BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 307

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Bid in stilte - Getuienis aflê vir die wêreld 6012 Hulle wat My aanbid, moet dit doen in Gees en in Waarheid. Slegs wat uit die diepte van die hart kom, is vir My welgevallig en sal ook My oor bereik. Ek kyk dus slegs na die hart van die mens en slaan geen ag op die woorde wat die mond uitspreek wanneer die hart nie daarby betrokke is nie. Julle moet julle nou volledig kan afsluit van die wêreld om met My innige gesprek te hou, dan loof julle My al sonder woorde deur julle wil om met My in verbinding te tree. Dan is dit ‘n stille gebed wat julle in gedagtes tot My rig, ‘n egte aanbidding wat julle siele ryke seën sal oplewer, want die verbinding met My laat julle in besit kom van krag en genade wat die siel ervaar as hulp om ryper te word. Hierdie innige manier van bid is die egte gebed wat My welgevallig is, want dan het julle vir My uit julleself genader, so naby dat die Krag van My Liefde, Wie julle steeds inniger na My toe trek, julle kan aanraak. Sou julle met My wil praat, dan is die taal van die mond waarlik oorbodig, want dit kan kwalik iets verberg of weerspieël wat Ek goed deursien, maar wat vir die medemens nie duidelik hoef te wees nie, om welke rede hulle hulself maklik laat verblind en nou van hulle kant dieselfde vormgebed gebruik. Gaan in die stilte, wanneer julle wil bid. Trek julle terug in die diepste stilte, want daar sal julle My baie makliker kan vind en met My kontak hê, soos wat ‘n kind met sy vader kontak het. En julle sal My alles kan vertel, sonder skroom en in kinderlike vertroue. Julle sal verhoring van julle vrae vind, omdat julle gebede maar net tot My oor deurdring. Want dit het Ek julle verseker met die woorde: “Kom na My toe, die wat belas en belaai is, Ek sal julle verkwik”. Aan hom wat dus na My toe kom, maak Ek ook My belofte waar en dit des te duideliker, hoe vertrouliker hy na My toe kom, hoe inniger hy homself by My aansluit en hom in stille gesprek op My verlaat. Die spreek met die mond moet deur julle gebruik word om iets aan mekaar kenbaar te maak. Maar Ek het geen woorde nodig nie, want Ek weet alles. Ek kyk in julle hart en lees julle gedagtes en dus sal julle My nie om die bos kan lei met hoe mooie woorde nie, net soos daar ook geen woorde nodig is wanneer julle My wil prys en loof nie, omdat stille dankbaarheid, ‘n deemoedige roep tot My, ‘n lewe volgens My Wil, ‘n deur die liefde lewend geworde geloof in My, waaragtig heuglikheid en lofprysinge sal insluit. Maar julle moet My met die mond bely teenoor julle medemense. As dit oor julle ingesteldheid insake die geloof gaan, moet julle julleself vry en openlik vir My uitspreek en geen vrees voel vir die gevolge van julle moed om te bely nie, want die getuienis moet weer ‘n aansporing wees vir julle medemense wat nog swak in die geloof is. En terselfdertyd is dit ‘n bewys dat julle agter die waarheid staan, dat julle nie ’n indruk na buitentoe wil wek wat nie met julle innerlike denke, met julle oortuiging, ooreenstem nie. Julle moet steeds opreg wees en My en My Naam bo alles plaas wanneer hierdie getuienis van julle verlang word. Maar wat julle vir My te sê het, kan julle stil en in die verborgene aan My voorlê, want Ek wil die stem van die hart verneem, nie net woorde wat die mond uitkraam wanneer die hart nie daarby betrokke is nie. En sulke gebede het ‘n ongehoorde krag, wanneer hulle verenig na My toe opklink, wanneer mense byeenkom om My aan te roep met ‘n bepaalde versoek, wanneer almal uit die diepte van hulle hart dieselfde vra, dieselfde versoek na My opstuur, al is dit maar ‘n kort roep. Ek sal hom hoor en verhoor sodra hy tot My in Gees en Waarheid bid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205