BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Krag van die liefde - Genesing van siekes - Wonderwerke 5358 Wie in die liefde leef, het ook krag in homself. Hy sal daarom tot elke daad in staat wees, wanneer die vaste geloof nie by hom ontbreek nie. Die liefde maak weliswaar die geloof lewend, maar die geloof moet eers tot lewe gewek word. Die mens moet hom eers besig hou met dit wat hy glo en die liefde sal dit dan ook die krag gee, sodat hy niks meer in twyfel sal trek nie en dus ook in staat sal wees om alles tot stand te bring. Die Liefde is dus die waardevolste, want Sy maak alles moontlik. Julle mense weet egter nie meer hoe om die krag van die liefde te waardeer nie. Julle sal wondere kan verrig, julle sal siekes kan genees, julle sal alle sorge kan uitban en niks sal vir julle onmoontlik wees wanneer julle die Liefde in julleself volledig sou kan ontwikkel en in Haar krag glo nie. En so is dit nie so veel ‘n gawe wat Ek aan julle verleen wanneer julle dit alles kan vermag nie, maar veel meer die uitwerking van die krag van julle liefde. Dit is die vanselfsprekende gevolg, wanneer julle deur die Liefde, My Krag julle eie maak. Julle mag dus nie kragtig na die gawe strewe om siekes te genees en wondere te doen nie, omdat dit nie ‘n bekwaamheid is wat julle kan ontwikkel nie, maar julle moet slegs die liefde in julle sterker laat word. Julle moet julle geestelike voltooiing nastreef, wat dan deur hierdie bekwaamhede bewys word, want slegs die Liefde vermag alles. Wie hom dus totaal tot liefde omvorm en daardeur ook ‘n oortuigde geloof het, die put uit Myself. Hy voel hom as My kind, as ‘n deel van My en hy kan dan nie anders dink as dat elke taak vir hom sal slaag omdat Ek hom bystaan nie. Die liefde moet egter in die hart opvlam, sy moet die mens geheel en al vervul, sy moet hom gelukkig maak om homself ook alles te ontsê wat die medemens ontbreek. Die korrekte liefde is totaal onselfsugtig, sy eis niks meer vir haarself nie, sy deel onophoudelik uit. Die stelreël om te gee beheers haar en tog is sy onbeskryflik gelukkig. So 'n liefde kan alles doen wat sy wil, wat as gevolg van haar intensiteit as opwinding van die hart in die mens tevoorskyn kom, sodat daar gebeur wat hy begeer. ‘n Sterk lewende geloof hoop op My om die vervulling van sy bede en hy sal nie tevergeefs vra nie. Dus sou elke mens hom van My Krag kan bedien en dieselfde volbring, wat Ek op aarde volbring het. Maar hy kan dit slegs doen wanneer hy met liefde vervul is. Dan gee Ek hom nie die krag nie, maar hy het dit self sy eie gemaak deur werke van liefde en sy gee hom die reg. Hy het dan na sy oertoestand teruggekeer en het hom nie iets onregmatig toegeëien nie, maar hy het weer dit geword wat hy in die oerbegin was, vervul van lig en krag, omdat die liefde in hom lig en krag is en die mens dus ook met lig en krag deurstroom moet wees wanneer hy die liefde het. Slegs die vorming tot liefde is dus nodig, sodat julle mense dan, gelyk aan Gode, alles kan volbring en dat julle dan slegs sal wil wat volgens My Wil is, is begryplik, omdat die Liefde gelyktydig ook die bron van Wysheid is en dus nie anders kan handel as volgens My Wil nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205