering ondergaan het in soverre dit anders uitgelê word en daarom ook anders gestalte aan gegee word. Dat die enigste wat belangrik is, te weinig geag word, waarteenoor die onbelangrike benadruk word en daardeur nie baie geestelike sukses behaal word nie. Ek het die mense op aarde die enigste begaanbare weg getoon deurdat Ek onderrig het en Self aan My leer gestalte gegee het, deurdat Ek die weg gegaan het wat alle mense moet gaan om na My te kom. Dit is die “weg van liefde”. Slegs die gaan van hierdie weg verseker die Hemelryk vir die mens, dit wil sê, om na sy liggaamlike dood in die ligsfeer opgeneem te word, waar die siel gelukkig sal wees in My nabyheid. My leer het egter ontaard. Sy is slegs nog in die verborgene te vinde, in ‘n stelsel van menslike toevoegings, verkeerde uitlegginge en die nakoming van onbelangrike gebooie, wat nooit as te nimmer deur My aan die mense gegee was nie, wat egter ‘n groot gevaar tot gevolg het, naamlik dat die belangrikste gebod van liefde oor die hoof gesien word en sodoende onvervuld bly. Watter nut het dit vir julle mense wanneer julle julleself so kasty, wanneer julle pligsgetrou handelinge verrig of My met die mond bely, as julle die gebod van liefde nie as die eerste en vernaamste erken en daaraan gevolg gee nie? Julle wil My vereer deur tallose seremonies, maar julle kan My tog maar net eer as julle doen wat Ek van julle verlang. En Ek verlang van julle julle liefde tot My en tot julle naaste. Solank julle by ernstige selfkritiek nog ‘n tekort aan liefde by julleself ontdek, is julle nog nie op die goeie weg nie, al buig julle daagliks en elke uur julle knie en slaan julle julleself op die bors. Dit is ‘n menslike behoefte en het slegs waarde vir mense wie hulle van hul vroomheid probeer oortuig. Maar hoe vêr is julle nog van die ware vroomheid af, solank julle nie mense met die liefde omvou wat ook julle liefde tot My sal bewys nie. Solank julle kan aanskou dat die mense naas julle in uiterste nood en benarde omstandighede lewe, solank julle nie in die eerste plek hierdie nood probeer verlig nie - alvorens julle genoeë skep in uiterlike gebare, veral as julle die wêreld aanhang deur wêreldse praal, deur alles waarvoor julle die naam bedink het: “tot eer van God”. Op so ‘n wyse wil Ek nie geëer word nie, solank as wat daar nog ten hemel skryende nood is tot My, wat julle mense goed sou kon lenig, indien julle My gebooie van liefde in die hart wou skryf. Solank as wat Ek op aarde geleef het, het Ek die noodlydendes, arme, siekes en bedroefdes versorg. Julle wat julleself uitgee as My “navolgers” op aarde, wat doen julle vir hierdie noodlydendes, armes, siekes en bedroefdes? Solank as wat julle kan help en tog nie julle hulp gee nie, is julle ook geen ware navolgers van My nie, ook al sou julle die naam vir julleself toeëien. Ek beoordeel slegs die vervulling van My gebooie van liefde, omdat al die ander - ‘n diep geloof, die insien van die Waarheid, die verbinding met My en ten slotte die Ewige saligheid - uit die Liefde voortkom en nooit sonder die Liefde verkry kan word nie, waaruit dit blyk waarom daar op aarde so ‘n groot geestelike nood bestaan, waarom die mense ongelowig is en in dwaling voortgaan. My suiwer leer is die leer van liefde, wat Ek op aarde verkondig het. Sodra hierdie leer verkondig en ook in die praktyk beoefen word, sal julle mense in die Waarheid leef en het julle die weg van die navolging van Jesus gegaan. Laat julle hierdie gebooie egter buite beskouing, dan sal julle tog geen sukses vir julle siele behaal nie, ook al oortref julle julleself in uiterlike dade. Julle sal dan in dwaling bly en ook daarmee in die geesteryk ingaan, want Ek beoordeel slegs die graad van liefde wat julle siele bereik het by die uur van die dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205