BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 315

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Barmhartigheid - Verhard nie julle harte nie 6025 Wat julle wil hê dat die mense vir julle moet doen, doen dit ook vir hulle. Plaas julle steeds in die situasie van julle medemens wat in nood is en dink daaraan hoe dankbaar julle sou gewees het as julle uit hierdie nood gehelp sou word en handel dan soos julle by magte is en dit sal reg wees voor My oë. Maar as die nood van julle broeder julle koud laat, dan is julle harte al verhard en dan sal dit vir julle moeilik wees om toegang tot die hemelryk te kry, want dan is julle sonder liefde, dan vervul julle nie My gebooie nie en kan julle siele nie rypword nie. Die verandering in julle wese vind geen deurgang nie, wat egter die sin en doel van julle aardse lewe is. Die nood van julle medemens kan ook wel sy eie skuld wees en tog moet julle hom help, want julle sal ook in sonde kan val en daardeur in nood raak en julle sal ook aanspraak kan maak op My Liefde en Barmhartigheid, aangesien julle ongelukkig voel. Wanneer julle harte verhard is, wanneer julle onverskillig verbygaan by ‘n mens wat in nood is, verplaas julle dan in gedagtes in dieselfde noodsituasie en die ys sal smelt, daar sal ‘n golf van erbarming oor julle vloei indien julle tenminste nog in staat is om te verander. Want weet dat julle almal in dieselfde noodsituasie sal kan beland, weet dat julle jul noodlot nie self bepaal nie en dat julle daarom niks van julle sal kan afkeer wat Ek oor julle wil laat kom met die doel om julle op te voed nie. Wat vandag julle naaste oorkom, kan more al julle eie lot wees en dan sal julle hulp verwag, - skenk dit dan ook aan julle naaste en julle sal goeddoen. Dink nie selfgesentreerd nie, voel julle nie verhewe nie en kyk nie op julle medemens neer nie, omdat julle aards beter af is of skynbaar die noodlot se baas is nie. Want dit bring My daartoe om julle in dieselfde omstandighede te laat beland, sodat julle kan voel wat julle tevore nie wou begryp nie. Verhard julle harte nie, laat julle veeleer tref deur alle nood en probeer om hulp te bied. Want julle gee en ontvang ryklik terug wat julle uitgedeel het. En julle wen die harte van hulle wat geskenke ontvang het en dit is julle grootste wins, dat goeie gedagtes julle sal navolg, dat daar in liefde aan julle gedink sal word, wat julle siele as krag sal ervaar om self ryp te word. En dink steeds aan My Woorde: “Wat julle aan die geringste van julle broeders doen, het julle aan My gedoen”. Dan sal julle maklik help om nood te lenig. En as julle God bo alles liefhet, sal julle ook julle naaste nie die liefde ontsê nie en julle sal My gebooie nakom en julle siele sal volmaak word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205