BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 309

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Spreek in tale - Waarskuwing teen n bedrieglike Gees 6013b En dan sal die mens dinge volbring wat vir ander mense onnatuurlik sal voorkom, wat ‘n mens se natuurlike vermoë vêr sal oorskry. Hy sal op hoogte wees van dinge wat andersins vir mense verborge is. Hy sal oortuigend en verstaanbaar die mense opheldering kan gee oor sake wat ’n mens nie met sy verstand alleen kan deurgrond nie. Hy sal gebiede kan betree wat vir die medemens ontoeganklik is. Hy sal die krag hê om siekes te genees, wondere te verrig of sal ook in staat wees om die toekoms duidelik te kan sien. Daar sal in hom vermoëns tevoorskyn kom wat hy nooit in homself ontwikkel het nie. Hy sal vreemde tale praat en ook kan verstaan, wanneer dit nodig is en wat dienstig sal wees vir die ontwikkeling van die die siel van die medemens. Hy sal op alle maniere beïnvloed word deur Goddelike Krag, maar meestal slegs een van hierdie gawes van die Gees besit, omdat die vereiste vir elke Geestesgawe anders is. Maar hy sal oor die algemeen net een van hierdie gawes hê, aangesien die vereiste vir elke Geestesgawe anders is. Alle vereistes is egter selde by een mens te vinde. Elkeen van hierdie gawes van die Gees moet haar doel vervul, dit wil sê, elkeen moet tot nut gemaak kan word. Die gawe van genesing van siekes sal – behalwe vir liggaamlike genesing - onteenseglik ook tot die genesing van die siel bydra, omdat die mense sal leer om te glo in die krag van die Gees, wat deur die sterke geloof van die geneser, asook van die sieke, daartoe gebring word om genesing te bewerk. Netso kan voorspellings van toekomstige gebeurtenisse die mense beweeg om hul manier van lewe te verander tot boetedoening en terugkeer, omdat hierdie voorspellings altyd slegs op die aardse gevolge van die geestelike lae vlak van mense betrekking het. Die verkondiging van die Waarheid deur die Goddelike Gees, dra tewens daartoe by om die geloof tot lewe te wek en tot omkeer van die leefwyse en moet ook as ‘n geestelike faktor, wat van groot belang is, beskou word. Slegs dit wat daartoe bydra om geestelike resultate te behaal, kan as die werksaamheid van die Gees beskryf word, omdat dit wat ookal sy oorsprong in God het, niks anders as vol lig kan wees nie. Dit moet lig bring en die onduidelike blootlê. Dit kan nie nog meer duisternis bring as wat daar reeds onder die mense is nie. Maar die Gees van God kan egter ook op ‘n mens inwerk om sy toestand van duisternis te verwyder, om ‘n lig in die hart van die mens te ontsteek, om die omhulsel van die siel te verwyder, sodat die siel sal jubel en juig en met lofprysinge aan haar God en Vader sal dink, Wie aan haar verligting geskenk het. Hierdie inwerking raak die siel meer as die verstand van die mens, om welke rede hierdie gawe van die Gees nie vir die mense herkenbaar hoef te wees nie, maar soms die uiterlike mens so sterk tref dat hy probeer om hom met onbegryplike woorde uit te druk. ’n Gebeurtenis wat die mense 'spreek in tale' noem, maar wat altyd slegs oor die mens self gaan. ‘n Gawe van die Gees, wat byna elke gewekte sy eie kan noem, maar wat slegs in hoogs uitsonderlike gevalle so sterk is dat die medemense ‘n verandering opmerk. Want elke mens wat deur die Gees gewek is, bespeur die aanraking van sy siel op sodanige wyse dat sy siel haar lofend en dankend tot God verhef en haar aan Hom oorgee en dat sy innerlike vrede en geluksaligheid vind. Dan praat sy “ek” in gedagtes met God. Dan praat hy onafgebroke sonder woorde met God. Almal moet self na hierdie gawe van die Gees streef, om dan ook vir God en Sy Ryk op te kom, om dan self as Sy medewerker die verlossingswerk, wat geseënd is, uit te voer. Maar daar moet gewaarsku word teen die bedrieglike gees, want sy laat haarself ook voel, waar sy kan binnesluip, - waar hoogmoed, selftevredenheid en selfgelding nog in die siel oorheers, wat hierdie gees dan ook die moontlikheid bied om haarself op ‘n manier uit te druk wat net so ongewoon sal lyk, maar in plaas van lig, slegs verwarring en onrus agterlaat, deur omstandighede wat ernstige mense afsit en slegs vreugde en goedkeuring aan hulle gee wat self aan hierdie gees behoort. Daarom: Glo nie elke Gees nie en ondersoek haar deur te let op die ligskynsel, - hoe sterk die lig is. Want God is Lig, wat van God uitgaan is Lig. En so moet die Goddelike gawes van die Gees onvoorwaardelik stralende Lig agterlaat, anders is dit misleiding van die satan, waarmee hy in die besonder tydens die eindtyd die oë van mense, asook hul siele, wil verblind om hulle in ‘n nog groter duisternis te werp en hulle onbekwaam te maak om die ware lig te herken. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205